肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kommer oor taal by die US: hier is die feite
Outeur: Stellenbosch 肆客足球 / Universiteit Stellenbosch
Gepubliseer: 10/03/2021

?Verskeie kwessies rakende die implementering van die Universiteit Stellenbosch (US) se huidige Taalbeleid (2016), asook die gebruik van veral Afrikaans in verskillende omgewings by die instelling, het die afgelope paar dae (vanaf 5 Maart 2021) in mediaberigte onder die loep gekom. Weens verskeie mistastings en in sommige gevalle onwaarhede wat die rondte doen, wil die Universiteit graag die ware feite oor die dringendste kwessies stel.??

Die kern van ons huidige beleid is die volgende: Die US is verbind tot die omgang met kennis in 'n diverse samelewing. Die Taalbeleid (2016) beoog om uitvoering te gee aan artikel 29(2) van die Grondwet wat betref taalgebruik in sy akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste. Die Beleid streef daarna om billike toegang tot die US vir alle studente en personeellede uit te brei, om pedagogies verantwoordbare onderrig en leer te fasiliteer, en om meertaligheid te bevorder.

Die US word gelei deur sy Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024, wat in 2018 deur die US Raad aanvaar is. Ingevolge hierdie dokument geld die volgende:

  • Ons gestelde aspirasies sluit in om 'n “ge?ntegreerde akademiese gemeenskap te wees wat kritiese denke vier, debat bevorder en toegewyd is aan demokrasie, menseregte en sosiale geregtigheid".
  • Een van ons kern strategiese temas is om 'n “florerende Universiteit Stellenbosch" te skep. Die doelwitte wat ons in hierdie verband nastrewe, sluit in om 'n “US te skep wat deur inklusiwiteit en diversiteit" gekenmerk word, en om “geleenthede te skep vir die bevordering van meertaligheid in akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste, terwyl die intellektuele rykdom wat in taaldiversiteit opgesluit lê, erken word".
  • Die US se waardes is uitnemendheid, deernis, verantwoordbaarheid, respek en billikheid, waarvan respek en billikheid sekerlik die meeste van toepassing is op die huidige gesprek oor taal. Met respek bedoel ons “beleefdheid in ons onderlinge en openbare diskoers, en behoorlike inagneming van almal se vryheid, gelykheid en waardigheid", en met billikheid “ restitusie in reaksie op ons vorige nalatenskap en regverdigheid in ons strewes".

Die gebruik van Afrikaans in koshuise

Sedert 5 Maart 2021 het die gebruik van Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale in koshuise en sosiale omgewings in die mediakollig gekom, met die Universiteit wat toe 'n voorlopige ondersoek van stapel laat loop het oor die bewerings dat 'n beleid van “slegs Engels" in sekere koshuise gevolg word.

Hierdie aantygings word tans nog ondersoek, maar indien hierdie praktyke wel plaasgevind het, sal dit toegeskryf kan word aan 'n verkeerde toepassing van die Taalbeleid (2016). Daar is nie 'n beleid om slegs Engels in koshuise te gebruik nie, en student kan nie verbied word om Afrikaans of enige ander taal te praat nie. Die Universiteit sal dit nie duld nie, aangesien dit nie in oorstemming met ons Taalbeleid (2016), ons visie of ons waardes is nie.

Die Universiteit het die afgelope week deur middel van sy Afdeling Studentesake gesprekke met studenteleiers in koshuise oor die kwessie voortgesit, terwyl 'n proses in die koshuisomgewing plaasgevind het om 'n gedeelde ???begrip van die Taalbeleid (2016) te bewerkstellig.

Die Universiteit sal ook voortgaan met gesprekke oor die implementering van die beleid en die waarde van meertaligheid en inklusiwiteit, asook met bewusmaking oor bestaande meganismes vir terugvoer oor ?die implementering van die Taalbeleid (2016).

Die Universiteit sal verder voortgaan om te verseker dat 'n verwelkomende atmosfeer vir alle studente geskep word waarin hulle kan floreer terwyl hulle Stellenbosch hul akademiese tuiste maak. Nuweling-eerstejaars het eers gedurende die week van 1 Maart 2021 op kampus aangekom, waar hulle mekaar en hul studenteleiers vir die heel eerste keer ontmoet het. Hierdie studente se taalvaardighede wissel en hulle is uit diverse agtergronde en verskillende lande afkomstig. Nie almal is meertalig nie, maar almal verstaan ten minste Engels.

In 'n splinternuwe omgewing kan dit wees dat studente nie die inligting en re?lings kan verstaan wat nuwelinge moet help om hul voete gedurende die verwelkomingsweek te vind nie. Daarom gebruik studenteleiers in koshuise gedurende die verwelkomingstydperk hoofsaaklik Engels in formele situasies om 'n atmosfeer van inklusiwiteit te skep en om te verseker dat almal toegang tot belangrike inligting het.

Dit is in ooreenstemming met die Taalbeleid (2016) se artikel 7.2.5 wat lui dat “taal in koshuise en ander leefomgewings op so 'n wyse gebruik word dat, waar dit redelikerwys uitvoerbaar is, geen belanghebbende uitgesluit word van deelname aan enige formele aktiwiteite in hierdie omgewings nie".

Dit is prysenswaardig om dit reg te kry om die uitdagings van gemeenskaplike inwoning in geleenthede vir groei en 'n viering van diversiteit te omskep. Dit beteken egter nie dat geen ander taal behalwe Engels welkom is of gebruik kan word nie. ??Die Taalbeleid (2016) bevorder meertaligheid.

'Druk' op die Universiteit om sy taalbeleid te hersien

Die Taalbeleid (2016) van die US word gedurende 2021 hersien as deel van die vyf-jaar hersieningsiklus wat in die beleid self voorgeskryf word. Artikel 10 van die Taalbeleid (2016) bepaal die beleid “verval vyf jaar ná die implementeringsdatum daarvan" en dit moet “gedurende sy vyfde jaar geldigheidsjaar hersien word". Die huidige beleid is in 2017 ge?mplementeer.

Die hersiening is in Oktober 2020 aan die gang gesit deur 'n taakspan saam te roep en deur 'n tydsraamwerk gegrond op die Universiteitsalmanak vir 2021 voor te stel. Die tydlyn en projekplan is op 1 Desember 2020 deur die Raad goedgekeur. Die bedoeling is om op 2 Desember vanjaar 'n finale konsep van die Taalbeleid (2021) aan die Raad voor te lê vir goedkeuring. (Klik hier vir meer inligting oor die proses).

Dit is dus voor die hand liggend dat ?die Taalbeleid (2016) nie hersien word weens “volgehoue druk" deur enige eksterne party soos in die media berig is nie.  Soos aangedui, is dit deel van 'n proaktiewe vyf-jaar hersieningsiklus wat in Oktober verlede jaar begin het. ?

Studente is op die Taakspan vir die Hersiening van die Taalbeleid (2016) verteenwoordig en alle studente sal 'n e-pos met inligting ontvang sodra registrasie afgehandel is.

Die hersiening sal ook twee fases vir openbare deelname insluit wat aangekondig sal word wanneer daardie mylpale bereik is. Die eerste fase word vir die einde van Maart/begin April beplan.

Die taakspan is versoek om die huidige taalbeleid as sy vertrekpunt te gebruik nadat die Konstitusionele Hof in 2019 bevind het dat die Taalbeleid (2016) grondwetlik geregverdig is en dat die Universiteit se proses om die beleid te aanvaar “deeglik, uitvoerig, inklusief en behoorlik beraadslagend was".

Die Taalimplementeringsverslae van die fakulteite die afgelope vier jaar en terugvoer wat uit studente- en personeelopnames ontvang is, dui op die suksesvolle implementering van die beleid. Dit dui op ’n goed-ge?mplementeerde beleid waar studente die beleid verinnerlik het en meertaligheid op innoverende maniere bevorder word. Daar steek dus geen waarheid in bewerings “dat die 2016-taalbeleid ’n reusemislukking was nie”.?

Afwyking van die Taalbeleid

Die ontvouing van die koronaviruspandemie in die 2020-akademiese jaar het universiteit voor 'n magdom uitdagings te staan gebring, insluitende die verlenging van die tweede semester tot in 2021, en by die US 'n bykomende assesseringsgeleentheid in Januarie/Februarie 2021.

Weens die COVID-19-pandemie en die reusedruk op dosente weens nood-afstandsonderrig, -leer en -assessering (ERTLA) – wat nou deur die oorskakeling na aangevulde afstandsonderrig, -leer en -assessering (ARTLA) vervang word, het fakulteite 'n afwyking van hul taalimplementeringsplanne vir die eerste semester van die 2021-akademiese jaar voorgestel. Die Senaat sal hierdie aanbeveling van beide sy Akademiese Beplanningskomitee en die Komitee vir Onderrig en Leer op 19 Maart 2021 oorweeg. Indien die voorstel aanvaar word, sal die afwyking 'n tydelike maatre?l vir die eerste semester wees. Die voorstel is ook by die onlangse vergadering van die Raad se Taalkomitee bespreek en verslag sal by die volgende Raadsvergadering daaroor gelewer word.

Daar moet daarop gelet word dat hierdie voorstel met taalimplementering onder die huidige taalbeleid verband hou en het niks te doen met die verpligte hersiening van die Taalbeleid (2016) wat in 2021 voltooi moet word nie.

Die feit dat fakulteite hul versoek deur die Akademiese Beplanningskomitee en die Komitee vir Onderrig en Leer aan die Senaat moes rig, is 'n duidelike aanduiding dat afwykings van die beleid en individuele taalplanne die bepalings van die Taalbeleid (2016) volg – let veral op klousules 7.4.3 en 7.4.4 – en dat dit baie ernstig opgeneem word en versigtig oorweeg word. Die Senaat sal die voorstel oorweeg en 'n besluit neem wat in die beste belang van die Universiteit, sy studente en dosente is.

Die Senaat het ook in 2020 dieselfde afwyking toegestaan, maar ondanks die reusedruk op dosente, is daar in die fakulteite se taalimplementeringsverslae van die tweede semester van verlede jaar bewyse dat tegnologie op baie innoverende maniere aangewend is om meertaligheid te bevorder. Studente het ook groot waardering getoon vir dosente se moeite hiermee.