肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Rugbykaptein se stil leierskap spruit uit persoonlike gevegte van die veld af
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 08/03/2024

Met sy nederige en saggeaarde manier mag Matt Gray met die eerste oogopslag na 'n onwaarskynlike aanvoerder vir die Maties Rugbyspan lyk wat aan vanjaar se FNB Varsitybeker, wat tans aan die gang is, deelneem. Hy is een van slegs een van 'n handjievol Engelssprekende kapteins in die span se geskiedenis van meer as 100 jaar. Hy het aan die Rondebosch Boys' High School in Kaapstad se suidelike voorstede gematrikuleer, wat nie een van die tradisionele voederskole vir rugby aan die Universiteit Stellenbosch (US) nie.

Maar die slot van 1,97 meter is beslis nie iemand wat hom sommer oor konvensie of uitdagings bekommer nie. Op sesjarige ouderdom het hy Hodgkin se limfoom oorwin, hoewel dit hom 'n rukkie uit sport gehou het, en later, op 14, het hy gesukkel met immuun trombositopeniese purpura (ITP), 'n seldsame outo-immuunsiekte wat die bloed se vermo? om behoorlik te stol, be?nvloed.  Ironies genoeg sê hy dit was hierdie tweede gesondheidsuitdaging wat werklik sy rugbyloopbaan begin het. "Ek het met mening in die gimnasium begin oefen om myself op te bou en toe het my rugby weer op dreef gekom."

Hy het in 2018 vir sy ho?rskool se eerste span uitgedraf, en hy is groot lof toegeswaai vir sy verdedigende en aanvallende vermo?ns – soveel so dat hy met die Spelers se speler-toekenning weggestap het. Gray het meer as 50 wedstryde vir dié span gespeel. Maties Rugby se afrigter, Kabamba Floors, wat toe hoofafrigter van die Young Guns was, het hom in daardie jaar genader om vir die Universiteit rugby te speel. Gray erken die US was nie sy eerste keuse nie, aangesien die meeste van sy skoolvriende gekies het om by die nabygele? Universiteit van Kaapstad te gaan studeer, en sy ouers het by Wits studeer. Maar hy het besluit om die sprong te neem omdat hy gehoor het die US is die "plek is om te wees" as student en dit was ook die perfekte wegspringplek vir 'n ontluikende rugbyloopbaan.

Sy besluit om sy eie pad te volg het vrugte afgewerp en Gray, nou in sy finale jaar van 'n BSc in AgriWetenskappe, is nou die kaptein van die Maties Rugbyspan, waar hy sê hy met ope arms verwelkom is. Rugby was nog altyd 'n belangstelling, sê hy. "As Suid-Afrikaners word ons groot met rugbykyk. Dit is in ons ingebou (van jongs af). Maar dit was eers aan die einde van graad 9 wat ek dit regtig as 'n realistiese loopbaan begin sien het."

Sy groot inspirasie in die huidige Springbokkamp is Pieter-Steph du Toit – speler van die wedstryd in verlede jaar se naelbyt-Rugbywêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland. "Hy vertoon baie eienskappe van wat ek as speler wil word. Soos hy, hou ek daarvan om eenvoudig net aan die werk te spring. Ek vaar die beste as ek aan die werk spring op die veld en alles in die stryd werp." Om 'n span te lei was 'n "groot aanpassing" vir Gray, wat homself as 'n "stil ou in die kleedkamer en oor die algemeen" beskryf. As 'n man van "minder woorde" sê hy hy laat eerder ander wat meer praat, die leiding neem. "En dan vat ek oor met 'n paar skerp woorde wanneer dit nodig is om die ouens aan die gang te kry."

Sy stil leierskap is behoorlik aan die begin van die Intervarsitybeker-veldtog getoets, toe die Maties met 12–23 teen die verdedigende kampioenspan, FNB NWU Arende, verloor het. Ná daardie ontnugterende nederlaag op hulle tuisveld in die Danie Craven-stadion, sê Gray het hy sy span aangeraai om net op die volgende taak te fokus. "Dit is maklik om in 'n nederlaag vasgevang te word. Maar een ding waarmee ons span goed is, is om terug te veg." Die spanpraatjie het vrugte afgewerp en Maties het sedertdien Ikeys op hulle tuisveld met 15-10 en meer onlangs vir Wits met 23-12 verslaan.

Terwyl hy op die "volgende taak" – om die Varsitybeker huis toe te bring – fokus, het Gray ook sy visier op 'n loopbaan in rugby. "Die Stormers sal wonderlik wees, maar ek sal heel gelukkig wees om by 'n kleiner rugby-unie te begin en dan van daar af te voort te bou." Op lang termyn, wanneer rugby eendag nie meer 'n opsie is nie, sien hy homself in die landboubedryf – en hy hoop om oor 'n paar jaar sy eie binnenshuise plaas te besit.

Foto: Stefan Els