肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inspirerende leierskap: US se nuwe MH-hoof neem die voortou
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 14/09/2023

?Miriam Hoosain bedink haar antwoord versigtig wanneer jy haar vra om haarself te beskryf. “Nuuskierig" sal ? gepaste woord wees, besluit sy. “Een ding wat mense van my sê, is dat ek altyd miljoene vrae vra," lag sy. “Het jy hieroor gedink...? En wat daarvan...? Maar hoekom probeer ons dit nie so nie...? Ek vra inderdaad baie vrae en daarom hou ek daarvan om in ho?ronderwys te werk."

Die Universiteit Stellenbosch (US) se pas aangestelde hoofdirekteur van Menslike Hulpbronne (MH) is ook mal oor die woord “kompleksiteit". Met meer as 20 jaar se ondervinding in MH in ho?ronderwys, is die kompleksiteite en eise van bestuur in 'n groot en dinamiese instelling niks nuuts vir haar nie. Sy was voorheen die Uitvoerende Direkteur van die Universiteit van Kaapstad (UK) se MH-afdeling en het ? indrukwekkende akademiese resumé.

Voordat sy in 1999 by die UK aangesluit het, het sy as navorser in die Sentrum vir Epidemiologiese Navorsing by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad gewerk. Hoosain het  ? intensiewe belangstelling in menslike sielkunde en vrouegesondheid en het in hierdie velde gestudeer en gewerk, asook op die gebied van epidemiologie en biostatistiek. As ? navorser by die Geslagsgelykheidseenheid by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) was haar fokus op geslag en diensbillikheid. Hoosain was aan die begin van haar loopbaan 'n lektor in statistiek by die Departement Sielkunde van die UWK en het ook tydens haar genootskap aan die Colombia-Universiteit as 'n navorser by die New York Psychiatric Institute in die VSA gewerk.

Dit is haar nuuskierigheid oor mense en die wêreld wat haar op hierdie multidissiplinêre pad gelei het, verduidelik Hoosain. “Toe ek jonk was, wou ek eintlik 'n veearts word, maar tydens apartheid was dit nie 'n maklike opsie vir iemand van kleur nie. As kind het ek rondloperdiere versamel en in ? stadium het ek sewe katte en vyf honde gehad. My arme ma!"

Haar liefde vir diere is steeds daar, maar sy het nou net twee katte. Hoewel sy graag weer honde sou wou hê, is sy tans eenvoudig te besig om behoorlik vir hulle te sorg. Die hoogtepunt van haar daaglikse rit na Stellenbosch van haar huis in Kaapstad se suidelike voorstede is om diere langs die pad in die landelike omgewing te sien. “Dit verbly my hart as ek daai koeie sien. Dis betowerend."

Maar Hoosain is ook vinnig om die kompleksiteit onderliggend aan hierdie vreugdevolle ervaring te identifiseer. “Ek is baie bewus van omgewingsvolhoubaarheid, so om hierdie hele pad te ry en tot besoedeling by te dra laat my wonder of dit die beste is wat ek kan doen? Is daar ? ander manier?"

Veranderende werkomgewing

Sy skram nie weg van die tameletjie van ? ho?ronderwysinstelling waar personeel tydens die Covid-pandemie gewoond geraak het om van die huis af te werk nie. Wanneer werkers weer na 'n voltydse kantoorroetine terugkeer, moet verwagtinge van alle kante versigtig bestuur word, erken sy. “Die feit is, die wêreld van werk het verander. Ons moet aanvaar dat dit nie weer dieselfde gaan wees nie. Ons het met mense te doen en ons is komplekse wesens; ons het almal verskillende behoeftes en sterkpunte."

Alhoewel sy sterk oor regverdigheid en konsekwente beleide voel, is Hoosain nie 'n voorstander van “een-grootte-pas-almal" oplossings nie. “In die akademie gedy ons op kompleksiteit. As jy hierdie benadering op 'n MH-perspektief toepas, moet jy die kompleksiteit van die omgewing en die kompleksiteit van menswees in ag neem.

“Besluite oor hoe ons werk moet onder meer bepaal word deur die aard van die rol en die behoefte aan wat gelewer moet word. Werkgewers moet anders dink oor hoe om ? wen-wen-oplossing te bereik, beklemtoon sy. “Hoe bereik ons die doelwitte van die organisasie en help ons ons personeel terselfdertyd om hul doelwitte te bereik? As ons daardie aspekte so naby as moontlik in lyn kan kry, sal ons met werkbare benaderings vorendag kom. En ons sal die beste personeel kan lok en behou en ons doelwitte kan bereik."

As sy daaraan herinner word dat sy haarself eens as ? “werkverslaafde" beskryf het, sê Hoosain dit is soms verhelderend om oor jou jonger self te besin. “Ek het dit meer as tien jaar gelede gesê en miskien sien sommige mense my nog so. Ek is gelukkig dat ek lief is vir wat ek doen en ja, ek is baie passievol oor my werk, maar ek het die belangrikheid van doelbewuste rustye inruim besef, asook dat leiers baie bedag moet wees op die soort gedrag wat hulle voorhou."

Hoosain en haar man geniet die tyd wat hulle saam met hulle twee volwasse seuns en skoondogter deurbring. “My oudste seun en sy vrou woon en werk in Nederland en ons was gelukkig genoeg om hulle vroe?r vanjaar te besoek en gesinstyd saam te geniet."  

Transformerende leierskap

Hoosain beskryf haar leierskapstyl as “transformerend". Sy is opgewonde oor die uitdaging om MH-funksies te transformeer van oorwegend administratief en operasioneel tot meer strategies gefokus en in lyn met die Universiteit se organisatoriese doel en doelwitte. “Dit klink na 'n cliché, maar jy moet mense met jou saamneem. Jy moet mooi luister. Daar is soveel wysheid in elkeen van ons."

'n Universiteit word gemeet aan die sukses van sy mense, meen Hoosain. Haar benadering is altyd organisasie- en mens-gesentreerd met ? sterk klem op groei, ontwikkeling en kreatiwiteit. Sy floreer in ? konsulterende, samewerkende omgewing en is die gelukkigste wanneer sy idees met ander kan deel en saam met ander kan innoveer. Sy is gretig om die uitdaging aan te pak om onnodige burokrasie te vereenvoudig en lomp stelsels te hersien. “As jy nie op organisasie-ontwikkelingsinisiatiewe fokus nie, werk jy op 'n vlak wat operasioneel en transaksioneel bly en sal jy nie regtig verandering sien nie. Die hersiening van besigheidstelsels en outomatisering van prosesse help akademici en navorsers om op hul kern-take gefokus te bly sodat hulle nie in burokratiese rompslomp verdrink nie."

Hoosain het in Mei vanjaar by die US aangesluit kort voordat sy ? geestelike pelgrimstog na Mekka onderneem het. Sy besin aangrypend oor dié reis wat ten doel het om ? nederige ervaring vir Moslems te wees. “Wanneer jy op die Hajj-pelgrimstog na die heilige land gaan, moet jy meer bewus raak, jouself van enige ego-kwessies stroop en jouself van alle vooroordele en 'ismes' bevry – rassisme, seksisme en ouderdomsdiskriminasie – om een met die mensdom word. Geklee in ? eenvoudige wit gewaad kan jy nie van enigiemand anders onderskei word nie, ongeag jou status by die werk, rang, rykdom of nasionaliteit … Dit is 'n pragtige ervaring wat jou werklik nederig laat voel."

Sy het ge?nspireerd en gemotiveerd van die pelgrimstog teruggekeer om die eise van haar nuwe werk aan te pak, sê Hoosain. “Ek voel uiters gese?nd om hierdie geleentheid te kry om 'n bydra te kan lewer. Ek dink die US is ? spesiale werkgewer. Ek is baie opgewonde oor my rol hier. Een van die hoogtepunte van my lewe is die wonderlike mense saam met wie ek kan werk. Ek het al wonderlike mense by Stellenbosch ontmoet, kollegas by wie ek kan leer en by wie ek op werklik betekenisvolle maniere betrokke kan raak."

As 'n bonus vir US-werknemers deel Hoosain 'n paar wenke vir werksonderhoude:

  • Eerstens, wees jouself en praat eerlik. Onderhoudpanele kan redelik maklik agterkom as jy nie outentiek is nie.
  • Moenie haastig antwoord nie, luister na die vrae en moenie reageer voordat jy presies verstaan wat gevra word nie. Dink na oor jou antwoord of vra duidelikheid oor die vraag as jy moet.
  • As jy nie regstreekse werkservaring in antwoord op 'n onderhoudsvraag het nie, dink mooi na oor hoe jy jou bre?r lewenservarings kan koppel aan die pos waarvoor jy aansoek doen. Probeer om verbande te vind met dinge wat jy in jou lewe gedoen het, selfs al is dit nie werkverwant nie, maar iets wat jy byvoorbeeld in jou gemeenskap of as ouer gedoen het.