肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke: Studente Assistente

Die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG), wat deel van die Afdeling Studentesake vorm, se primêre doel is studenteontwikkeling met behulp van ? bre? spektrum kokurrikulêre aktiwiteite, wat onder ander leierskapontwikkeling en die integrasie van die studente se universiteitsbelewenis op verskillende vlakke insluit. Dit behels dus spesifiek die integrasie van die kurrikulêre en ko-kurrrikulêre universiteitsbelewenis van koshuis en dagstudente. Dit word prakties uitgevoer deur die bevordering van die kluster-inisiatiewe en die vorming van gesonde luister-, leer- en leefgemeenskappe. Die bestuursprosesse van die SSG is waardegedrewe en word op navorsing en die welweesbenadering gegrond.

Die SSG wil vir die tydperk 1 Januarie 2018 tot 30 November 2018 ses (6) studente-assistente aanstel in die volgende portefeuljes in die Sentrum:

  • Res-ed
  • Luister, Leer en Leef (LLL)
  • Privaat Studente Organisasie (PSO)
  • Multikulturele opvoeding
  • Mentorprogram
  • Algemene administrasie

Pligte sal die volgende insluit:

  • Hanteer van die ontvangsarea
  • Ontvang van besoekers
  • Hanteer van inkomende oproepe
  • Liassering
  • Bode diens
  • Algemene administrasie mbt tot die portefeuljes

Vereiste:

  • Moet voorheen in ? studenteomgewing gewerk het.

Werksure: 15 uur per week
Vergoeding: R3 745 pm
Sluitingsdatum: Vrydag, 10 November 2017

Navrae: Gareth Cornelissen: 021 808 2028 / gmc@sun.ac.za
Aansoeke: E-pos jou CV aan grantw@sun.ac.za