肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vier die fassinerende wêreld van plante
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 17/05/2024

?Die fassinerende wêreld van plante sal in die internasionale kollig wees wanneer plantliefhebbers  wêreldwyd op Saterdag 18 Mei 2024 die sewende Internasionale Fascination of Plants Day vier.

Die Fascination of Plants Day word jaarliks aangebied onder die sambreel van die European Plant Science Organisation (EPSO) en die Global Plant Council.

Dr Itumeleng Moroenyane, ’n plantkundige van die Universiteit Stellenbosch (US) en nasionale ko?rdineerder vir hiérdie vieringsgeleenthede in Suid-Afrika, sê dit is belangrik om erkenning te gee aan die betekenisvolle bydraes wat die Suid-Afrikaanse plante gelewer het tot ons kulturele identiteit en tradisionele kennissisteme.  “Ons flora is ongelooflik divers en waardevol - van die genesende eienskappe van inheemse medisinale plante tot die kulinêre genietinge van ons eetbare flora. Van die ikoniese fynbos van die Kaap tot die majestueuese kremetartbome van die Limpopo Provinsie, gryp Suid-Afrikaanse plante die verbeelding aan en onderhou dit lewe op ontelbare maniere. Die plante in Suid-Afrika verryk ons lewens op tallos??e wyses en herinner ons aan die diepe verbondenheid tussen mense en plante wat al  eeue lank betaan.”

Dit is die eerste maal dat Suid-Afrika aan hierdie globale gebeurtenis deelneem.

Dr Moroenyane het ’n program vir leerders van plaaslike skoleby die US se Departement Plant- en Dierkunde georganiseer. Hierdie program sal uit ’n miskroskoopwerkswinkel, toere van die laboratoriums, ’n voedseltoer te voet, asook besprekings bestaan.

Op Saterdag 18 Mei bied die Departement Plant- en Dierkunde en die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin ’n openbare geleentheid aan met begeleide voedseltuintoere, interaktiewe werkswinkels, kreatiewe handwerk, lewendige musiek en kosstalletjies. Klik hier vir meer inligting en besprekings - Events (sun.ac.za) 

Meer oor plante

  • Plante is unieke organismes. Hulle kan suikers produseer uit sonlig, koolstofdioksied en water. Hierdie vermo? om hulle eie kos direk te kan sintetiseer, het plante in staat gestel om suksesvol te koloniseer, aan te pas by, en te diversifiseer binne byna elke nis op die planeet. Biolo? skat die totale aantal plantspesies op ongeveer 250 000.

  • Hierdie vermo?ns maak plante die primêre vervaardigers van biomassa wat diere en die mensdom van voedsel, voer, papier, medisyne, chemikalie?, energie en ’n mooie landskap voorsien.  

  • Wêreldwyd is enigeen wat ’n bydrae wil lewer tot die Fascination of Plants Day (FoPD), welkom om deel te neem. Jy kontak net jou nasionale ko?rdineerder (klik op "countries" by www.plantday18may.org) om dit te bespreek en toegang te verkry tot al die ondersteuningsmateriaal.

  • Die Fascination of Plants Day dek alle plantverwante onderwerpe en sluit basiese plantwetenskap, landbou, tuinbou, bosbou, plantkweking, plantbeskerming, voedsel en voeding, omgewingsbewaring, tempering van klimaatsverandering, slim bioprodukte, biodiversiteit, volhoubaarheid, hernubare hulpbronne, plantwetenskapsonderrig, en kuns in.  

Foto’s vryelik beskikbaar by https://plantday18may.org/pr-toolbox/