肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging: Sosiale Impak-ori?nteringsessie: 3 April 2025
Begin: 03/04/2025, 09:00
Einde: 03/04/2025, 14:00
Kontak:Mawethu Nyakatya - 021 808 9142
Plek: Old Lückhoff Building, Banghoek Road, Room 1002

Die Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) nooi alle nuwe en bestaande akademiese en professionele, administratiewe, en steundienstepersoneel na 'n Sosiale Impak-ori?nteringsessie.

Die doel van die ori?ntering is om deelnemers aan Sosiale Impak as 'n sleutelstrategie van die Universiteit Stellenbosch (US) bekend te stel; ori?ntering in verband met die konsepte en praktyke van Sosiale Impak te voorsien; en die ondersteuning wat die CASIT bied te beklemtoon.

Teen die einde van die ori?nteringsessie sal deelnemers 'n duidelike begrip hê van die Universiteit se visie om kennis in diens van die samelewing te bevorder, asook hoe die CASIT 'n bemagtigende rol speel om personeel en studente te ondersteun ter verwesenliking van hierdie visie.

Datum: 03 April 2025
Tyd: 09:00-14:00
Plek: Old Lückhoff-gebou, Banghoekweg, Lokaal 1002

Registreer asseblief teen Vrydag 27 Maart 2025: https://forms.office.com/r/zV1tasniHh