Die Afdeling Menslike Voeding het onlangs ? toekenning van R7 miljoen ontvang van die Nasionale Navorsing-stigting (NRF) wat aangewend sal word om verskeie navorsers in die veld van voedselonsekerheid in Suid-Afrika byeen te bring.
Professor Xikombiso Mbhenyane, hoof van die Afdeling Menslike Voeding wat ook die navorsingsleerstoel in Voedselomgewings, Voeding en Gesondheid beklee, het gesê dat die toekenning, wat oor twee jaar strek, navorsers in staat sal stel om met mekaar te skakel, notas te vergelyk en gapings in navorsing te identifiseer en ook om saam te werk op ander kwessies wat verband hou met voedselonsekerheid.
Mbhenyane het gesê dat voedselonsekerheid in ? land grootliks aangespreek word deur middel van die implementasie van sterk, goed-ingeligte regeringsbeleide en programme. Sy het gesê dat sy hoop om deur diverse navorsers saam te bring, hulle werk die regering sal kan help om hul beplanning en beleidmaking in te lig.
“Hierdie toekenning is uitstekende nuus vir ons en vir alle navorsers wat in die veld van voedselonsekerheid werk in die land. Ons was opgewonde toe ons hoor dat ons dit ontvang het," het Mbhenyane gesê. “Ons het ons voorstel in ? redelike kort tyd saamgesit!"
“Die oplossing vir voedselonsekerheid moet aangespreek word deur regeringsprogramme en beleide, so watookal ons mee opkom, sal die beherende liggame adviseer oor hoe om voedselonsekerheid aan te spreek.
“Soos ons weet is een van die hooffokusareas van die Nasionale Ontwikkelingsplan om voedselonsekerheid uit te wis. Daar word baie navorsing oor voedselonsekerheid gedoen in die land, maar ons het te doen met verskillende bevolkings om te probeer verstaan wat om die grond aangaan. Ons hoop om al die geografiese areas van die land te dek.
“Wat hierdie 'Gemeenskap van Praktyk-toekenning' doen is om al die navorsers in die land wat met voedselonsekerheid werk byeen te bring sodat ons notas kan vergelyk en gapings identifiseer."
Mbhenyane het gesê dat van die befondsing aangewend sal word vir navorsing, hoofsaaklik deur studente projekte te befonds – “maar die meerderheid sal uitgegee word op wetenskaplike skakeling, insluitende werkswinkels, mense byeen te bring, insluitende om hoofnavorsers en die studente wat aan hulle projekte werk, saam te bring.
“Ons beplan alreeds vier wetenskapskakeling-werkswinkels vir 2020. Ons sal baie fokus op die verhouding van klimaatsverandering, en nou ook op die nagevolge van COVID-19, en voedselonsekerheid."
Mbhenyane het gesê dat een van haar hoofdoelwitte is om kapasiteit te ontwikkel met hierdie toekenning. “Ek hoop dat ons met hierdie projek, onder andere, bruikbare kennis kan ontwikkel oor hoe om voedselonsekerheid uit te wis, en dat ons ook ontluikende navorsers in die veld van voedselsekerheid kan oplei."
Sy het gesê deurdat sy opgelei is as ? dieetkundige en daarna as ? klinikus gewerk het, het sy besef dat “gesondheid in die huishouding begin."
“Dit kom neer op hoe mense eet. Vir my gaan dit oor hoe ek kan help om te verseker dat almal toegang het tot voedsel. In die Suid-Afrikaanse konteks het ons as voedingkundiges nog altyd geweet dat daar genoeg voedsel in die land is om die hele nasie te voed. Selfs al sou ons nie kos invoer nie, sou daar steeds genoeg kos wees vir 51 miljoen mense, maar dit is nie toegangklik nie wees sosiale ongelykheid. Die kwessie is, hoe moet ons as navorsers die owerhede adviseer om toegang tot voedsel te verseker. Dit is wat ons hoop om te bereik met hierdie toekenning."
Foto-erkenning: Damien Schumann