?Prof Shannon Hoctor van die Departement Publiekreg in die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit Stellenbosch het op Donderdag 2 November 2023 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was “Verskerping van die subjektiewe element van strafregtelike aanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse reg".
Hoctor het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe sy navorsing daarop gemik is om die toekomstige ontwikkeling en toepassing van die reg, veral substantiewe strafreg, in Suid-Afrika te help be?nvloed.
Vertel ons meer van jou navorsing en waarom jy in hierdie spesifieke vakgebied begin belangstel het.
Hoewel ek my al met 'n aantal verskillende gebiede besig gehou het, fokus my navorsing hoofsaaklik op substantiewe strafreg, met ander woorde die re?ls vir strafregtelike aanspreeklikheid. Ek was van kleins af 'n ywerige leser van misdaadromans, so ek het nog altyd in die motivering vir kriminele gedrag belanggestel: Hoekom doen mense slegte goed? My eerste graad was 'n BA met Regte en Sielkunde as hoofvakke, wat 'n mate van teoretiese struktuur aan my mymeringe gegee het. En toe ek uiteindelik in die eerste jaar van my nagraadse LLB by die Universiteit van Kaapstad met Strafreg onder leiding van die inspirerende Solly Leeman kennis maak, was dit vir my 'n groot vreugde om by Strafregteorie betrokke te raak en daaroor navorsing te doen. Ek het nog nooit teruggekyk nie!
Hoe sal jy die relevansie van jou werk – veral in Suid-Afrika – beskryf?
Gegewe die krisis van kriminaliteit in Suid-Afrika, dink ek die ontwikkeling van bekwame, passievolle en etiese strafregpraktisyns is 'n uiters ho? roeping. Die geleentheid om regsontwikkelings en -tendense stelselmatig te ontleed en kritiek daarop te lewer om sodoende die toekomstige ontwikkeling en toepassing van die reg te be?nvloed, is eweneens 'n baie betekenisvolle en belangrike onderneming.
Ons strafregstelsel het al onder baie kritiek deurgeloop. Wat dink jy moet gedoen word om dit te verbeter?
Ek dink ons kan oor die algemeen baie positief wees oor die re?ls en struktuur van ons strafregstelsel. Die regverdigbare kritiek op die strafregstelsel hou verband met kwessies van gebrek aan kapasiteit, probleme met toepassing, vertragings en ongelyke behandeling. Al hierdie faktore kan die regsproses ondermyn en dit aan minagting blootstel. Die doeltreffendheid van die re?ls wat ons gebruik, moet voortdurend ge?valueer en aan die standaarde en waarborge in die Handves van Regte gemeet word. Dit is baie moeiliker om die probleme wat met toepassing gepaard gaan, op te los en dit kan nie sonder politieke wil en beginselvaste leierskap gedoen word nie.
Jy het baie jare in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou aan die gang wanneer dinge moeilik raak?
Ek is baie lief vir my werk. Ek hou daarvan om klas te gee, want ná al my jare in die beroep leer ek nog steeds elke dag iets uit my interaksie met die studente. Die opwinding om te sien hoe studente begryp wat ek hulle leer, en selfs nog beter, om te sien hoe hulle die materiaal saam met my geniet, is uiters lonend. Ek is gek oor navorsing, en die geleentheid om aan te hou leer en my eie perspektiewe uit te daag, is inderdaad 'n wonderlike voorreg. Daar is minder genotvolle dele van die akademiese onderneming – nasienwerk word nie beter hoe langer jy dit doen nie – maar wanneer dinge moeilik raak, moet ek myself net aan hierdie vreugdes herinner.
Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.
Ek het al 'n paar keer rooiwyn gemaak. Een van die kere het ek dit behoorlik en verrassend goed gedoen – met fermentasie en termometers en bottels en etikette. Terwyl ek daarna amper twee dekades lank nie in die Kaap was nie, moes ek klaarkom met 'n uiters basiese resep, met die wyn net-net drinkbaar was. Die pret om die druiwe saam met my dogters te trap, het die hele proses meer as die moeite werd gemaak.
Hoe bring jy jou vrye tyd deur?
Ek spandeer graag tyd saam met my gesin en om musiek te luister en om vrye tyd te hê vir lees. As ek die elemente van gesin, rooiwyn, bereiding en eet van goeie kos, musiek en dans in die kombuis kan kombineer, is die lewe inderdaad baie lekker.
- Foto deur Ignus Dreyer ((Stellenbosch Centre for Photographic Services)?