肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Corina du Toit
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 27/05/2024

Corina du Toit bestuur die Universiteit Stellenbosch (US) se Impakhub vir Volhoubare Ontwikkeling (SDG/2063-Impakhub), wat vir volhoubare ontwikkeling deur belyning met globale en Afrika-raamwerke voorspraak maak. Benewens haar geesdrif vir volhoubaarheid, het Du Toit ook ? passie vir die wynbedryf. Ons vier Werkersdag in Mei en dra hierdie reeks profiele op aan ons personeel en hul deurslaggewende bydraes tot die US.

Wat behels jou rol by die US? 

Ek bestuur die US se SDG/2063-Impakhub. Ons maak voorspraak vir die sigbare inkorporering van volhoubaarheid by die US. Ons gebruik die Verenigde Nasies se 17 Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (DVO'e) en die Afrika-unie se Agenda 2063 vir ? vreedsame en welvarende Afrika as riglyne. Beide dié agendas is met die Universiteit se Visie 2040 ge?ntegreer, wat getuig van die US se verbondenheid daartoe om ? universiteit te wees wat relevant tot sy konteks en van diens vir ons land en kontinent is: ? inklusiewe, wêreldklas-universiteit in en vir Afrika. Ons is in die Sentrum vir Samewerking in Afrika (SSA) by US Internasionaal gele?, om te help verseker dat daar ? ferm fokus op die Afrika-volhoubaarheidsagenda is.

Hoe lyk ? tipiese dag by die werk?

Ons fokus meestal op die werk wat ander omgewings by die US vir volhoubaarheid doen. Die dae kan dus redelik uiteenlopend wees en neig om deur berge en dale te beweeg soos wat ons met die verskillende programme werk.

Ek fynkam altyd ons nuusbronne vir inligting oor hoe die US tot volhoubaarheid bydra. ? Groot deel van ons werk is om seker te maak ons doen verslag oor die bydraes wat die US tot die twee volhoubaarheidsagendas lewer. Op hierdie manier monitor en hou ons rekord van die impak wat die US deur sy navorsing, onderrig, sosiale impak, rentmeesterskap en bedrywighede maak. Ons het sedert 2022 ? webwerf vir volhoubare ontwikkeling (https://susdev.sun.ac.za/) geskep en twee Volhoubare Ontwikkeling-jaarverslae gepubliseer.

Sedert Januarie 2022 ko?rdineer ons die Future17 SDG Challenge as ? kortkursus saam met verskeie ander internasionale universiteite. Ons groepeer die studente wat inskryf saam met studente en mentors van die ander universiteite in virtuele groepe, waar hulle 'n goeie basiese begrip van SDG's en konsepte soos ontwerpdenke kry. Hulle moet dan ? werklike besigheidsuitdaging van ? vennootmaatskappy oplos deur die SDG's as raamwerk te gebruik. Dit was baie bevredigend om te sien hoe ons studente hul voete vind met volhoubaarheidsgeletterdheid en sleutel- professionele vaardighede in hibriede werk, verslagskrywing, voorleggings en interkulturele vaardighede ontwikkel (https://susdev.sun.ac.za/future17-sustainable-development-goals-challenge/). 

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir hierdie werk voorberei?? 

Ek was voorheen die Programbestuurder by die Afrika- Doktorale Akademie (ADA) by US Internasionaal en het saam met nagraadse studente en hul studieleiers aan die US en elders in Afrika gewerk. Ons is deur die Nasionale Navorsingstigting se Suider-Afrikaanse Stelselontledingsentrum (SASAC), waar ek die US verteenwoordig het en kapasiteitsontwikkelingopleiding deur die ADA vir lede aangebied het, daaraan blootgestel om die DVO'e in navorsing in te sluit. Dit het my belangstelling geprikkel om die bydraes wat navorsers en ho?ronderwysinstellings kan maak, te verstaan. Deur my werk saam met kollegas op die vasteland en in die lig van die US se strewe om homself as die voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te posisioneer, het ek gedink dit sou nalatig wees as die US die AU se kontinentale Volhoubaarheidsagenda uitsluit. Die bestaande projekte regoor Afrika by die SSA help net om dit verder te versterk.

As ? student in Agriwetenskappe met ? Meestersgraad in Wynbiotegnologie het ek in die wynbedryf gewerk voordat ek as personeellid by die US aangesluit het. Ek dink as jy eers jou hande in die grond gehad het, is jy geneig om ligter op moederaarde te trap. Ek was derhalwe nog altyd bewus van die verskil wat een mens ten opsigte van volhoubaarheid kan maak, veral wanneer dit kom by konsepte soos Verantwoordelike Verbruik (DVO 12) en Klimaataksie (DVO 13). Ek moes ook leer om denke oor volhoubaarheid buite die planetêre (omgewings) doelwitte te inkorporeer en nou probeer ek ook om ? ferm fokus op die ander aspekte van volhoubaarheid (die vyf p's) te plaas: mense (people), voorspoed (prosperity), vennootskappe (partnerships) en vrede (peace). En natuurlik – om innoverende maniere te vind om die Agenda 2063-doelwitte en -strewes in ons werk te inkorporeer.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US?

Dit is so ? uiteenlopende rol dat ek selde vervelige oomblikke beleef. Saam met my kollegas by die SDG/2063-Impakhub het ons die geleentheid om deur middel van die US se uitsette op baie positiewe uitkomste te fokus. Ons het ? werkgroep wat ons help om ? ruim veld te dek en dit is so ? plesier om met die lede en hul omgewings te werk.

Ek is gelukkig om kollegas by die Afdeling Navorsingsontwikkeling te hê wat ons help om sleutel-navorsing en kampvegters te identifiseer wat ons vir elke DVO- of AU-doelwit kan aanbied. Dieselfde geld vir ons kollegas by Sosiale Impak, Inligtingsbestuur, IT en die verskillende fakulteite.

Ons werk ook dikwels saam met ons operasionele kollegas soos Fasiliteitsbestuur, waarvan die Omgewingsvolhoubaarheidsarm ? volledige volhoubaarheidskalender het wat studente by veldtogte soos die Groenleef-toekennings betrek, of Aardedag-geleenthede op kampus hou. Jy sou byvoorbeeld hopelik in April die wonderlike uitstalling op die Rooiplein gesien het oor plastiekafval op kampus en ons doelwit om teen 2028 geen afval na stortingsterreine te stuur nie.

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag.  

Deur my studies en werk het ek wyd in die wynbedryf in Suid-Afrika en elders gewerk: van navorsing tot wynmaak en bemarking. Benewens reise na internasionale wynstreke om hul wyne te verken, het ek oeste in Duitsland, Amerika en Frankryk afgehaal. Ek het ? paar bande met die bedryf behou. Ek dra byvoorbeeld by tot instellings in die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat te make het met professionele opleiding en akkreditasie vir werkers in die (sekondêre) wynproduksiegebiede. Maar dit is nie net werk nie: Ek hou steeds my palet skerp deur wynproegeleenthede met plaaslike en internasionale wyne by te woon (en soms aan te bied). Ek is ook op my eie manier ? kranige smulpaap, wat genot tot enige wyn toevoeg (en omgekeerd).

FOTO: Stefan Els