肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Pediater adviseer oor mandaat van nuwe Kommissaris
Outeur: Mandi Barnard
Gepubliseer: 15/12/2016

?Dr Elmarie Malek is een van slegs ? paar kundiges in die Wes-Kaap wat genooi is om insette te lewer vir die ontwikkeling van ? beleidsriglyn wat die mandaat van die Kinderkommissaris in die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sal bepaal. Dit is ? nuwe pos en die taakspan sal insette lewer oor die aanbevelings in verband met die rol en funksie van die Kinderkommissaris.

Malek se akademiese belangstellingsvelde maak van haar die ideale kandidaat om die taakspan in te lig en raad te gee oor sake wat met kindergesondheid verband hou. Dit sluit in gemeenskapskindergesondheid, kliniese bestuur en die versterking van gesondheidstelsels. Sy is die hoof van algemene pediatrie in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by die Universiteit Stellenbosch.

Die “Eerste 1 000 dae”-veldtog, wat ? kritiese tydperk in die lewe van enige kind verteenwoordig, is volgens Malek ? belangrike kwessie wat die onderskeie rolspelers by die mandaat moet integreer. “Babas kan nie vir hulself praat nie,” het Malek gesê. “Gegewe my kennis in hierdie domein as ? gesondheidspraktisyn wat die neurowetenskap verstaan, wil ek seker maak dat die wetenskap van die ‘Eerste 1 000 dae’ en die implikasies daarvan vir dienste by die Kommissaris se mandaat ingesluit word.”

Malek sal verder ? adviserende en konsulterende rol vervul om die taakspan in te lig oor gesondheids- en maatskaplike sake. Dit sluit in kinders se reg op toegang tot en die beskikbaarheid van gesondheidsorgstelsels; faktore wat kinders se gesondheid en welstand be?nvloed; en die samewerking tussen verskillende maatskaplike diensteverskaffers, vroe? kinderontwikkelingsdienste en die onderwyssektor.