肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Theo Broodryk se navorsing oor groepsgedinge help vergemaklik toegang tot geregtigheid
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 11/04/2024

Prof Theo Broodryk, bestuurder van die Universiteit Stellenbosch (US) Regskliniek en 'n professor in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die US, het Dinsdag 9 April 2024 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was 'Besinning oor klasaksie in Suid-Afrika die afgelope 30 jaar: 'n nasie gewoond aan swaarkry, maar skugter vir kollektiewe herstel?'.

Broodryk het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe sy navorsing oor groepsgedinge help om armes en gemarginaliseerdes se toegang tot geregtigheid te vergemaklik.

Vertel ons meer oor jou navorsing en wat jou belangstelling in hierdie spesifieke veld geprikkel het.

My navorsing hou verband met kollektiewe litigasie, veral die prosedurele meganismes wat individue in staat stel om gesamentlik as 'n groep te litigeer. Ek stel veral belang in groepsgedinge. 'n Groepsgeding is in wese 'n regsmeganisme wat dit moontlik maak om die eise van 'n groep individue teen dieselfde verweerder(s) in 'n enkele beslissing te bepaal.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

Ek stel veral in groepsgedinge (klas-aksies) belang aangesien dit die vermo? het om grootskaalse toegang tot geregtigheid en geregtelike ekonomie te vergemaklik en weens die rol wat dit speel om mense van antisosiale gedrag te weerhou. Ek hoop om belangstelling te wek deur my akademiese navorsing in groepsgedingreg en sodoende te help om beleidsbesprekings te inspireer en hervormings te fasiliteer wat daarop gemik is om die Suid-Afrikaanse kollektiewe regstellingslandskap te verbeter.

Jy is reeds baie jare in die uitdagende ho?ronderwysomgewing. Hoe bly jy gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

Ek probeer om op my doel te fokus, klein oorwinnings te vier, 'n ingesteldheid van groei te omarm, selfsorg te prioritiseer en betrokke te bly by my vak en onderrigmetodologie?. Hierdie strategie? help my om gemotiveerd te bly en 'n positiewe uitkyk te handhaaf ondanks die uitdagings wat ek in die gesig staar.

Watter aspekte van jou werk geniet jy die meeste?

Die aspek van my werk wat ek die meeste geniet, is om my navorsingskundigheid in 'n praktiese omgewing tot voordeel van groot groepe individue te benut. Nie te lank terug nie het die Universiteit Stellenbosch Regskliniek byvoorbeeld 'n verbruikersgroepsgeding suksesvol laat sertifiseer en ons hoop dat duisende individue uiteindelik deur die groepsgedinglitigasie bevoordeel sal word.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek geniet dit om tyd saam met my vrou, Marlene, en my 18 maande oue seun, David, deur te bring. Ek geniet dit ook om te lees en te oefen, maar die kleinding maak dit nogal moeilik om genoeg tyd te vind om al hierdie dinge te doen!

  • Klik hier om meer te lees oor prof Theo Broodryk se akademiese reis.