????????????????????????????????????????? Campus-Reporting.jpg

Verskeie opsies is aan personeel, studente en belanghebbendes van die Universiteit Stellenbosch (US) beskikbaar om kwessies soos onbillike diskriminasie, teistering, gender gebaseerde geweld, korrupsie, bedrog, en klagtes oor taalbeleidimplementering aan te meld.Meld die klagtes direk by die betrokke Universiteitstrukture aan of, as alternatief, kontak die twee onafhanklik bestuurde kontrakteurs of die onafhanklike Ombud by die US.?

?
? ?

Diskriminasie en Teistering


Rapporteer enige voorvalle van onbillike diskriminasie en teistering, waaronder rassisme, viktimisasie, seksuele viktimisasie, seksuele misbruik, gender- en identiteitsdiskriminasie. Die rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook elektronies aangemeld word by unfair@sun.ac.za, of persoonlik by die Eenheid vir Gelykwaardigheid, te Huis Simon Nkoli House, Victoriastraat 39, Stellenbosch.

Klik hier om te raporteer??


?

Gender-gebaseerde geweld


Rapporteer alle vorme van seksuele wangedrag, gender gebaseerde geweld, seksuele misbruik, intiemepare geweld en viktimisasie, ingesluit seksuele teistering, agtervolging, verkragting en seksuele dwang. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig.

Klik hier om te raporteer

Bedrog en korrupsie

Rapporteer enige voorvalle van swak beheer en bestuur, belangebotsings, oneerlikheid, omkopery, afpersing, misbruik van US-bates, wanvoorstelling, of die skending van interne beheermaatre?ls. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook via e pos aan sun@ethics-line.com gestuur word, of skakel 0800 204 549.


? Klik hier om te raporteer

Onafhanklike wenke oor diskriminasie

Deur die onafhanklik gemoniteerde 24-uur-aanmelddiens kan personeel en studente voorvalle van onder meer rassisme, onbillike diskriminasie, viktimisasie en teistering aanmeld. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook per e-pos aangemeld word by SU_unfair@tip-offs.com of skakel 0800 346 346 (tolvry).

Klik hier om te raporteer




Implementering van US Taalbeleid

?

Personeel of studente wat meen dat hulle negatief deur die implementering van die US Taalbeleid geraak word, het verskeie kanale waardeur ’n klagte ingedien kan word. Klagtes moet in ooreenstemming wees met die prosedures wat in artikel 8.5 en 8.6 van die beleid bepaal word en kan gerig word aan die dekaan van die fakulteit, die departementshoof, die fakulteitsvoorsitter, die Akademiese Belangeraad by academicaffairs@sun.ac.za, of aan die US se onafhanklike Ombud ombudsman@sun.ac.za

Lees die US taalbeleid hier


Onafhanklike Ombud


Die Kantoor van die Ombud by die US bied ’n kanaal waardeur studente, ouers en personeel se kwessies en klagtes onafhanklik hanteer kan word indien die bestaande Universiteitstrukture dit nie langs die gebruiklike we? na wense hanteer nie. Die Ombud kan elektronies by ombudsman@sun.ac.za bereik word. Die Ombud kan elektronies by
? ombudsman@sun.ac.za bereik word.


? Besoek die ombud webblad hier




?Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting

Die Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om die privaatheid van ons studente, werknemers en vennote te beskerm, in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPIA), asook enige verwante Suid-Afrikaanse wetgewing, globale rigtinggewende praktyk??e, en die Universiteit se verbintenis tot goeie institusionele bestuur. Ons respekteer jou privaatheid en mag nie jou inligting aan ander instellings of maatskappye verkoop of dit met hulle deel om vir hul eie doeleindes gebruik te word nie.



Jou vertroulikheid: Die US beskou alle inligting wat die klaer of fluitjieblaser verskaf as vertroulik en mag dit slegs deel indien ons wetlik verplig word om dit te doen, indien ons dit moet doen om ons ooreenkoms met jou na te kom, of indien ons jou toestemming daartoe bekom het.