肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gray bevorder immunologie deur onderrig en uitbreiding
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Sue Segar
Gepubliseer: 29/07/2021

Professor Clive Gray het as ? jong derde jaar-student in die vroe? 1980s in Bristol, in die Verenigde Koninkryk (VK), sy eerste lesing oor immunologie bygewoon, en dit het hom “heeltemal geboei".

“Ek het onmiddellik aanklank gevind by die teen-idiotipiese teorie oor hoe teenliggaampies teenoor ander teenliggaampies in teorie die oorspronklike patogeen kan naboots, en so ? spie?lbeeld van die invallende organisme kan verteenwoordig. Ek het dit besonder intellektueel fassinerend gevind," het Gray, wat onlangs by die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika aangesluit het, gesê.

“Dit het my ook fassineer dat jy immuunselle kry wat vreemde materiaal as nie-self kan herken, maar in ? konteks van die self. Om dus ? geaktiveerde immuunstelsel te kry, kry jy ? self/nie-self herkenning deur T-sel reseptor-herkenning en die major histoversoenbare kompleks. Hierdie gekombineerde kompleksiteit van teenliggame en T-sel interaksies was wonderlik vir my."

“Dit was omtrent 40 jaar gelede. Die teenliggaam-teorie het intussen weggeval aangesien niemand dit kon bewys nie, maar die self/nie-self-konsep is beslis vandag ? paradigma en ons het ander maniere om die immuunstelsel te besigtig ook daarby gevoeg. Vir my gaan hierdie dissipline oor na filosofie."

Gray is ? sellulêre immunoloog en deskundige in MIV en Vigs. Hy is bekend vir sy passie vir immunologie, ? dissipline wat “voeding, metabolisme, fisiologie, patologie en alle areas van gesondheid verbind", en wat hy glo, nie genoeg aandag in Afrika ontvang nie.

Hy was voorheen die voorsitter en professor by die Afdeling Immunologie aan die Universiteit van Kaapstad, asook die direkteur van die Laboratorium vir Weefsel-immunologie by die NHLS/Groote Schuur-hospitaal laboratorium. Hy sien uit daar na om by die Universiteit Stellenbosch aan te sluit.

“Ek wou weg beweeg van universiteit-leierskap en wou terug gaan na navorsing en onderrig. Ek is baie opgewonde om deel van die afdeling te wees."

Gray sal ondermeer ? reproduktiewe immunologie-sentrum stig binne die afdeling by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. “Daar is tans nie so ? entiteit by die universiteit nie. Daar is verskeie inisiatiewe rondom reproduktiewe gesondheid, maar nog niks vir reproduktiewe immunologie nie.

“As ? immunoloog wat vir langer as 20 jaar op MIV-immunologie gefokus het, sal my ori?ntering rondom MIV wees, maar dit sal ook bre?r wees. Ek sal byvoorbeeld kwessies soos die oorsake van pre?klampsie, voortydige geboorte, lae geboorte gewig en ongunstige geboorte uitkomste bekyk. In die hartjie van immunologie is toleransie, wat voorkom dat ? ontwikkelende baba deur die moeder se liggaam verwerp word? Dus moet ongunstige geboorte uitkomste ? immunologiese basis hê, en wat lei na die voortydige breek van toleransie?"

Een van sy hoof doelwitte is om immunologie en reproduktiewe immunologie in Suid-Afrika te bevorder deur innoverende onderrig, en om immunologie te vestig as ? spesialisveld binne die mediese kurrikulum.

“Dit is ? dissipline wat alles aan mekaar koppel ... en die doelwit is om uiteindelike intervensies, behandelings of voorbehoedings te ontwikkel, of dit ? entstof of een of ander middel is. Maar voordat ons daarby kan uitkom, moet ons die beginsels verstaan."

Gray gaan voort: “Reproduktiewe immunologie bestaan nie juis as ? dissipline in Afrika nie. Ons het ? yslike siektelas wat ongunste geboorte uitkomste, soos stilgeboorte en voortydige geboorte, veroorsaak, daarom moet ons verstaan watse impak moedergesondheid tydens swangerskap op die ontwikkelende kind in die baarmoeder het. Die skakel tussen moeder en kind is deur die plasenta, en daarom maak dit sin om die plasenta te bestudeer. Suid-Afrika is een van slegs ? paar plekke ter wêreld waar ons dit in mense kan doen en dit dan aan die groot siektelas kan koppel."

Gray is in 1961 in Londen gebore, het in Noord-Londen skool gegaan, en het in Bristol, in die weste van Engeland, universiteit toe gegaan. Hy het in 1984 die VK verlaat en na Suid-Afrika verhuis. Daarna het hy ? MSc- en PhD-graad by die Universiteit van die Witwatersrand voltooi en het hy ? verdere drie jaar as ? nadoktorale genoot by Stanford Universiteit se Sentrum vir VIGS-navorsing in California deurgebring.

Terug in Suid-Afrika is hy aangewys as die hoof van MIV-immunologie by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Johannesburg, waar hy ? immunologie-laboratorium van wêreldgehalte tot stand gebring het. Hy het ? spesifieke belangstelling in die immunopatogenie van MIV en die vereistes vir entstof-ge?nduseerde immuniteit. Sedertdien het hy ? belangrike rol gespeel in verskeie entstof-inisiatiewe.

In 2004 het hy die Internasionale Leierskaptoekenning van die Elizabeth Blaser Pediatriese Vigs-stigting ontvang, wat hom in staat gestel het om die aanlyn immunologie opleidingswebwerf, Immunopaedia (www.immunopaedia.org.za) te begin. Dié webwerf is nou die Internasionale Unie vir Immunologieverenigings (International Union of Immunology Societies, oftewel IUIS) se amptelike aanlyn opleidingswebwerf.

In 2011 het hy die voorsitter en hoof van die Afdeling Immunologie by die Universiteit van Kaapstad geword, waar hy was totdat hy by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het.

Gray, die pa van twee dogters, van 23 en 17 jaar, wie se vrou by die US se Departement van Algemene Taalwetenskap werk, draf graag om gesond te bly. Buiten sy werk is sy ander passie fotografie, en hy beplan om ? boek saam te stel met foto's van al sy reise.

“As die ondervoorsitter van die Onderrigkomitee van die IUIS, het ek gehelp om baie kursusse aan mekaar te sit en in baie dele van Afrika aan te bied. By dié werkswinkels gaan ek graag tydens aftye uit met my kamera om foto's te neem.

“Ek was al in Benin, die Gambi?, Kenia, Uganda en Tunisi?... en die laaste aangesig-tot-aangesig vergadering wat ons gehad het was in Etiopi? aan die begin van 2020. Hierdie plekke is fassinerend en ryk aan kultuur.

“Dit is frustrerend om weens 肆客足球 nie te kon reis nie, maar ons bied nou aanlynkursusse aan deur Immunopaedia."