??
ALOV Onderrig-Leer-Assessering Seminaar
U word genooi na die kwartaallikse Onderrig-Leer-Assessering seminaar, aangebied
deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (OLA): ?
Spreker: Dr Marnel Mouton (?Natuurwetenskap) ?
Onderwerp: Koester die Toekoms: Steun studentesukses deur die verlengde kurrikulumprogram in STEM en verder
Tyd: 13:00-14:00
Plek: MS Teams: ?Join the meeting now
As die ontvanger van die US Onderriggenootskap in 2022, het dr Marnel Mouton die transformerende rol van die verlengde kurrikulumprogram (VKP) in STEM ten opsigte van groter toegang, die ondersteuning van studenteontwikkeling, en die aankweek van akademiese sukses in die STEM-vakgebiede, verken. Gegrond in haar ondervinding as ? opvoeder, ko?rdineerder en opvoedkundige navorser, sal sy die hoofuitdagings en -suksesse met die navigasie van die komplekse kruispunt tussen gereedheidsuitdagings en die verwerkliking van potensiaal uitlig. Aan die kern hiervan is die belangrikheid van ? hanteerbare oorgang na ho?r onderwys, sterk steunstrukture, ? gevoel van behoort/tuishoort, toegewyde akademiese personeel, doelbewuste vaardigheidsontwikkeling en stewige grondslagkennisbou – wat alles bydra tot studenteagentskap, verbeterde behoud, ho?r deursette en meer doelgerigte akademiese reise.
In hierdie seminaar verken dr Mouton die institusionele toestande wat nodig is vir sukses in ho?r onderwys verder deur die lesse wat uit die VKP geleer is. Deur bewysgebaseerde insigte beoog sy om oor te dra hoe doelbewuste, studentgerigte betrokkenheid beide akademiese prestasie en persoonlike groei, en dus studentesukses, kan aandryf.
Meer inligting oor die seminaar is beskikbaar van dr. Nicoline Herman by nherman@sun.ac.za