肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 18/03/2021

Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)

?Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi belangstellendes uit om kommentaar te lewer op die eerste konsep van 'n hersiene Taalbeleid. Die US se Taalbeleid (2016) word gedurende 2021 hersien as deel van die hersieningsiklus van elke vyf jaar soos wat in dié beleid voorgeskryf word. Artikel 10 van die Taalbeleid (2016) bepaal die beleid “verval vyf jaar ná die implementeringsdatum daarvan" en dit moet “gedurende sy vyfde geldigheidsjaar hersien word". Die huidige beleid het in 2017 in werking getree.

Die eerste geleentheid vir openbare deelname begin op 20 Maart en sluit op 12 April 2021. 'n Tweede geleentheid vir openbare deelname word vir later vanjaar beplan. Kommentaar op die eerste konsep van die hersiene beleid kan slegs ingedien word via 'n digitale platform wat op die US se taalwebblad (www.sun.ac.za/taal) beskikbaar is,. 'n Skakel op die taalwebblad (www.sun.ac.za/taal) verleen toegang tot dié platform. Die eerste konsep van die hersiene beleid en 'n skakel na die indieningsplatform sal vanaf 20 Maart toeganklik wees. Let asseblief daarop dat geen kommentaar op die eerste konsep ná die sluitingsdatum van 12 April 2021 moontlik sal wees nie.

Volgens die Statuut van die US moet die US-raad die taalbeleid van die instelling bepaal met die instemming van die Senaat en in gevolge artikel 27(2) van die Wet op Ho?r Onderwys, 1997 (Wet 101 van 1997, soos gewysig). Die hersieningsproses is in Oktober 2020 ge?nisieer deur 'n taakspan saam te roep en deur 'n tydsraamwerk gegrond op die Universiteitsalmanak vir 2021 op te stel. Die doelwit is om op 2 Desember vanjaar 'n finale konsep van die Taalbeleid (2021) aan die Universiteitsraad voor te lê vir goedkeuring.

Aangesien die Konstitusionele Hof in 2019 bevind het dat die Taalbeleid (2016) grondwetlik geregverdig is en dat die Universiteit se proses om die beleid te aanvaar “deeglik, uitvoerig, inklusief en behoorlik beraadslagend was", is die huidige beleid as vertrekpunt vir die hersieningsproses gebruik. Die hersiening sal verder gelei word deur onder meer die US se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024 wat aanvaar en ge?mplementeer is nadat die Taalbeleid (2016) goedgekeur is, asook die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Ho?ronderwysinstellings wat in gevolge artikel 27(2) van die Wet op Ho?r Onderwys 1997 (Wet 101 van 1997, soos gewysig) bepaal is.