肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mammogramme werk, sê US-kenner
Outeur: Alec Basson
Gepubliseer: 04/02/2016

Werk mammogramme of nie?

Dít was die vraag wat prof Justus Apffelstaedt van die Afdeling Chirurgie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Woensdag (3 Februarie 2016) probeer beantwoord het. Hy was die spreker by die eerste Stellenbosch Forum-lesing van 2016.

Die Stellenbosch Forum lesingsreeks bied gereelde geleenthede aan US-personeel en -studente, sowel as belangstellendes vanuit die publiek, om meer te leer oor die relevante, wêreldklasnavorsing wat by die US gedoen word.

Apffelstaedt het gesê hoewel sommige meen mammogramme is ? vermorsing van tyd, dit in Suid-Afrika werk.

"Daar is geen redelike alternatief vir mammogramme nie. Ons het in ooreenstemming met oorsese data gewys dat effektiewe toetsing sterftes onder diegene wat aan sulke toetsing blootgestel word met meer as die helfte kan verminder."

Apffelstaedt het gesê topgehalte, organiseerde toetsing kan ? verskil maak omdat dit kan help voorkom dat die kanker terugkeer.

"Te veel vroue in publieke klinieke gaan gebuk onder kanker wat terugkeer en die behandeling hiervan is vergeefs en duur."

Hy het gesê hoewel mammografiese toetsing werk, gaan baie vroue nie vir gereelde mammogramme nie.

"In Suid-Afrika het 30% van vroue met mediese versekering ? mammogram gehad in die laaste jaar."

Apffelstaedt het gesê baie vroue mag om verskeie redes wegskram van mammogramme.

"Ons moet ingedagte hou dat ? beduidende deel van die bevolking toetsing vir borskanker as onaanvaarbaar beskou."

Apffelstaedt het vroue aangemoedig om mammogramme te hê omdat borskanker in die nabye toekoms baie meer algemeen gaan voorkom.

Hy het daarop gewys dat borskanker die meeste in Gauteng en die Wes-Kaap voorkom, en gesê dit is belangrik dat veral arm vroue getoets word omdat hulle nie mediese versekering kan bekosting nie.

"Ons moet vroue naby hul werk toets om só toetsing te verhoog.

  • Foto: Prof Apffelstaedt aan die woord by die Stellenbosch Forum-lesing
  • Fotograaf: Hennie Rudman