肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ainsley Moos nuwe voorsitter van US Raad
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 10/11/2021

Mnr Ainsley Moos, 'n lid van die uitvoerende span van die finansi?le dienstemaatskappy African Rainbow Capital (ARC), is aangewys as die nuwe voorsitter van die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US).

Hy dien sedert 2014 in die Raad en is sedert 2018 ondervoorsitter.

“Dit bly 'n voorreg om in die Raad te kan dien en om met mederaadslede, onder leiding van George Steyn as voorsitter, en die Universiteit se bestuur, onder leiding van prof Wim de Villiers as Rektor en Visekanselier, te kan skakel – tot voordeel van die Universiteit en uiteindelik die groter samelewing. Ek sien uit na beide die geleenthede én die uitdagings wat die voorsittersrol mag meebring," het Moos gesê.

Moos, verantwoordelik vir korporatiewe en belanghebberverhoudinge by ARC, is 'n US-alumnus wat die grade BA, BPhil (Joernalistiek) en 'n MBA aan die Universiteit verwerf het. Hy het ook leierskapsprogramme by GIBS, Wits en Harvard voltooi.

Hy neem op 3 Desember 2021 oor by die huidige voorsitter, mnr George Steyn, wat die dag vantevore die laaste raadsvergadering van die jaar sal lei. Steyn bly egter aan as gewone raadslid totdat sy termyn op 1 April 2022 verstryk. Hy dien sedert 2010 in die Raad.

“Ek is baie dankbaar dat mnr Moos bereid is om as voorsitter te dien. Die US Raad is bevoorreg om iemand van sy kaliber vir ? volgende termyn in die stoel te hê. Ek is daarvan oortuig dat hy 'n uiters bekwame voorsitter sal uitmaak en ons wens hom alle voorspoed toe," het Steyn gesê, wat in 2012 tot voorsitter verkies is.

Prof Wim de Villiers, US-rektor en Visekanselier, het gesê Moos het reeds vir verskeie jare betekenisvolle bydraes in die Raad gemaak, nie net as voorsitter van die Vergoedingskomitee van die Raad nie, maar ook as lid van die Uitvoerende Komitee van die Raad en Menslike Hulpbronnekomitee. “Ons sien baie uit daarna om verder te baat by mnr Moos se bestuurskundigheid én sy bewese kundigheid as kommunikasiespesialis en bestuurder van belanghebberverhoudinge in die korporatiewe wêreld." 

Hy het Steyn ook bedank vir sy jare lange, uiters bekwame, onbaatsugtige en lojale diens aan die Universiteit as Raadslid en Raadsvoorsitter.

  • Die US Raad het ? toesighoudende verantwoordelikheid vir akademiese en bedryfsake, sowel as institusionele beleid en strategie by die instelling.