肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vrouestudent lê klag van verkragting; verdagte gearresteer
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 02/04/2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) is vanoggend (Saterdag 2 April 2016) in kennis gestel van ? beweerde* [sien onder] verkragting van ? vrouestudent in die vroe? oggendure vanoggend op die Stellenbosch-kampus.

Die student het ? klag ingedien by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ? verdagte is in hegtenis geneem. Die man is tans in aanhouding, en die polisie het bevestig hy is nie 'n US-student nie.

Inligting tans tot die Universiteit se beskikking dui daarop dat die voorval in ? motor in die parkeerterrein tussen die Heemstede en Metanoia koshuise plaasgevind het.

Studente het inligting verskaf wat gelei het tot die inhegtenisneming van ? manlike verdagte deur die SAPD, bygestaan deur sekuriteitsbeamptes van die Universiteit. 

Die vrouestudent is onmiddellik ná die voorval ondersteun deur lede van haar studentegemeenskap, insluitend vriende, studenteleiers van die koshuis, die koshuishoof en die US se 24-uur Krisisdiens. Hulle het haar onder meer gehelp om die nodige mediese sorg te kry, en die saak by die polisie aan te gee. Vroulike lede van Kampussekuriteit het later ook steun gebied.

Die res van Heemstede se inwoners is vanoggend van die voorval in kennis gestel, en berading is tot almal se beskikking gestel.

Die SAPD se Eenheid vir Seksuele Misdrywe ondersoek die voorval, en die US bied sy volle steun aan die ondersoek op elke moontlike manier. Enigiemand met meer inligting word versoek om Konstabel Matthews te skakel op selfoonno. 082-469-1479 of telefoonno. 021-809-9168/5.

Lede van die Universiteitsbestuur het hul bekommernis oor die geaffekteerde studente uitgespreek, en hul woorde oor die voorval laat blyk. "Verkragting is ? verskriklike en afskuwelike misdaad, en om deel te wees van gemeenskappe waar verkragting plaasvind, is uiters ontstellend.

"As ? gemeenskap is ons geskok oor die geslagsgeweld in ons samelewing. Sulke gebeure laat ernstige letsels – nie net op ons studente wat direk geraak word, maar ook ander studente sowel as ondersteuningspersoneel, akademici en bestuurslede van ons Universiteit. Woorde is nie genoeg om ons verontwaardiging oor oortreders wat voortgaan om ons gemeenskappe te terroriseer, uit te spreek nie. As ? kampus, dorp en nasionale gemeenskap moet ons nog harder en meer geko?rdineerd saamwerk om gemeenskappe te skep waar vroue nie blootgestel word aan minagting en geweldsmisdade nie.

"Ons wil graag die betrokke student se koshuishoof en medestudente, asook Krisisdiens, Kampussekuriteit en die SAPD bedank vir die ondersteuning wat hulle aan haar gebied het, en die vinnige inhegtenisneming van ? verdagte. Ons dink aan die student, haar familie en vriende, asook haar mede-koshuisinwoners. Voortgesette ondersteuning sal verskaf word. "

Die Universiteit hanteer alle gevalle van seksuele geweld diskreet en vertroulik. Ons doen ? beroep op almal – insluitend die Universiteitsgemeenskap – om die privaatheid van die betrokkenes te respekteer.

Vroue en mans wat seksueel geteister, mishandel of verkrag word, moet voorvalle asb. sonder huiwering aanmeld by die Universiteit se Krisisdiens (tel 082-557-0880) of Kampussekuriteit (tel 021-808-2333; en 021-938-9507 vir die Tygerberg-kampus). Verkragting is ? kriminele oortreding en moet ook by die naaste polisiestasie aangegee word.

Personeellede en studente wat nie van bogenoemde verslagdoeningskanale gebruik wil maak nie moet ten voorvalle aanmeld by die Universiteit se onafhanklike Etieklyn, anoniem indien hulle dit verkies. Die telefoonno. is 0800-204-549, en die e-posadres sun@ethics-line.com.

[* Verkragting is ? kriminele oortreding. Op hierdie stadium is die klag van verkragting onderhewig aan ondersoek. Die Universiteit maak dus van die term "beweerde" gebruik.]