肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MEd-student kry nuwe perspektief in Duitsland
Outeur: Faculty of Education
Gepubliseer: 28/05/2024

Elizabeth Loock-Lintvelt, was deel van die interkulturele Humboldt Universiteit Internasionale Onderwysopleiding waaraan Stellenbosch Universiteit, Humboldt Universiteit en die Universiteit van Wes-Kaapland deelgeneem het.  Sy is 'n M.Ed-student van Prof Michele van der Merwe, dosent by Department Kurrikulumstudie, en vertel dat hierdie leerervaring haar nuwe insig en perspektief gegee het.

Verbreed jou kennis en wees oop vir nuwe leerervarings

Die mens is geneig om vasgevang te word in hulle eie realiteite: werk, sosiale lewens, verantwoordelikhede en baie ander. Tog staan die akademici nie stil nie. Daar is gereeld nuwe teorie?, oorspronklike metodes en interessante ervaringe wat slegs kan bydra tot jou professionele lewe, maar dit is jou verantwoordelikheid om gebruik te maak van hierdie verrykende ervarings. Die Internasionale Onderwysopleiding dien as die ideale geleentheid om jou kennis te verbreed deur jou terug in die leerder-sitplek te plaas. Om die treinsisteem te verstaan, die koue te weerstaan, my “Woolworths" te vind en om gewoond te raak aan 'n totale ander onderwyssisteem is net van die lesse wat ek tydens my besoek aan Humboldt Universiteit moes leer. Tog, as ons, die opvoeders, nie oop is vir nuwe leerervarings nie, hoe verwag ons dat ons leerders toeganklik daarvoor moet wees?

Alle onderwysers het dieselfde uitdagings

Daar is op drie onderwerpe gefokus, naamlik: historiese bewustheid, meertalige onderwys en inklusiewe onderwys. Insiggewende seminare aangaande hierdie temas het as handige bronne van inligting gedien en daar was ook die uitruil van praktiese idees tussen die diverse groep onderwysers. Daar is gevind dat alle opvoeders, eerste- of derdewêrelds, dieselfde uitdagings daagliks moet aanpak: rassisme, vooroordeling, meertaligheid, kulturisme, seksisme. Deur inklusiewe en ingeligte opvoeders te wees, koester ons 'n waardering vir verskeie individue van diverse agtergronde, sodat hulle die optimale spasie geniet om te groei.

Nuwe perspektief

Ek kom terug na my pragtige, warm Afrika met 'n vol hart en 'n kop vol nuwe idees. Hierdie ervaring het my herinner om werklik te luister en herinner aan die belangrikheid daarvan om alle kulture en nasionaliteite te respekteer. Alhoewel onderwys nog 'n lang pad moet stap om inklusiewe onderrig te versker, is ek hoopvol en weet dat dit nou my taak is om hierdie lesse tuis te implementeer.