肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US deel van samesprekings by SASUF Navorsings- en Innovasieweek 2024
Outeur: SU International
Gepubliseer: 24/05/2024

?Twaalf personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) het deelgeneem aan die sesde Navorsings- en Innovasieweek van die Suid-Afrika-Swede-universiteitsforum (SASUF), wat in mid-Mei 2024 in Swede plaasgevind het.

Die geleentheid bevorder samewerking tussen Suid-Afrikaanse en Sweedse akademiese instellings en is gesamentlik deur die Universiteit van Lund, die Sweedse Universiteit vir Landbouwetenskappe en die Universiteit van Malm? – ál drie in Swede se Sk?ne-streek – aangebied. Meer as 450 akademici en universiteitsbestuurders van 40 universiteite in Swede en Suid-Afrika het deelgeneem.

Die US se afvaardiging is gelei deur Rektor en Visekanselier prof Wim de Villiers en het ook die Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, prof Hester Klopper, en uitgelese navorsers uit verskillende vakrigtings ingesluit.

Volhoubare ontwikkeling druk bespreek

Ná gespesialiseerde werksessies en gesprekke oor hoe om navorsing- en innovasiesamewerking te versterk was dit tyd vir die hoofitem op die program, die Volhoubaarheidsforum, wat op uitdagings en oplossings vir volhoubare ontwikkeling gekonsentreer het. Hier het US-navorsers hulle baanbrekerwerk op terreine soos omgewingswetenskap, hernubare energie, gesondheidswetenskappe en sosiale innovasie aangebied. Hulle voorleggings het beklemtoon dat die US toegewyd help soek na oplossings vir wêreldwye volhoubaarheidsuitdagings deur interdissiplinêre navorsing en internasionale vennootskappe.

Die pad vorentoe vir die netwerk

Die SASUF-netwerk maak ook gereed vir sy volgende projekfase van 2025 tot 2030, en dus was die voortsetting van sy werk 'n belangrike gesprekspunt tussen die deelnemende instellings se visekanseliers. Almal was dit eens dat nuwe benaderings gevolg sal moet word om finansiering vir die volgende fase te bekom. Hiervoor sal daar staatgemaak word op die AU-EU-verhouding, wat moontlik die insluiting van verdere lande in Afrika en Europa sal vereis, hoewel dít nog nie 'n uitgemaakte saak is nie. Om finansiering van Suid-Afrika se Nasionale Navorsingstigting te bekom, sal die land se Dekadeplan vir Wetenskap, Tegnologie en Innovasie 2022-2032 in ag geneem moet word, terwyl STINT (die Sweedse Stigting vir Internasionale Samewerking in Navorsing en die Ho?r Onderwys) ook betrokke sal bly as 'n moontlike finansieringsbron.  

Alle deelnemers het benadruk dat deelname aan SASUF nie net navorsingsvermo?ns by hulle onderskeie instellings versterk nie, maar hulle ook beter daartoe in staat stel om tot wêreldwye volhoubare ontwikkeling by te dra. Die uitruiling van idees en kennis tussen Suid-Afrikaanse en Sweedse instellings bly van onskatbare waarde.