肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties trotseer Antarktika se uiterstes vir baanbrekersnavorsing
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 22/03/2024

?Om deur 'n 30-meter-ho? ysbank verdwerg te word, om in temperature laer as nul grade te braai, en om te probeer slaap terwyl die son nooit ondergaan nie, was van die talle weergalose ervarings wat drie studente van die Universiteit Stellenbosch (US) op hulle onlangse ekspedisie van 58 dae na Antarktika via Marion-eiland geniet het.

Gerhard Durandt, Micaela Melim en Chanté van der Spuy, van die US se Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, was deel van 'n groep van tien wetenskaplikes van verskeie ho?ronderwysinstellings wat onlangs meer as agt weke op die SA Agulhas II, 'n ysbreker-poolvoorsienings- en navorsingskip, deurgebring het. Hulle was deel van die 63ste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE E63) wat besoek afgelê het om die basis gedurende die kort somer aan te vul en die nuwe oorwinteringspan te vervoer wat 'n lang tyd daar gaan deurbring.  

Durandt, wat tans met sy PhD in vibrasiestresmeting en -analise besig is, was goed toegerus om as spanleier te op te tree. Dit was sy tweede ekspedisie aan boord van die ysbreker van 134 meter. Vir Melim, 'n meestersgraadstudent wat bewegingsiekte ondersoek en Van der Spuy, wat met haar nagraadse studie van skroef-ys-interaksie begin het, was dit hul nooiensvaart. En dit het stadig begin. Hoewel hulle veronderstel was om 14 Desember verlede jaar te vertrek, het operasionele vertragings en sterk wind beteken dat die sowat 130 passasiers en bemanning eers op Welwillendheidsdag (26 Desember) kon vertrek. "Al wat ons kon doen, was om op die dek te sit en na Tafelberg te kyk."

Oorlewing op die dek

'n Kabbelsee see het die skip op die oop see verwelkom, wat aan Melim "baie goeie data" besorg het vir haar navorsing oor bewegingsiekte, voeg Durandt by. Gedurende die vier dae wat dit die SA Agulhas II geneem het om tot by hulle eerste bestemming op Marion-eiland te vaar, kon die US-span probleme met die skip se sensors identifiseer wat tot onjuiste datalesings sou gelei het. Melim erken dat soms uitdagend was om op die skip te werk weens bewegingsiekte. "Die lae frekwensiebewegings van die skip het soms duiseligheid en moegheid veroorsaak, wat breinbeneweldheid tot gevolg gehad en dit moeilik gemaak het om te fokus." Soms was die beweging só erg dat hulle in hulle stoele oor die eetsaal se vloer gegly het. Durandt sê hulle het vinnig geleer om hul besittings te beveilig om te verhoed dat dit in hulle kajuite rondvlieg.

Dit was heel verrassend dat daar net 'n paar ysberge sigbaar toe die vaartuig ongeveer 58 grade suid bereik het, merk Durandt op. Daar was ook nie soveel see-ys as op vorige ekspedisies nie – moontlik weens die tydsberekening van die reis of moontlik selfs weens aardverwarming. “Ons het wel 'n paar pikkewyne naby Penguin Bakta (Baai in Noors) gesien, maar nie die gewone verwelkomingskomitee wat ons normaalweg sou verwag nie, asook 'n paar walvisse in die water."

Basis

SANAE IV, die Suid-Afrikaanse Antarktiese navorsingsbasis vir die instandhoudingspan, personeel en navorsers van regoor die wêreld, is sowat 180 km van die ysbank af. Durandt sê die US-span was gelukkig om 'n paar dae by die basis deur te bring. Dit neem 16 uur om die 180 km van die skip na die basiskamp te ry, en Durandt sê die reis aan boord van 'n rudimentêre "caboose" of sneeukaravaan was ysig. Hierdie sneeu mobiele reis was egter een van Melim se ekspedisie-hoogtepunte. "Ek is van nature 'n adrenalienverslaafde, en dit was so 'n surrealistiese gevoel om in Antarktika te ry. Die uitgestrekte, onaangeraakte landskap wat sover strek so as wat 'n mens kan sien, tesame met die opwinding om jou pad deur die ysige terrein te vind, het vir 'n onvergeetlike avontuur gesorg."

Hoewel die buitetoestande op die skip en by die basis uiters straf was – volgens Durandt was die laagste aanvoelbare temperatuur wat hy aangeteken het, minus 30 grade Celsius wat 'n wind van 40 knope ingereken het, was die omstandighede binne-in die basis redelik gemaklik en was net 'n paar lae klere nodig. Sodra hulle na buite gegaan het, moes die span natuurlik verskeie lae kere dra, waaronder termiese onderklere, ski-broeke en -baadjies en geskikte hoofbedekkings. Melim het gesê sy het daarin geslaag om sonbrand op te doen terwyl sy buite gewerk het, en sy het haar o? met 'n ho?-gehalte sonbril beskerm. "Wie sou kon dink dat die son so kwaai kan wees in Antarktika?"

'n Dag op die see

Volgens Melimwas daar niks tipies aan 'n dag op die skip nie, aangesien die son in die somer in Antartika nooit ondergaan nie. Die ewige sonlig het hulle slaappatrone heeltemal ontwrig, en Durandt sê hy het dikwels eers teen 03:00 gaan slaap en dan ontbyt heeltemal misgeloop. Melim sê sy het altyd daarin geslaag om die dag met 'n koppie koffie te begin, of sy nou om 08:00 of 15:00 wakker geword het.

Aangesien hulle die meeste van hulle tyd op see deurgebring het, het die US-span hulleself met hul navorsing besig gehou en speletjies gespeel of fliekaande geniet. Hulle het selfs daarin geslaag om in die ysige koue 'n braai op die agterdek van die skip te re?l. "Jy ken ons Suid-Afrikaners, altyd gereed vir 'n braai," sê Durandt. Hy het ook van sy tyd daaraan spandeer om vir die Twee Oseane-ultramarathon van 56 km, wat in April plaasvind, te oefen. "Ek wil nooit weer 'n trapmeul sien nie!" Gelukkig was daar ook 'n sauna aan boord vir welverdiende ontspanning.

Hoewel daar baie onvergeetlike oomblikke was, het die tyd weg ook beteken dat hulle mylpale tuis misgeloop het. Durandt sê hy kon nie sy vrou se verdediging van haar PhD in elektriese ingenieurswese via Microsoft Teams sien nie omdat sy internetverbinding aanhoudend onderbreek is. Dit het ook beteken dat hulle Oujaarsaand weg van geliefdes moes deurbring. Tog was die ervaring om afgesny te wees van al die afleidings van die alledaagse lewe en om net deur ys en stilte omring te wees, insiggewend en verootmoedigend. "Jy leer baie van jouself wanneer jy so ge?soleerd is," sê hy.

Sending afgehandel

Durandt verduidelik dat sy navorsing op die uitwerking van ho?frekwensie vibrasies op die lewensduur van die SA Agulhas II se romp gefokus het. Die ysbreker is in die noordelike halfrond ontwerp om ys te breek, maar dit word meestal in die suidelike halfrond gebruik waar dit minder ys te?kom, maar deur erger weersomstandighede moet vaar. Hy het 'n "strukturele digitale tweeling" van die vaartuig geskep sodat hy die uitwerking van hierdie groot golwe intyds kan bestudeer. Soos Melim, wat bewegingsiekte nagevors het, op haar LinkedIn-profiel opgemerk het, was die ekspedisie 'n ongelooflike geleentheid om deel te wees van 'n reis wat "nie net my perke getoets het nie, maar die grense van my navorsing uitgebrei het".

 Foto: Gerard Durandt?