??????????????

#Kiesinenting: Kom ons beweeg saam vorentoe

Opskietsentrum vir 肆客足球-inenting

Ons Lentelus-inentingsterrein in Hammanshandweg, Stellenbosch, is oop vir personeellede, studente en lede van die gemeenskap. Die fasiliteit is oop van Maandae tot Vrydae (08:30–15:30), en instapkli?nte is welkom. Personeellede kan ook steeds van ons universiteit se inentingsportaal gebruik maak om ’n vaste datum en tyd vir hulle inenting te ontvang. Sowel die Pfizer- as Johnson & Johnson-entstof is te kry, en so ook versterkingsdosisse vir diegene bo 18. Let asb op die volgende:

  • Die tussenpose tussen die eerste en tweede (primêre) Pfizer-inenting word van 42 dae tot 21 dae verkort. Jy sal ook nou ’n versterkerdosis 90 dae ná jou vorige Pfizer-inenting kan ontvang (in plaas van 180 dae).
  • Die tussenpose tussen die primêre J&J-inenting en die versterkdosis word tot 60 dae verminder.

As jy nog nie inge?nt is nie, registreer asseblief op die EVDS (die elektroniese inentingsdatastelsel) en onthou om jou identiteitsdokument saam te bring wanneer jy die inentingsterrein besoek.

Daar is dalk ook ’n inentingsterrein nader aan jou huis waarheen jy eerder wil gaan. Klik hier vir ’n lys van provinsiale inentingsfasiliteite. Verdere inligting oor die entstowwe is hier te kry.

 

Registrasie

Om jou inenting te kry, moet jy op die nasionale Elektroniese Inentingsdatastelsel (EVDS) registreer, op enige van die volgende maniere:

  • Selfregistrasiewebportaal: https://vaccine.enroll.health.gov.za
  • Skakel *134*832*ID-nommer# op jou selfoon. (Geen ID? – Skakel *134*832#)
  • WhatsApp: Stuur die woord “REGISTER” na 060 012 3456
  • Tolvrye blitslyn: 0800 029 999

Ná EVDS-registrasie moet personeellede ook op die US se inentingsportaalregistreer, waar hulle verdere inligting oor hulle inentingsdatum en -tyd sal ontvang.

Lokaal

Die inentingsterrein sal in die Lentelusklubhuis by die US se sokkerkompleks in Hammanshandweg gele? wees. Die lokaal is maklik toeganklik en het volop parkeerplek.

 

Verdere inligting

Vir vrae, kontak gerus die US se Kampusgesondheidsdiens by chs@sun.ac.za of 021 808 3169.

?????
??????