肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inligting oor die opkomende eksamen

?Beste studente

Welkom terug op kampus ná die September-reses. Ons hoop julle is goed uitgerus en dat julle uitsien na die pylvak van die 2022- akademiese jaar.
 
Die pandemie het die afgelope paar jaar baie uitdagings vir die lewe op kampus ingehou. Danksy julle aanpasbaarheid en harde werk kon ons egter die 2020- en 2021- akademiese jare suksesvol voltooi en is ons nou verheug om julle terug te hê op kampus.
 
Met assesserings wat aan die einde van Oktober begin, wil ons julle graag inlig oor die volgende belangrike re?lings: 
 
1. A2- en A3-asseserings

Die komende A2- en A3-assesserings sal, soos beplan, vanaf Dinsdag, 25 Oktober tot Saterdag, 3 Desember 2022 voortgaan – in persoon op kampus onder toesig.

Studente word herinner om alle assesseringsr?els streng na te kom. Lees die re?ls hier. Hierdie re?ls is van toepassing op Stellenboschkampus studente asook ? paar Tygerbergkampus studente wat hul assessering op Stellenboschkampus aflê.

Studente word daaraan herinner om geen reisplanne te maak vir die volle duurte van die assesseringstydperk nie in geval hulle kwalifiseer vir ’n tweede geleentheid/A3-assessering wat op kampus moet plaasvind. Geen spesiale re?lings sal getref word nie.

2. Nuwe assesserings- (eksamen-)antwoordboek

Ons het ’n nuwe assesserings- (eksamen-) antwoordboek in 2021 bekendgestel. Alle studente moet hulleself vergewis van die instruksies oor die voltooiing van die antwoordboek. Ons het ’n ‘handleiding’ ontwikkel om jou hiermee te help. Klik hier om na die video te kyk.
 
3. 肆客足球-protokolle

Hoewel ons protokolle minder streng is, versoek ons vriendelik dat, indien jy 肆客足球-verwante simptome toon, jy ’n masker dra, op ’n veilige fisiese afstand van ander bly en jou hande gereeld ontsmet. Ontsmettingstasies sal voor by die ingang van die gebou gele? wees. Julle word ook aangemoedig om julle eie ontsmettingsmiddel saam te bring om gereeld julle hande te ontsmet.
 
Beste wense vir die res van die akademiese jaar en vir die assesseringstydperk.
 
Dr Ronel Retief
Registrateur?