肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Catherine du Toit kyk na klimaatsverandering deur lens van misdaadfiksie
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 22/05/2024

Prof Catherine du Toit van die Departement Moderne Vreemde Tale in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag 21 Mei 2024 haar intreerede gelewer. Die titel van haar lesing was “Misdaadfiksie in 'n kritieke tydsgewrig. Klimaatsverandering en die perke/beperkinge van die letterkunde".

Du Toit het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor haar belangstelling in misdaadfiksie en hoe sy verskillende temas, veral klimaatsverandering, in Franse en Engelse misdaadfiksieromans bestudeer.

Vertel ons meer oor jou navorsing en hoekom jy hierdie spesifieke gebied begin belangstel het.

Wanneer dit by die bepaling van navorsingsvakke kom, geniet ons groot vryheid. Die jare wat ek navorsing oor die werke en die lang lewe van Henri Pierre Roché gedoen het, het my op baie verskillende paaie in die kultuur, geskiedenis van idees en letterkunde in die 20ste eeu gelei. Met my werk oor Michel Houellebecq het ek die extrème contemporain in die Franse letterkunde en die duisterheid van hedendaagse individualisme en materialisme ondersoek. Alain Resnais het nuwe perspektiewe op teater, tyd, geheue en vergeet gebied.

Afgesien van hierdie soort navorsing oor spesifieke skrywers, het ek geleer dat ek navorsing kon inspan vir die behoefte aan 'n dieper kennis oor dinge wat my banggemaak, gepla of ge?nteresseer het. Dit het tot navorsing gelei oor die literêre uitdrukkings van veroudering en demensie in die letterkunde van die 21ste eeu, dierestudies, die raaisel van die vroulike orgasme en verskeie onderwerpe waarby misdaadfiksie betrokke is.

Ek het dit nog altyd geniet om misdaadfiksie te lees. Met die gewildheid van hierdie genre wat 'n paar dekades gelede in Afrika ontplof het, het ek besluit dit sou die moeite werd wees om  ondersoek in te stel oor hoe 'n mens die taalkundige kloof kan oorbrug deur temas in Franstalige en Engelstalige misdaadfiksieromans te bestudeer. Die wetenskaplike studie van misdaadfiksie was nog relatief nuut toe ek met hierdie tak van navorsing begin het. Vandag hoef ek nie meer hierdie belangstelling te regverdig nie. Dit word nie meer as 'n twyfelagtige subgenre beskou wat volgens 'n formule geskryf en slegs vir vermaak gelees word nie. Kritiese werke oor misdaadfiksie is nou volop, en 'n hele paar akademiese vaktydskrifte word aan die genre gewy.

Ek het die konflik in Afrika-misdaadfiksie by die temas ingesluit wat in my vorige werk bestudeer is, aangesien dit die werklikheid van die postkoloniale situasie weerspie?l: die spanning wat tussen die pragmatiese nakoming van 'n regstelsel bestaan wat grootliks van die koloniale regimes ge?rf en in 'n mindere of meerdere mate aangepas is en die behoud van sekulêre tradisies wat hulle eie hi?rargie behels,  geloofstelsels en persepsies van geregtigheid wat nie noodwendig deur alle geslagte of groepe gedeel word nie.

Ek beskou klimaatsverandering as die enkele belangrikste uitdaging wat die mensdom vandag in die gesig staar. Ook hierdie besorgdheid is in 'n lang geskiedenis geanker – met 'n paar genetiese predisposisies. Die joernalis Susan Booyens het vroe?r vanjaar in 'n onderhoud op Maties FM gesê sy onthou nog my besorgheid oor die omgewing uit 'n skoolkamp waar ek 'n veldtog teen a?rosol-deodorante gevoer het.

Maar die geskiedenis gaan nog verder terug. In 1913 het daar 'n baanbrekerswerk oor “Dro?boerdery" deur my oupa aan vaderskant verskyn waarin hy vir beredeneerde landboupraktyke pleit wat beperkte en onsekere waterbronne, grondbewaring en die aanplant van inheemse grane en plantegroei in ag sal neem. As kind het ek die ware waarde van water by my grootouers aan moederskant op hulle plaas in die Boesmanland geleer. My ma was sewe toe sy vir die eerste keer re?n sien. Sy was baie ontsteld oor wie ook al so baie water mors. Hierdie beeld wys hoe my oupa grawe om die penetrasiediepte van 'n seldsame somerre?nval te bepaal.

Hierdie persoonlike vertellings kan verklaar waarom ek van jongs af besonder ontvanklik was vir die idee dat ons as mense aanspreeklik is vir ons rentmeesterskap van die aarde. In die vroe? 1980's was die astrofisikus Carl Sagan se televisiereeks “Cosmos" vir my 'n duidelike openbaring van perspektief.

Hoe sal jy die relevansie van jou werk beskryf?

Aangesien ek Frans as vreemde taal aan studente onderrig en saam met hulle in tekste delf wat hulle aanvanklik as 'n ondeurdringbare en verwarrende woud kan ervaar, hoop ek ek kan hulle lei om te verstaan wat taal is en hulle met die nodige skerp vaardighede toerus om al die betekenisse van 'n literêre teks te ontsluit. As hulle hierdie vaardighede kan bemeester, kan hulle enige teks interpreteer, hetsy dit literêr, wetlik, filosofies, polities of selfs wetenskaplik is.

Tussen wat ek geleer het en wat ek vir ander leer om vir jouself te kan dink, taal en die bre?r waardes van letterkunde, weet ek dat my werk tot die onsigbare, dog noodsaaklike ruggraat kan bydra wat die geesteswetenskappe in enige samelewing uitmaak.

Jou verbintenis met die Franse taal strek baie ver terug. Hoe het jou fassinasie daarmee oor die jare ontwikkel?

Frans is 'n taal wat lank reeds met my denke en gevoelens verweef is – op dieselfde vlak as my moedertaal, Afrikaans en my tweede taal, Engels. Die aspek van Frans wat my waarskynlik tot aan die einde van my lewe sal fassineer, is die grammatika daarvan, die denke wat gestalte gegee het aan al sy vele re?ls en uitsonderings.

Jy het ook 'n passie vir letterkundige vertaling. Wat fassineer jou van vertaling?

Ek is al 'n kompulsiewe vertaler genoem. Wanneer ek 'n teks vertaal en op presies die regte woorde en ritme afkom, vind 'n soort eenwording plaas wat groot bevrediging bring en die teks in 'n spesifieke lig openbaar.

Jy het baie jare in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

Ho?r onderwys word deur onnodige burokratisering en 'n gevaarlike erosie van die strewe na kennis – wat die kernfunksie behoort te wees – gekompliseer en uitdagend gemaak. Dit is ontstellend en ontmoedigend. Ek word gemotiveer deur studente wat graag wil leer en wat passievol is oor … enigiets!

Watter is vir jou die lekkerste aspekte van jou werk?

Hoewel ek navorsing geniet, voel dit soms asof ek aan my persoonlike liefde die vrye loop gee. Ek geniet dit baie om klas te gee, veral die geweldige groei wat 'n mens aan die einde van die eerste jaar se intensiewe Franse module sien.

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat ander mense nie sal verwag nie.

Ek speel viool en kitaar. Ek is nogal 'n bekwame houtwerker wat Japannese voe? bewonder. Ek het al agt gegradeerde eksamens in Spaanse dans voltooi, pryse vir drama en teater ontvang en tree steeds by literêre feeste op die verhoog op.

My gunstelingwoorde in Engels is glean, irk, kith, chortle, serendipity, lackadaisical, lily-livered, dwindle, dun, kerfuffle en gobbledygook. My gunstelingwoorde in Frans is écarteler, ronronner, péripatéticienne, prestidigitateur, crépuscule, onirique, clapotis, succulent, crépiter.

My gunstelingwoorde in Afrikaans is gabbatjie, splyt, onuitgesproke versugtinge, iesegrimmig, pagoed, kasaterwater, vaartboggel en bliksem.

My gunstelingwyn is Silex (Didier Dagueneau). Ek hou nie daarvan dat ek in die somer verjaar nie, en hou ook nie van skynheiligheid, die gebrek aan 'n morele ruggraat, ongeskiktheid, bling, om naafie te voel, slegte burokrasie en gemorsjorse nie.

Ek mis my pa se stem, die lente, inryteaters, om veilig te voel en boomklim.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek is baie lief vir reis, om saam met my kinders na animēshon te kyk, om na slim mense te luister, om snags na satelliete te soek, om passievolle studente se studieleier te wees en om in 'n argief omring deur ou dokumente te wees.

  • Foto deur Ignus Dreyer (Stellenbosch Centre for Photographic Services)