肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ondersteun Wêreldwye Herwinningsdag: bring jou e-afval na die Rooiplein Maandag 18 Maart
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 13/03/2024

?

Het jy enige ou batterye, stukkende laaikabels of stukkende elektriese toebehore wat rondlê? 

Bring dit Maandag 18 Maart, 10:00 – 15:00, na die Rooiplein vir gesertifiseerde herwinning. 

Om groter bewustheid te skep vir Wêreldwye Herwinningsdag op 18 Maart 2024 en Internasionale Dag vir Zero Afval (30 Maart), moedig die Omgewingsvolhoubaarheidspan van die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Fasiliteitsbestuur, saam met UNASA studente vereniging, Wasteplan en EWASA, personeel en studente aan om deel te neem aan hierdie e-afval herwinningsveldtog. 

Elektroniese afval bevat heelwat chemikalie? en swaar metale wat gesondheidsrisikos vir mense en die omgewing inhou, asook waardevolle materiaal wat eerder hergebruik kan word en so spaar op die ontginning van rou materiaal.  Om ons planeet gesond te hou is dit noodsaaklik om e-afval uit ons stortingsterreine te hou, te hergebruik wat moontlik is, en om die gevaarlike materiaal met gesertifiseerde prosesse weg te doen. 

SU hanteer nie self die herwinningsaspek van die e-afval van ons kampusse nie.  Ons werk saam met ‘n geregistreerde afvalbestuursmaatskappy wat die e-afval wettiglik stroop en herwin. Ons maak seker dat ons die nodige dokumentasie vir veilige wegdoening ontvang vir e-afval van ons kampusse. 

Neem asseblief kennis dat slegs nie-SU bate- items Maandag in die geel e-afval houers op die Rooiplein geplaas kan word.  

Bring jou e-afval Maandag en help om ‘n gesonder omgewing te skep.