肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Indiening van Kreatiewe Navorsingsuitsette vir subsidie-doeleindes 2024

?Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe navorsingsuitsette in te dien by die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.

Die interne sluitingsdatum vir die indien van hierdie uitsette is Vrydag, 5 April 2024.

Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening:  https://redcap.sun.ac.za/surveys/?s=HWXJXJRHHNDAER43

Let op dat die name en kontakbesonderhede van drie eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in u aansoek.

Die databank Figshare (https://figshare.com) is beskikbaar as platform om 'n skakel vir die uitset te skep.

 

Raadpleeg asseblief die FAQ-dokument vir meer inligting met betrekking tot u indiening.

 

 Ons wil graag sekere belangrike aspekte uitlig:

 Kategorie? wat kwalifiseer vir subsidie asook kontakpersone indien verdere inligting spesifiek tot die kategorie verlang word:

 

Kontakpersone vir algemene navrae:

    • Whitney Prins                           (021 808 9971; whitney@sun.ac.za)

    • Maryke Hunter-Hüsselmann (021 808 4623; mh3@sun.ac.za

 

Kontakpersoon vir hulp met die aanlyn vorm:

    • Jennifer De Beer                     (021 808 9444; jad@sun.ac.za

Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:

n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer is in die periode 2021-2023 in aanmerking kom.

 

NB: Let asseblief daarop dat onvolledige aansoeke nie in aanmerking sal kom nie en dus nie vir subsidie doeleindes verwerk kan word nie. 


http://www.sun.ac.za/english/research-innovation/Research-Development/creative-outputs?