肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kollig val op ons Matie-vrywilligers
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 05/12/2023

Dit is Internasionale Vrywilligersdag en met meer as 600 Matie-vrywilligers wat 'n merkwaardige impak maak, skyn ons graag die kollig op 'n paar vrywilligers wie se onwrikbare toewyding en passie ons w¨ºreldwye Matie-netwerk versterk.

Internasionale Vrywilligersdag word jaarliks op 5 Desember gevier en dien as 'n geleentheid om die onskatbare bydraes van vrywilligers w¨ºreldwyd te erken en te waardeer. Die dag beklemtoon die impak van vrywilligerswerk op verskeie sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, met die klem op die krag van individue om 'n positiewe verskil in hul gemeenskappe te maak.

Drie merkwaardige alumnae, Lani Swart, Tania Coetzee en Mariaan Venter, wat in die Verenigde Koninkryk woon, is op ? missie om deur hulle betrokkenheid by die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) terug te ploeg. Die drie het onlangs die Londen-na-Brighton-fietsrit aangepak om fondse vir US-studente in te samel en het hulle teiken van ?1 000 sommer in ? japtrap bereik.

Allan Boyle het onlangs 10 000 m se bergklim aangepak om €10 000 (R200 000) in te samel om by te dra tot ? studiebeurs vir ? nagraadse student aan die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke. 

Sarah Camp, ? finalejaar- mediese student van die Tygerbergkampus, het op 4 November in Hillcrest net buite Durban in KwaZulu-Natal aangekom nadat sy tien dae lank van Worcester af fietsgery het ¨C ? afstand van meer as 1 500 km. Ge?nspireer deur prof Thuli Madonsela se inisiatiewe om studente se universiteitskuld te help verlig, het die jong dokter-in-wording ? veeleisende reis voltooi om geld in te samel vir #Action4Inclusion, ? studenteskuldverligtingsinisiatief deur die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid aan die US. 

  • Om Camp se prestasie in perspektief te plaas: Teen gemiddeld 150 km per dag het sy vir tien dae aaneen daagliks verder as deelnemers aan die Kaapstad-fietstoer gery.

Marilet Daniel het die Berlynse-marathon gehardloop en bewusmaking en broodnodige fondse ingesamel vir die Universiteit se #Move4Food-veldtog, wat daarop gemik is om voedselonsekerheid onder studente aan die US te bekamp. Marilet, wat as geoktrooieerde rekenmeester in Amsterdam werk, het geen probleem gehad om haar teiken van 1 000 euros te haal nie.

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het studente wat met voedselonsekerheid leef, ondersteun deur op Erfenisdag ? 'Lentetafel'-geleentheid by Reuben's Restaurant & Bar in Franschhoek aan te bied. ? Deel van die opbrengs van die geleentheid ¨C die breinkind van prof Karin Baatjes, Visedekaan: Onderrig en Leer ¨C sal gebruik word om voedselonsekerheid onder studente in daardie fakulteit te verminder.

"Deur toegewyde vrywilligerswerk tydens die Kaapstad-fietstoer was ek bevoorreg om 'n blywende impak te laat op studente wat finansi?le struikelblokke in die gesig staar. Saam as Maties samel ons nie net fondse in nie; ons baan die weg na onderrig, breek hindernisse af en vorm 'n beter toekoms." ¨C Lewis T Mboko, meestersgraadstudent in Ekonomie 

  • Raak betrokke! KLIK HIER vir al die beskikbare geleenthede.