肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Minecraft Education help verbeter leerders se kodering- en robotikavaardighede
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 09/04/2024

Die digitale speletjie-gebaseerde leerplatform Minecraft Education kan leerders help om hulle vaardighede in kodering en robotika te verbeter, wat hulle goed te staan sal kom wanneer hulle die werkplek van die toekoms betree.

Dít volgens ? nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch (US).

“Minecraft Education en sy virtuele robot, die Agent, kan leerderbetrokkenheid verbeter, die ontwikkeling van leerders se vaardighede in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) ondersteun en aan hulle ? positiewe, betekenisvolle, genotvolle leerervaring bied," sê Michael Vorster, ? onderwyser van Kaapstad wat onlangs sy meestersgraad in kurrikulumstudie aan die US verwerf het.

“Kodering en robotika word as integrale komponente van STEM-onderwys beskou weens hulle potensiaal om 21ste-eeuse vaardighede te ontwikkel," voeg hy by.

Vorster het gefokus op hoe Minecraft Education en die Agent ge?ntegreer kan word as ? digitale speletjie-gebaseerde hulpmiddel om die onderrig en leer van kodering en robotika in ? gr. 7-klas by ? onafhanklike skool in Kaapstad te ondersteun. Hy wou uitvind hoe leerders en hulle onderwyser Minecraft in die klaskamer ervaar het.

Vorster sê die gr. 7-leerders het in hulle eerste kwartaal ? Minecraft Virtual City-projek voltooi, waar hulle in pare of groepe van drie leerders binne dieselfde Minecraft-wêreld moes werk om ? le? erf van hulle keuse (residensieel, kommersieel of industrieel) te ontwikkel. Die groepe het saamgewerk om hulle virtuele stad in Minecraft te skep terwyl hulle meer oor stadsbeplanning geleer het. Hulle onderwyser het die kaart met die le? erwe geskep.

Hulle het ook ? Minecraft Agent-koderingsmodule in dieselfde jaar voltooi, wat vereis het dat hulle ? stel spesifieke instruksies moes volg om hulle Agent te kodeer sodat dit spesifieke aksies kon uitvoer soos om ? boorgat te skep, die boorgat met water te vul, asook ? diereplaas te skep en ? kweekhuis te bou. Die Minecraft Agent-koderingsmodule is aan die Verenigde Nasies se 17 Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte gekoppel, met ? fokus op Doelwit 6: Skoon Water en Sanitasie.

Volgens Vorster het sy waarneming van lesse, fokusgroepbesprekings en onderhoude met leerders, hulle onderwyser en ? assistent getoon dat Minecraft Education die potensiaal het om betrokkenheid, samewerking en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede te bevorder en leerders voor te berei vir toekomstige tegnologiese landskappe en loopbane.

“Minecraft Education en die Agent dra aansienlik by tot emosionele, kognitiewe en gedrags-leerderbetrokkenheid deur ? meevoerende, interaktiewe en genotvolle leeromgewing te bied. Hierdie elemente help om leerders se volgehoue belangstelling in, motivering vir en aktiewe deelname aan kodering en robotikalesse aan te moedig."

“Minecraft bied genotvolle speletjies en gepaste uitdagings en maak voorsiening vir vordering in die aanleer van kodering- en robotikavaardighede. Die praktiese, interaktiewe aard van Minecraft Education het kreatiewe probleemoplossing en samewerking tussen leerders aangemoedig as deel van hulle emosionele en gedragsbetrokkenheid wanneer hulle take voltooi en uitdagings oorkom.

“Hulle het saamgewerk deur mekaar te help om hulle kodes te korrigeer of “te ontfout" en het saam gevier wanneer hulle ? taak suksesvol tydens die Agent-koderingsmodule voltooi het."

Vorster sê in vorige koderingsmodules sou die leerders belangstelling begin verloor sodra die kodering- en robotika-aktiwiteite te uitdagend geraak het.

“Met die gebruik van Minecraft Education het dit egter gelyk asof hulle langer en met meer deursettingsvermo? betrokke kon bly en probleemoplossingsvaardighede begin toon het om meer komplekse uitdagings tydens die kodering- en robotikalesse die hoof te bied.

“? Kombinasie van Agent-koderingstake en kreatiewe boutake in Minecraft Education het die potensiaal om baie leerders “kreatief betrokke te kry" en te motiveer met die potensiaal om ? staat van “vloei" te bewerkstellig – om ten volle in die aktiwiteit gedompel te word sonder dat hul aandag afgelei word of hulle fokus verloor – deur hul vaardigheidsvlak by die toepaslike vlak van uitdaging aan te pas."

Vorster beklemtoon ook die deurslaggewende rol van onderwysers om leerders tydens die kodering- en robotikamodule te motiveer, aan te moedig en te lei. Hulle fasiliteer leeraktiwiteite, wat spanwerk aanmoedig en leerders help om uitdagings binne die verskillende Minecraft-take te navigeer.

“Terugvoer van die leerders het daarop gedui dat die onderwysers se insette en betrokkenheid by hulle tydens ? kodering- en robotikales ? direkte invloed op hul kognitiewe en gedragsbetrokkenheid by die take gehad het. ? Gevoel van behoort onder leerders, asook ondersteuning en aanmoediging van onderwysers, is as twee belangrike aspekte van emosionele en gedragsbetrokkenheid beskou."

Vorster sê kodering- en robotika-aktiwiteite vereis dat leerders ? stel instruksies ontwikkel wat ? robot moet uitvoer.

“Hierdie stel instruksies vorm die kode wat die robot volg om ? taak uit te voer, byvoorbeeld om in ? spesifieke rigting te beweeg. Leerders vind dikwels dat die robot nie die taak uitvoer wat hulle verwag het nie, wat meebring dat hulle hul kode moet herbesoek om dit reg te stel of te 'ontfout'.

“Dit is dus belangrik om leerders betrokke te hou, veral wanneer kodering- en robotikatake meer uitdagend word, anders kan leerders begin belangstelling verloor en die taak heeltemal opgee sonder om ? lewensvatbare oplossing vir die 'virus' of fout in hul kode te vind."

Ten einde vir Minecraft Education en die Agent om die gewenste uitwerking te hê, moet onderwysers volgens Vorster opdragte, take en aktiwiteite skep wat leerder-outonomie, leerder-selfstandigheid en ? gevoel van prestasie in ag neem.

Hy erken dat hoewel al hoe meer onafhanklike skole in Suid-Afrika hulle eie kodering- en robotikalesse as deel van hul STEM-kurrikulum begin ontwikkel het, baie skole steeds nie robotikastelle kan bekostig nie. “Dit bly ? struikelblok in Suid-Afrika. Vennootskappe tussen die openbare en private sektore kan ? potensi?le oplossing vir hierdie uitdaging bied."

MEER OOR MINECRAFT

  • Oorspronklike Minecraft-speletjie amptelik in 2011 vrygestel; in 2014 deur Microsoft gekoop.
  • Dompel spelers in ? virtuele 3D-wêreld waar hulle hulpbronne soos hout, klip en ystererts moet ontgin wat in die vorm van blokke voorkom.
  • Spelers kan nuwe materiale en gereedskap skep om in die 3D-wêreld te oorleef of om kreatiwiteit toe te pas en die 3D-wêreld te verander.
  • Minecraft Education is in 2016 deur Microsoft ontwikkel.
  • Ingeboude opvoedkundige kenmerke sluit die Agent, ? kamera, ? portefeulje, asook ? boek en veerpen in, wat leerders kan gebruik om ? digitale werkportefeulje te skep om hul begrip en vordering te demonstreer.
  • Minecraft Agent is in Minecraft Education Edition ingebed.
  • Die Minecraft Agent kan gebruik word om kodering en robotika aan te leer.
  • Minecraft Education kan by die Google Play-winkel afgelaai word: https://bit.ly/3TA1lyi