肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Entomopatogeniese Nematodes vir die beheer van Wingerd Witluis
Outeur: Thomas Platt
Gepubliseer: 28/11/2017

?

Die wingerd witluis, Planococcus ficus, is 'n ernstige pes van Suid-Afrikaanse wingerde. Swart skimmel groei op heuningdou wat deur die witluise uitgeskei word, wat dan die vrugte laat vervorm. Dit veroorsaak dat die vrugte nie verkoop of uitgevoer kan word in die hoogs selektiewe tafeldruif industrie nie. Witluise voed ook op plantsap en dien as draers van virusse soos die wingerd blaarkrul virus 3 (GLRaV-3). Die toedien van chemiese plaagdoders is die hoof beheermetode vir wingerd witluis, maar hul wasagtige bedekking, sowel as hul verskuilde habitatte, bemoeilik die toediening van die chemikalie?. Natuurlike vyande soos parasitiese wespes word gebruik as deel van ge?ntegreerde plaagbeheer skemas vir die beheer van wingerd witluis, maar daar word gesoek na meer biologiese beheer metodes.

Entomopatogeniese nematodes (EPNs) is insek patogene wat tans kommersieel gebruik word vir die beheer van grondlewende insek lewensstadia. EPNs kom voor in die grond in hul infektiewe larwe stadium (ILs), wat grondlewende insek gashere uitsoek en parasiteer. Die gebruik van EPNs is egter nie effektief buite grond omgewings nie omdat hul sensitief is vir uitdroging. Dit beperk hul gebruik as beheermiddels vir peste op blare. 'n Moontlike oplossing vir die oorlewing van EPNs op blare is deur die gebruik van bymiddels soos Zeba?, wat uitdroging keer, en Nu-Film-P?, 'n verspreider. Hierdie bymiddels kan aan EPNs 'n langdurige, dun lagie water verskaf wat hul sal toelaat om langer te oorleef op blare en 'n medium sal wees waarin hul kan beweeg.

Die fokus van die studie was op die bo-grond aanwending van EPN behandelings om wingerd witluis te beheer op wingerd blare. Die nematode Steinernema yirgalemense was gekies vir verdere toetse nadat sy temperatuur en humiditeit vereistes bepaal was, en sy vermo? om P. ficus te infekteer en dood te maak getoets was teen drie ander nuut-beskryfde, inheemse EPN spesies. Daarna was Zeba en Nu-Film-P getoets in oplossing met S. yirgalemense, waar dit gevind was dat die kombinasie van die twee gelei het daartoe dat aansienlik meer infektiewe larwes op die blare beland het as met enige ander behandeling.

S. yirgalemense ILs was toe geformuleer in drie behandelings (slegs water, Zeba, en Zeba + Nu-Film-P) en aangewend op witluise in netagtige sakkies.  Hierdie sakkies is toe gehang in die toets omgewing om die omstandighede in wingerdblare na te maak. Toetse in die groeikas en glashuis omgewings het belowende resultate gelewer, met die IL formulasie met beide Zeba en Nu-Film-P wat meer as 80% witluis mortaliteit veroorsaak het in elke omgewing. Die protokol is toe geneem na Welgevallen Proefplaas in Stellenbosch, waar hierdie behandeling 66% mortaliteit bereik het in veldkondisies. Nog 'n proef was uitgevoer om die effek te ondersoek van oggend teenoor middag aanwending op die oorlewing van ILs, waar dit toe gevind was dat ILs wat in die oggend aangewend was (ho? relatiewe humiditeit, lae temperatuur) langer oorleef het as die wat in die middag aangewend was (lae relatiewe humiditiet, ho? temperatuur). 

Die algehele afleiding was dat daar potensiaal is vir die gebruik van S. yirgalemense as 'n biologiese beheermiddel van  P. ficus op wingerd blare, maar dat verdere toetse nodig is en die metodes verfyn moet word. Soos wat nuwe EPN spesies ontdek word en nuwe bymiddels geformuleer word, moet hul vir hierdie doel getoets word. Metodes vir die beheer van omgewingstoestande moet ook ondersoek word. Skadunette, wat reeds gebruik word om wingerde te beskerm teen ho? UV-lig vlakke, help om die relatiewe humiditeit te verhoog en temperature te verlaag in wingerde. Hierdie metodes moet dan uiteindelik aangewend word as 'n volle veld proef op 'n natuurlike witluis infestasie.

Die studie was 'n navorsingsprojek van die Landbou Navorsingsraad (LNR) by Infruitec-Nietvoorbij, Stellenbosch. Die studie was aangebied as 'n MSc tesis van die student, Thomas Platt, uitgevoer by die Department van Bewaringsekologie en Entomologie van die Universiteit Stellenbosch. Die studie was gedoen onder die toesig van Prof Antoinette P. Malan en Dr Nomakholwa F. Stokwe. Winetech, die Suid-Afrikaanse Tafeldruif Industrie (SATI) en die Tegnologie en Menslike hulpbronne vir Industrie Program, het befondsing verskaf (THRIP: TP14062571871).