肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se prof Opara lei wêreld se landbou-ingenieurs
Outeur: Engela Duvenage
Gepubliseer: 21/07/2016

CIGR is sambreelligaam vir landbou-ingenieurswese wêreldwyd

Prof Umezuruike Linus Opara van die Universiteit Stellenbosch is as die inkomende president van die Internasionale Kommissie vir Landbou- en Biostelselsingenieurswese (Commission Internationale du Génie Rural of CIGR) verkies. Dié uitgelese professor en bekle?r van 'n navorsingsleerstoel aan die Universiteit Stellenbosch sal dus ook nou die wêreldwye sambreelorganisasie vir landbou-ingenieurswese help lei. Die CIGR bestaan uit 'n netwerk van streeks- en nasionale verenigings vir landbou-ingenieurswese sowel as private en openbare maatskappye en individue wêreldwyd.

Prof Opara is tot die posisie verkies tydens die onlangse Internasionale Konferensie oor Landbou-ingenieurswese wat in Denemarke gehou is en deur deur die Europese Vereniging van Landbou-ingenieurs onder die beskerming van die CIGR georganiseer is.

Die verkiesing beteken dat hy sal dien op die Presidium van die CIGR vir twee jaar as inkomende president, voordat hy die posisie van president opneem rondom 2019. Hy sal daarna die CIGR vir ? verdere twee jaar dien as oudpresident. Prof Opara is die eerste ingenieur vanuit Afrika suid van die Sahara wat verkies is tot hierdie posisie. Sy termyn sal val saam met die 90ste herdenking van die stigting van die CIGR.

Hy sal sy nuwe verantwoordelikhede moet balanseer saam met dié wat hy reeds hanteer as deel van die DWT-NNS Suid-Afrikaanse Navorsingleerstoel in Na-Oestegnologie en as uitgelese professor in die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie.

Prof Opara, wat reeds sedert 2009 aan die US werksaam is, het vroe?r vanjaar die 2016 Afrika Unie Kwame Nkrumah Kontinentale Wetenskapstoekenning vir senior navorsers ontvang. Hy het as landbou-ingenieur gekwalifiseer aan universiteite in Nigeri? en Nieu-Seeland, en dien op verskeie internasionale komitees en redaksies. Hy is ? genoot van die Suid-Afrikaanse Instituut van Landbou-ingenieurs. Prof Opara is ook die stigterpresident van die Pan-Afrikaanse Vereniging vir Landbou-ingenieurswese (AfroAgEng), wat gevorm is tydens 'n internasionale tegniese simposium van die CIGR wat in 2012 by die Universiteit Stellenbosch gehou is.

Sy multi-dissiplinêre navorsingspan is die toonaangewende groep wêreldwyd wat betref navorsing oor na-oespraktyke, verpakking en bemarking van granate. Sy navorsingsgroep toets en ontwikkel ook verpakking en kwaliteitsbeheermetodes wat relevant is vir die hantering en berging van vars vrugte en groente soos tafeldruiwe, sitrus en appels. Hierdie poging is gefokus daarop om onnodige voedselverlies en -vermorsing te verlig, kwaliteit te handhaaf, en waarde toe te voeg tot die vrugte- en groentesektor.

Hoewel die Universiteit Stellenbosch nie ? graad in landbou-ingenieurswese per se aanbied nie, sê prof Opara hy sien uit daarna om die nuwe geleenthede wat hom gebied word, te benut. Hy hoop dit sal help om die bydraes van ingenieurswese en verwante programme van die US in die landbou-, voedsel- en verwante sektore te versterk.

"Die werk van individuele US-personeellede en nagraadse studente in hierdie areas word wyd erken deur ons eweknie?, plaaslik en internasionaal," sê hy. "Deur samewerking en gesamentlike toesighouding het ons verskeie PhD- en MIng-studente geregistreer in die fakulteite Ingenieurswese en AgriWetenskappe wat werk aan verskillende navorsingsonderwerpe in landbou- en biostelselsingenieurswese."

  • Agtergrondinligting oor prof Linus Opara

  • Foto-onderskrif:
    Prof Linus Opara (links) van die Universiteit Stellenbosch saam met die onmiddellike voormalige president van die CIGR, prof Tadeusz Juliszewski van Pole. Foto: Verskaf