?Vanjaar se lesing word gelewer deur me Busisiwe Mavuso, HUB van Business Leadership South Africa.
Busisiwe Mavuso is 'n gesertifiseerde geoktrooieerde rekenmeester wat deur die Association of Chartered Certified Accountants(ACCA, VK) geakkrediteer is. Sy het twee magistergrade verwerf: 'n Magister in Filosofie en Toegepaste Sakeleierskap en Bestuur aan die UCAM (Universidad Católica San Antonio de Murcia, Spanje) en 'n Magister in Sakeleierskap aan UNISA (die Universiteit van Suid-Afrika). Daarby beskik sy oor 'n Nagraadse Bestuurskwalifikasie van GIBS (Gordon Institute of Business Science, Johannesburg) en 'n Baccalaureus in Rekeningkundige Wetenskap (BCompt) van UNISA. Sy werk tans aan 'n PhD.
Busi dien as nie-uitvoerende direkteur van die Allan Gray Orbis Foundation (AGOF), Business Unity South Africa (BUSA), Business Against Crime South Africa (BACSA) en Resultant Finance ('n maatskappy waarin Public Investment Corporation 'n belegger is). Deur middel van haar rolle in die Ontwikkelingsraad vir Menslike Hulpbronne (Eng. HRDC) en die Council of Social Justice Champions (COSOC) dra sy tot nasionale ontwikkeling by. Sy vind ook nog tyd om vennoot van die Allan Gray Sentrum aan die Universiteit van Kaapstad te wees, en lid van die Institute of Directors in South Africa (IoDSA), die ACCA en die Young Presidents' Organization (YPO).
Busi is al met verskeie toekennings vir haar leierskap en invloed vereer. Daaronder tel die Africa Brand Summit se Influencer of Influencers-toekenning in 2020, tweede naaswenner van Daily Maverick se Sakepersoon van die Jaar in 2021 en 'n sertifikaat van erkenning vanaf die Women in Economic Development Leadership Forum in 2022. Haar mees onlangse prestasie was toe sy as 2024-naaswenner van die Future Leader Form se Sakeleier van die Jaar aangewys is.
Hierdie jaarlikse erelesing word finansieel deur die Konrad Adenauer Stigting ondersteun met die oogmerk om 'n platform vir ons studenteleiers, akademici en alumni sowel as die bre?r internasionale gemeenskap te skep om krities met aktuele kwessies rakende demokrasie en oorsigbestuur om te gaan.
Tema: Alledaagse burgerleierskap: 30 jaar en verder. Hoe leef ons ons burgerskap uit anders as met verkiesings?
Datum: Dinsdag 12 Augustus 2025
Tyd: 17:30 vir 18:00, tot 20:00
Plek: Hibridiese geleentheid – Wallenberg Navorsingsentrum by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS), Maraisstraat 10, Stellenbosch, of aanlyn
Kleredrag: Netjies informeel
RSVP: Sitplek is beperk. Klik dus asseblief hier om voor 6 Augustus aanlyn te bespreek.
As u aantoon dat u aanlyn gaan bywoon, sal u die skakel op Dinsdag 12 Augustus ontvang. Rig asseblief verdere navrae aan fvzs@sun.ac.za.
Ons sien daarna uit om u by vanjaar se lesing te verwelkom.