肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Polimeerinnoveerder help transformeer wêreld van geneeskunde
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 13/05/2024

Hoewel sy van jongs af aangemoedig is om ? mediese dokter te word, het dr Gestél Kuyler van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) besluit om ? ander pad te volg wat haar passie om lewens te verbeter, met baanbreker-navorsing en innovasie sou integreer.

Haar aangebore nuuskierigheid, die leiding van mentors en ? begeerte om tot geneeskundige gesondheidsnavorsing by te dra het uiteindelik meegebring dat ? dubbele PhD in die vakgebiede polimeerwetenskap (US) en molekulêre farmakologie (Coventry-Universiteit in die Verenigde Koninkryk) by die US se Maart-gradeplegtigheid aan Kuyler toegeken is. Akademici aan die US én Coventry-Universiteit was haar toesighouers en sy het navorsing by beide instellings gedoen. Die graad sal ook in Julie vanjaar deur die Coventry-Universiteit aan haar toegeken word.

Kuyler, wat van George in die Suid-Kaap kom, het ook ? entrepreneursgees. “Terwyl ek met my meestersgraad besig was, het ek en twee vriende ? suksesvolle chemie-tutoronderneming begin," sê hierdie lid van die Golden Key International Honours Society – die wêreld se voorste erevereniging vir studente wat erkenning aan uitnemende akademiese prestasie verleen.

“As die navorsingsbestuurder van die Klumperman-navorsingsgroep aan die US geniet ek die daaglikse dosis nuwigheid en ontdekking. Ek geniet dit ook om in die laboratorium te eksperimenteer en om met my eweknie? en kollegas te kommunikeer. Hierdie rol bied ? opwindende kans om aktief aan deurlopende navorsing deel te neem en by te dra tot nuwe projekontwikkeling, veral met kommersi?le potensiaal.

“Ons bevind ons in ? omgewing wat groei bevorder, veral as jy die meeste van beskikbare hulpbronne en geleenthede maak."

PhD-navorsing

Kuyler se doktorale studie het gefokus op die ontwerp, sintetisering en karakterisering van verskeie nuwe polimere (hierdie polimere is baie groot sintetiese molekules) wat gebruik kan word om membraanprote?ene (MP's) te isoleer en te ondersoek. Hierdie prote?ene is geheg aan of ingebed in ? sel se membraan en is betrokke by ? menigte van sleutel-sellulêre prosesse. Sy sê MP's funksioneer amper soos “slotte" wat deur sekere spesifieke sleutels (byvoorbeeld geneesmiddelmolekules) geaktiveer word om die sel binne te gaan en/of ? reaksie te veroorsaak.

Danksy MP's se belangrike rol dien hulle as deurslaggewende geneesmiddelteikens, wat verklaar waarom 70% van die middels wat deur die Verenigde State se Food and Drug Administration goedgekeur word, hierdie prote?ene teiken. Dit is dus belangrik om die strukturele integriteit van hierdie MP's te handhaaf vir akkurate geneesmiddelontwerp om onder meer kanker, vetsug, diabetes, ho? bloeddruk, migraine en asma te behandel. Hierdie en ander toestande ontwikkel as gevolg van onre?lmatighede in die funksie of struktuur van MP's.

Dit is egter nie maklik om MP's te bestudeer nie, omdat dit so kompleks is om hulle te onttrek uit die vetterige verbindings waaruit die selmembraan bestaan. Die probleme spruit uit die amfofiele aard van MP's (insluitende dele wat met water in wisselwerking is en dele wat nie is nie) en die onttrekking daarvan op ? manier wat beide die hidrofobiese (waterafwerende) en hidrofiele (wateraantrekkende) dele stabiliseer. As dit nie bereik word nie, kan die prote?en sy ware struktuur en funksie verloor wat vir die akkurate ontwikkeling van behandeling nodig is.

“Ondanks hierdie struikelblokke moet navorsers en die ontwikkelaars van geneesmiddels die struktuur en funksie van hierdie geneesmiddelteikens verstaan om nuwe, doeltreffende behandelings te ontwerp en te skep. Hierdie begrip kan nie net die tydsduur en koste van geneesmiddelontwikkeling verminder nie, maar hou ook die potensiaal in om die doeltreffendheid van medisyne te verbeter, uiteindelik newe-effekte te minimaliseer en die koste daarvan te verlaag."

Kuyler sê die ontwikkeling van nuwe polimere bied verskeie voordele bo huidige kommersieel beskikbare polimere danksy die manier waarop dit vervaardig word.

“Die sintetiese benadering wat ons gebruik, bied verskeie aanpassingsmoontlikhede, wat ? uitstekende platform vir verdere ontwikkeling in ons navorsingsgroep bied."

Nanosene

Kuyler se PhD-navorsing het nie net tot die ontwikkeling van nuwe polimere gelei nie, maar ook tot die indiening van ? internasionale patent wat die kerntegnologie vorm van Nanosene, ? afwentelmaatskappy van die US wat sy in 2022 saam met prof Bert Klumperman van die US se Departement Polimeerwetenskap gestig het. Sy is Nanosene se uitvoerende hoof.

Kuyler het in 2021 aan ? idee-geldigheidsbepaling (toetsing en assessering van die uitvoerbaarheid, lewensvatbaarheid en potensiaal van ? sake-idee) by die LaunchLab (die US se tegnologie- en entrepreneurskap-broeikas) deelgeneem. Die konsep van Nanosene is hier gebore en is deur interaksie met potensi?le kli?nte, nywerhede en belanghebbendes bekragtig.

“Hierdie ervaring het my entoesiasme vir die kommersialisering van polimeer-materiale vir molekulêre geneesmiddelteikenidentifikasie en -navorsing aangevuur. Nanosene is gestig om die ontwikkeling en kommersialisering van innoverende polimere te bevorder en is nou die amptelike platform vir die interpretasie van interessante en kommersieel lewensvatbare intellektuele eiendom (IP) wat van ons navorsingsgroep afkomstig is."

Nanosene is die eerste pasgemaakte polimeer-innoveerder en -verskaffer uit Afrika wat tans op die ontwikkeling en vervaardiging van amfofiele polimere fokus om molekulêre geneesmiddelteikens te isoleer.

“Hierdie deurbraak-tegnologie kan die wêreld van geneeskunde transformeer deur navorsers en die ontwikkelaars van geneesmiddels te bemagtig om nuwe we? vir die behandeling van verskeie siektes te verken," sê Kuyler.

“Ons het ons eerste polimere suksesvol deur Nanosene, in strategiese vervaardigings- en verspreidingsamewerking met Cube Biotech, ? toonaangewende biotegnologiemaatskappy in Duitsland, gekommersialiseer."

Kuyler noem dat Nanosene in Februarie vanjaar as die algehele wenner uit die stryd getree het by die Academia-Industry Training (AIT) Swiss African Science and Business Innovators (SASBI)-konferensie in Lagos, Nigeri?. Dit was die eerste keer dat Nanosene ? voorlegging by die geleentheid gedoen het. Nanosene is as een van die top-12 beginnerondernemings in Afrika gekies om die Swiss Residency Week in Mei 2024 in Switserland by te woon. Dit is ook onlangs as een van die agt Suid-Afrikaanse beginnerondernemings aangewys wat deel van die land se afvaardiging by VivaTechnology 2024, Europa se voorste geleentheid vir tegnologie en innovasie in Parys in Mei 2024, sal uitmaak.

“Hierdie ervaring het die span aangespoor en bevestig die groot potensiaal wat ons het om te bied," sê Kuyler.

Sy voeg by dat navorsers, akademiese medewerkers, farmaseutiese maatskappye, biotegnologiemaatskappye en prote?envervaardigers baat sal vind by die werk wat by Nanosene gedoen word.

Noudat sy haar PhD het, sê Kuyler sy is gretig om meer tyd aan die groei en vooruitgang van Nanosene en die span te wy terwyl hulle na groter hoogtes streef.

Sy beskryf haarself as ? natuurliefhebber wat die buitelewe geniet.

“Ek gebruik elke geleentheid om buite te wees. Ek het ? groot belangstelling in plante en het onlangs begin wilde sampioene soek. Verkenning deur staptogte is nog ? passie en ons het verskeie meerdaagse staptogte voltooi, insluitend ? onvergeetlike reis deur die noordelike deel van Krugerwildtuin.

“Ek hou ook daarvan om tyd saam met vriende en my gesin deur te bring, om te reis en om goeie kos en wyn te geniet."?

  • Foto: Dr Gestél Kuyler in die laboratorium. Fotograaf: Stefan Els