Kontak:Dr Yaseera Ismail
-
Plek: Endler Consert Hall, Stellenbosch 肆客足球
?U word vriendelik uitgenooi na 'n spesiale gaslesing deur die 2018 Nobelpryswenner, Prof. Donna Strickland. The lesing word aangebied onder die vaandel van die Internasionale Optiese Vereniging en die 2024 Internasionale Optika Konferensie wat in Suid-Afrika plaasvind. Die lesing word ondersteun deur Universiteit Stellenbosch se Departement Fisika, die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding se Toekomstige Professore Program, die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS) en die Academy of Science of South Africa (Assaf).?
Abstrak
Met die uitvinding van lasers is die intensiteit van liggolwe verhoog tot 'n grootteorde wat baie ho?r is as wat met 'n gloeilamp of sonlig bereik kon word. Hierdie lig van 'n veel ho?r intensiteit, het daartoe gelei dat nuwe verskynsels waargeneem is, soos dat violet lig uitgekom het wanneer rooi lig in die materiaal ingegaan het. Nadat ek en Gérard Mourou chirped pulse amplification ook bekend as CPA ontwikkel het, het die intensiteit wéér met meer as 'n faktor van 1 000 verhoog en het dit weer eens nuwe tipes interaksies tussen lig en materie moontlik gemaak. Ons het 'n laser ontwikkel wat kort ligpulse kon lewer wat die elektrone van hul atome afgeslaan het. Hierdie nuwe begrip van laser-materie-interaksies het gelei tot die ontwikkeling van nuwe masjienleertegnieke wat gebruik word in laseroogchirurgie of mikrobewerking van glas wat in selfone gebruik word.
Meer oor Prof. Strickland
Donna Strickland is 'n professor in die Departement Fisika en Astronomie aan die Universiteit van Waterloo en is een van die ontvangers van die 2018 Nobel Prys vir Fisika vir die ontwikkeling van chirped pulse amplification saam met Gérard Mourou, haar destydse PhD-studieleier. Hulle het hierdie Nobel-wennersnavorsing in 1985 gepubliseer toe Strickland 'n PhD-student was aan die Universiteit van Rochester in New York Staat. Tesame het hulle die weg gebaan vir die ontwikkeling van die mees intense laserpulsators wat al ooit gemaak is. Strickland was 'n navorsingsgenoot by die Kanadese Nasionale Navorsingsraad, 'n fisikus by Lawrence Livermore Nasionale Laboratorium en 'n lid van die tegniese personeel by Princeton 肆客足球. In 1997 het sy by die Universiteit van Waterloo aangesluit waar haar navorsingsgroep ho?-intensiteit laserstelsel ontwikkel vir nieliniêre optiese ondersoeke. ?
Vir meer inligting, kontak Dr Yaseera Ismail by yaseeraismail@sun.ac.za