肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Loopbane in die wetenskap: toegepaste wiskunde in die bankwese
Outeur: Laura van Laeren (Faculty of Science: Media and Communication)
Gepubliseer: 13/04/2022

?“Ek geniet die bankwese omdat daar soveel verskillende rolle is wat jy vervul en soveel verskillende mense is waarmee jy daagliks te make het." – Carlien Tilly (Fick), MSc in Toegepaste Wiskunde (2017)

Carlien Tilly (Fick) het in 2014 'n BSc in Wiskundige Wetenskappe en in 2015 'n HonsBSc in Toegepaste Wiskunde in 2015 aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Sy sluit haar studies in 2017 af met 'n MSc in Toegepaste Wiskunde. Tans werk Carlien vir die ING Bank Netherlands, ? een van die grootste finansi?le diensverskaffers in Nederland ? as 'n evalueerder van kredietriskomodelle. Sy het voorheen as kwantitatiewe analis vir onderskeidelik FNB en Nedbank in Suid-Afrika gewerk.  

“In my huidige pos is ek deel van 'n span evaueerders wat verskillende programmeringsgereedskap gebruik om al die komponente van 'n spesifieke kredietrisikomodel te evalueer," verduidelik Carlien. “Ons bepaal of die spesifieke model geskik is vir gebruik." Dit wat sy as toegepaste wiskundige die meeste van die bankwese geniet, is om die wiskundige, statistiese en programmeringsvaardighede op 'n opwindende en uitdagende wyse te gebruik wat sy gedurende haar studies aan die Universiteit Stellenbosch geleer het. “Ek geniet die bankwese omdat daar soveel verskillende rolle is wat jy vervul en soveel verskillende mense is waarmee jy daagliks te make het," sê sy. “Ek dink ons kursusse by die Universiteit Stellenbosch is regtig goed saamgestel en dit lê 'n goeie kennisgrondslag om 'n loopbaan mee te kan begin. My MSc-graad was ook 'n besonder waardevolle leerkurwe, want dit berei jou definitief voor vir die onafhanklikheid en outonomie van 'n werksomgewing end it leer jou die nodige dissipline en  organisatoriese vaardighede."

Haar raad aan voornemende studente wat belangstel in 'n soortgelyke beroep in die bankwese, is om so veel as moontlik by jou dosente te leer en 'n nagrradse kwalifikasie te verwerf indien moontlik. “Ons wonder altyd of dit beter is om onmiddellik met 'n loopbaan te begin en of jy eers met nagraadse studies moet voorgaan," sê sy. “Persoonlik het ek my nagraaadse studie baie waardevol gevind. Jy kry die geleentheid om nou saam met die dosente te werk en te leer uit hulle uitgebreide kennis van hulle onderskeie velde. Indien jy oorsee in die bankwese wil werk, is dit raadsaam om minstens 'n meestersgraad te hê, siende dat daardie ervaring baie waardevol is en jy erkenning kry daarvoor." 

Besoek ons Loopbane in die wetenskap-webblad vir meer profiele van ons BSc-alumni.