?Die nominasies om die vakature in die US Raad vir ? lid van die Konvokasie te vul, het op 20 Augustus 2023 gesluit. Ons maak graag van die geleentheid gebruik om die name van die kandidate te deel:
Mnr Jan Naude de Villiers
Mnr Tim du Plessis
Prof Joan Hambidge
Dr Trunette Renee Joseph
Mev Zibu MaSotobe
Mnr Johan Acker Smit
Dr Louise van Rhyn?
Klik hier vir die kandidate se visiestellings en CV's en ook om the stem.
Lede van die Konvokasie het reeds 'n amptelike kennisgewing ontvang met die tersaaklike inligting oor die stemproses. Indien u nie hierdie kennigewing ontvang het nie reik asb uit na konvokasie@sun.ac.za om u inligting op te dateer.
Lede het tien (10) kalenderdae om hul stem digitaal uit te bring. Die stemportaal is oop sedert 08:00 op Maandag, 28 Augustus 2023 en sluit op Donderdag, 7 September 2023 om 23:59.
Ons het addisionele kubersekuriteit op die stemportaal aangebring. Lede wat Internet Explorer gebruik, ondervind tans probleme om in te teken. Dit is grootliks weens die feit dat Microsoft nie meer Internet Explorer aktief ondersteun nie. Ons versoek dat u asb ? alternatiewe websoek-enjin oorweeg. Indien u dit om enige ander rede moeilik vind om u stem uit te bring, reik gerus uit na verkiesings@sun.ac.za vir bystand.