肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mash vereer vir sy bydrae tot huisartskunde
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 13/09/2019

?Hy het vir twee jaar na Suid-Afrika gekom – en is nooit weer weg nie. Nou is Professor Bob Mash, die Uitvoerende Hoof van die Departement Huisartskunde en Noodgeneeskunde, asook die hoof van die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg, vereer met een van die land se mees uitgelese mediese toekennings – 'n SAMA-toekenning vir sy vele jare van toewyding aan huisartskunde.

Mash, wat as die wenner gekies is in die Uitsonderlike Bydrae tot Geneeskunde-toekenning in 2019, het die toekenning ontvang by 'n seremonie op 9 Augustus by die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum. Hy het gesê dat hy ge?erd gevoel het om onder die groep dokters te wees wat toekennings ontvang het, "want hulle doen baie goeie dinge."

“Die seremonie was goed – ons het Caster Semenya as die gasspreker gehad en dit was baie interessant."

Die SAMA se Dokterstoekenningseremonie, wat gereken word as een van die mees prestige-ryke geleenthede onder professionele medici in Suid-Afrika, gee erkenning aan uitsonderlike prestasies behaal deur dokters in die openbare- en privaat-sektor in hulle onderskeie velde. Dit word gegee aan diegene wat "met doelgerigtheid 'n gekose gebied in hulle belangstellingsveld ondersoek het en 'n beduidende bydrae tot die navorsing, die bevordering en die vooruitgang op daardie gebied gemaak het." Publikasie van werk in internasionaal-erkende mediese joernale is ook 'n voorvereiste.

Buiten dat hy 'n professor in huisartskunde en primêre sorg is by die SU, is Mash ook die huidige President van die SA Akamedie van Huisartse.

Mash is in Londen gebore en het opleiding as 'n algemene praktisyn in Edinburgh, Skotland ondergaan voordat hy saam met sy vrou in 1991 na Suid-Afrika getrek het om te werk vir 'n NRO wat met gemeenskapswerkers in townships gewerk het, wat Crossroads, KTC en Khayelitsha ingesluit het.

"Hulle het vir 'n dokter gesoek en niemand het aansoek gedoen nie, toe sê ek dat ek vir twee jaar sou kom. Uiteindelik het ek vir drie of vier jaar met gemeenskapsgesondheidswerkers gewerk."

Toe Tygerberg-hospitaal oorreed is om ses poste te verskaf aan die Gemeenskaps-gesondheidsorg-organisasie, het Mash vir die pos in Khayelitsha aansoek gedoen en het dus die eerste huisarts geword wat in 1997 in Khayelitsha aangestel is. Vanuit hierdie "moeilike" beginjare – "dit was moeilik om ordentlike erkenning te kry vir huisartskunde" – het Mash toenemend betrokke geraak by die ontwikkeling van huisartskunde. Hy het nuwe huisartskunde-opleidingsorogramme ontwikkel vir beide voorgraadse en nagraadse studente.

"Sedert die 1990s, toe dit nog onbekend was, het ek deurlopend op huisartskunde gefokus. Ek dink nie dat die Universiteit Stellenbosch toe enige opleiding in huisartskunde aangebied het nie. Ek was een van die eerste huisartse wat aangestel is. Huisartskunde het 'n lewensbelangrike bydrae te make in die versterking van primêre gesondheidsorg en distriks-gesondheidsorg in SA en ander lande in die streek.

"Dit is baie belangrik, ook spesifiek binne die Afrika-konteks, omdat ons spesifiek dokters oplei om goeie algemene praktisyns te wees en om kundigheid binne die bereik van gemeenskappe te plaas. In baie SA gemeenskappe, het mense slegs toegang tot 'n span wat bestaan uit gemeenskapsgesondheidswerkers en verpleegsters. 'n Huisarts verskaf bykomende kundigheid wat ho?-gehalte primêre sorg moontlik maak."

Mash het die handboeke, A Handbook of Family Medicine, the SA Family Practice Manual en die SA Clinical Nurse Practitioner's Manual geredigeer, wat almal standaard handboeke geword het vir huisartsprogramme dwarsdeur sub-Sahara Afrika.

Meer onlangs het hy gefokus op navorsing oor huisartskunde en het die hoof-redakteur geword van die African Primary Health Care and Family Medicine-joernaal. Hy het meer as 160 oorspronklike navorsings- en wetenskaplike artikels gepubliseer en was onlangs mede-redakteur van boeke vir die Wêreldorganisasie van Huisartse op Primêre Sorg-navorsingsmetodes en Internasionale Perspektiewe op Primêre Sorg-navorsing.

Sy navorsingsbelangstellings het gefokus op die bydrae van huisartskunde tot Afrika-gesondheidstelsels en die ontwikkeling van die dissipline.

Hys is 'n stigterslid van die Chroniese Siekte-inisiatief vir Afrika en het gefokus op die navorsing om pasi?nt-bewusmaking en berading in die veld van nie-oordraagbare siektes te verbeter. Hy is tans besig met die implementering van Groepbemagtiging en Opleiding (GREAT) vir diabetes op 'n nasionale vlak en is besig om opleiding uit te brei vir primêre sorg-verskaffers in Kort Gedragsveranderingsberading.

In sub-Sahara Afrika het hy gehelp met die ontwikkeling van die Primêre Sorg en Huisartskunde-netwerk (Primafamed), 'n netwerk van departemente van huisartskunde en primêre sorg wat strek oor 25 Afrika-lande.


Onderskrif: Proff Mergan Naidoo en Bob Mash, saam met die SAMA-voorsitterr, dr Angelique Coetzee.