肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sagtewareprogrammeerder vir ’n finansi?le tegnologiemaatskappy
Outeur: Laura van Laeren (Faculty of Science: Media and Communication)
Gepubliseer: 22/04/2022

?“Wees kreatief, veerkragtig en onthou, daar is plek vir almal!" - Annika Nel, HonsBSc in Rekenaarwetenskap (2020)

Annika Nel wat reeds ondervinding opgedoen het as datawetenskaplike, werk tans as 'n sagtewareprogrammeerder by ClearScore, 'n finansi?le tegnologiemaatskappy. Sy het in 2018 aan die Universiteit Stellenbosch (US) gegradueer met 'n BSc in Wiskundige Wetenskappe met fokus: Rekenaarwetenskap, en het in 2019 Wiskunde en Teoretiese Fisika bykomend as hoofvakke geneem. In 2020 het sy toe 'n HonsBSc in Rekenaarwetenskap verwerf.

'n Tipiese dag in haar lewe as sagtewareprogrammeerder behels kodering, 'n paar vergaderings en baie naspeurwerk en probleemoplossing. “Die meeste van my werk behels die instandhouding of byvoeging van kenmerke tot dienste wat die basis vorm van ons maatskappy se toepassing," verduidelik sy. “Ek werk in 'n klein span wat die Suid-Afrikaanse gedeelte van die besigheid uitmaak.   Ek het egter in my daaglikse doen en late gereeld kontak met programmeerders in die VK en Australi?. Ons werk met voorpunttegnologiet en einde meer as 16 miljoen gebruikers wêreldwyd tot diens te wees." Sy geniet dit om as programmeerder oplossings te ontwerp en te implementeer waarop sy trots kan wees. Sy hou ook daarvan om sáám met ander programmeerders te werk en om by spanlede buite haar werksfeer te leer oor die besigheid.  

Annika sê dat die benadering tot sagteware-ontwikkeling wat sy as student by die US geleer het, van groot waarde is in haar dag-tot-dag besluitnemings terwyl sy kodeer. “Die funksionele programmeringskursus in die besonder, en die werk wat ek vir my HonsBSc-projek gedoen het, (wat gefokus het op die kombinering van masjienleer met swermintelligensie ten einde 'n nuwe klassifiseerder te skep) het 'n groot rol gespeel in my aanstelling in my huidige pos by ClearScore. In 'n meer algemene sin het die uitdagende modules wat ek geneem by die US, my vermo?ns ontwikkel – meer as waartoe ek gedink het ek in staat was en ek het meer vertroue in my eie vermo?ns gekry."

Sy wys daarop dat die tipe vaardighede wat jy verkry as jy rekenaarwetenskap studeer, 'n wye wêreld van loopbaangeleenthede vir jou oopmaak. “Jy kan jou kennis gebruik om probleme in byna enige sektor te help oplos. So, wees kreatief, veerkragtig en onthou, daar is plek vir almal!"

Klik hier vir nog #100loopbane in die natuurwetenskappe-artikels.