肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch vier Aardedag 2023 met 'n twee dae lange uitstalling by Jan Mouton
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 05/04/2023

?Ons vier Aardedag op 22 April 2023, en die Universiteit Stellenbosch begin reeds vroeg vier met 'n omgewingsvolhoubaarheid-ekspo by die Jan Mouton-leersentrum op 13 en 14 April 2023.

Die US omgewingsvolhoubaarheid-ekspo Expo 2023 het ten doel om die kampusgesprekke rondom omgewingsvolhoubaarheid te verbreed, om die US Omgewingsvolhoubaarheidsplan te bevorder, betrokkenheidgeleenthede oor die Net Zero Carbon-veldtog te skep, en om die weg te baan vir 'n jaarlikse kampusgeleentheid as deel van globale Aardedag-vieringe.

As deel van die geleentheid sal Prof Guy Midgley, waarnemende direkteur by die US se Skool vir Klimaatstudies en wêreldbekende navorser oor klimaatsverandering, 'n praatjie doen oor How to Avoid Climate Disaster: An African View, wat aansluit by Aardedag se oproep tot aksie: Belê in ons planeet. As deel van die gesprek sal hy 'n paneelbord demonstreer wat jy kan gebruik om te sien hoe verskillende ingrypings klimaataksie met verskillende scenario's kan be?nvloed.

Die uitstallers sluit in omgewings binne die US wat betrokke is by klimaatsveranderinggesprekke, soos US Fasiliteitsbestuur, die SDG/2063 Impak Hub wat bemoeid is met die Volhoubaarheidsontwikkelings Agendas van beide die VN en die AU (DVOs/SDG's) by die US, Die Skool vir Klimaatsverandering, EcoMaties, die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie (CRSES), en maatskappye wat die US help om by 'n netto nul-kampus uit te kom, soos Alveo, CRSES, Wasteplan, GBCSA, en ander. 

Sluit aan by die US-gemeenskap en verbind jou om ons koolstofvoetspoor te verklein. Jou naam sal outomaties gevoeg word by 'n gelukkige trekking.

Verskeie toere en aktiwiteite word ook vir die week van 17-21 April 2023 beplan.

Daar is 'n geleentheid op Vrydag, 14 April, tussen 11:00 – 13:00 vir US-personeel en studente om by ons aan te sluit vir 'n informele gesprek oor die bevordering van die volhoubaarheidsgesprek oor fakulteite en departemente heen. 'n Aantal navorsers van US sal deel wees van hierdie sessie waar hulle praat oor hulle navorsing, en hoe om volhoubaarheid in te sluit by 'n studie.

Ekspo-datums: Donderdag en Vrydag, 13-14 April, 11:00 – 14:00

Plek: Jan Mouton leersentrum 2de en 3de vloer voorportale.

Dit is noodsaaklik om te RSVP vir Prof Midgley se praatjie (13 April 12:30 tot 13:30) om of in-persoon of aanlyn by te woon. Registreer hier?


Vir navrae kontak:

Christine Groenewald by cgroenewald@sun.ac.za of 084 270 4489