肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vieringsgeleentheid van US Onderrig, Leer & Assessering
Outeur: Anthea H M Jacobs
Gepubliseer: 14/02/2024

?

? Vieringsgeleentheid vir onderrig, leer en assessering (OLA), onder beskerming van die Viserektor, professor Deresh Ramjugernath, word op 5 Maart by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) aangebied. Die geleentheid is daarop gemik om die professionele leersukses van verskeie personeellede te vier. Toewyding aan voortgesette groei en ontwikkeling lê aan die kern van enige florerende opvoedkundige instelling. Hierdie geleentheid getuig van die Universiteit Stellenbosch se onwrikbare verbintenis tot die aankweek van uitnemendheid in OLA. Ons glo dat belegging in die professionele groei van ons personeel nie slegs hulle individuele loopbane verryk nie, maar ook die gehalte van die onderwys en steun wat ons aan ons studente bied, verhoog. Deelnemers wat in 2023 die volgende professionele leergeleenthede suksesvol afgehandel of daaraan deelgeneem het, sal vereer word:

- US Onderrigtoekennings

- US Onderriggenote

- US Onderrigbevordering op Universiteit-genote (OBU-genote)

- Pryswenners by die US Akademieskap van Onderrig en Leer-konferensie (AvOL-)

- Ontvangers van finansiering uit die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (Finlo)

- Kortkursus in Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (AvOpL)

- Kortkursus in Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)

- Assesseringskortkursus

- Kortkursus in Professionele Opvoedkundige Ontwikkeling van Akademici (PRONTAK)

- Kortkursusse oor OLA in Gemengde Leer

- Kortkursusse oor Kunsmatige Intelligensie (KI) in OLA 


Die OLA-vieringsgeleentheid beloof om besielend en verheffend te wees, vol opregte oomblikke van besinning, erkenning en viering. Ons kom byeen om die reis van groei en leer te vier en sien daarna uit om ons ongelooflike personeellede vir hulle prestasies te vereer. Saam sal ons die mag van lewenslange leer en die transformerende impak daarvan op individue, ons instelling en ons gemeenskappe vier.


Datum: 05 Maart 2024 

Plek: STIAS 

Tyd: 16:30 – 19:00 

RSVP: Invitation to T&L Celebration on 05 March 2024.pdf

Kontakpersoon: Dr Anthea HM Jacobs, jacobsa@sun.ac.za