肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe studie onthul rol van pa’s se drinkery in fetale alkoholspektrumversteuring
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 09/09/2025

?Dis allerwe? bekend dat fetale alkoholspektrumversteuring (FASV) by kinders veroorsaak word deur ma's wat tydens hul swangerskap drink. Maar dit blyk dat pa's se drinkgewoontes ook ? kind se groei en ontwikkeling kan be?nvloed.

? Span internasionale navorsers — insluitend bydraers van die Universiteit Stellenbosch — het bevind dat ? pa se alkoholgebruik ? klein, maar direkte nadelige impak op ? kind se ontwikkeling teen die ouderdom van sewe kan hê. Pa's se drinkery dra by tot die skade wat deur alkoholgebruik tydens swangerskap veroorsaak word.

Die bevindings van hul studie* is onlangs in die joernaal Alcohol: Clinical & Experimental Research gepubliseer.

Die navorsers het data van vyf studies oor die voorkoms en eienskappe van FASV onder graad 1-leerders in die Wes-Kaap ontleed om te ondersoek of pa's se drankgebruik kinders wat met FASV gediagnoseer is, be?nvloed. Die kinders se biologiese ma's of wettige voogde het ? vraelys oor die risikofaktore vir FASV voltooi.

Volgens die navorsers is daar toenemende erkenning dat ander faktore benewens ? swanger vrou se drinkgewoontes haar kind se ontwikkeling kan be?nvloed. Hulle voeg by dat daar tans al hoe meer aandag geskenk word aan die rol van pa's, nie net as ? bydraende faktor tot vroue se drinkgewoontes nie, maar ook as ? onafhanklike bydraende faktor tot die groei en ontwikkeling van kinders.

“Ons bevindings toon dat kinders wie se pa's alkohol gedrink het, meer geneig was om korter te wees, kleiner koppe te hê en swakker in verbale IK-toetse te vaar. Die studie het voorts getoon dat alkoholgebruik deur beide ouers tydens swangerskap die hoogste risiko vir die kind se ontwikkeling inhou. Dit het ook geblyk dat 'fuifdrinkery' (oftewel binge drinking) deur die pa, maar veral deur beide ouers, die nadeligste uitwerking op die kind se ontwikkeling het.

“Data-ontleding het getoon dat tussen 66% en 77% van pa's van kinders op die FAS-spektrum tydens hul maat se swangerskap met die betrokke kind gedrink het. Hierdie pa's het gemiddeld 12 drankies per drinkdag gedrink. Die getal drankies wat vaders per drinkdag gedrink het, het ? beduidende korrelasie gehad met ? kleiner kopomtrek by hul kinders. Kopomtrek word as ? maatstaf van breinontwikkeling gebruik."

Die navorsers voeg by dat vaders wat gemiddeld vyf of meer drankies per drinkdag gedrink het, korter kinders met ? kleiner kopomtrek gehad het. Hierdie kinders het ook swakker in verbale intelligensietoetse gevaar.

“Oor die algemeen is bevind dat hoe meer pa's gedrink het, hoe swakker het hul kinders gevaar. Maar daar moet in gedagte gehou word dat al hierdie gevolge waargeneem is by kinders wie se ma's alkohol tydens swangerskap gebruik het."

Hulle wys daarop dat ? pa se drinkery alleen nie die kanse verhoog dat ? kind met FASV gediagnoseer sal word nie. Maar in gevalle waar die ma tydens swangerskap gedrink het en die pa ook ? swaar drinker was, was die kind meer geneig om die ernstigste simptome van FASV te toon.

“In ? ondersoek na beide ouers se drinkpatrone het die pa se alkoholgebruik alleen nie ? duidelike verband met die kind se liggaamlike of breinontwikkelingsprobleme getoon nie. Hoewel beide ouers se drinkery in ag geneem is, is die belangrikste uitwerking op ? kind se ontwikkeling en liggaamlike eienskappe aan die ma se alkoholgebruik gekoppel.

“Selfs nadat alkoholgebruik deur ma's tydens swangerskap in berekening gebring is, is pa's se drinkery steeds in verband gebring met korter kinders, kleiner kopgrootte en ? laer verbale IK. Dit dui daarop dat pa's se alkoholgebruik ? onafhanklike, dog beperkte, impak op ? kind se groei en ontwikkeling kan hê.

“Data-ontledings van kinders wie se ouers alkohol tydens swangerskap gebruik het, het ? beduidende nadelige uitwerking getoon op groei, kopomtrek, verbale intelligensie en algemene geboortedefekte vergeleke met kinders waar nie een van die ouers alkohol gebruik het nie."

Die navorsers sê ofskoon dit nog nie duidelik is of die impak van ? pa se drankgebruik op ? kind se groei en ontwikkeling voortspruit uit verswakte spermkwaliteit of ander epigenetiese invloede nie (veranderinge in hoe gene werk wat nie die wysiging van die DNS-kode self behels nie), die pa se rol in die ontwikkeling van FASV nie oor die hoof gesien kan word nie.

  • Bron: May, P et al 2025. “Does paternal alcohol consumption affect the severity of traits of fetal alcohol spectrum disorders?" Alcohol: Clinical & Experimental Research. DOI: 10.1111/acer.70105

*Die studie is deur navorsers van die US, die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika, die Universiteit van Noord-Carolina, die Universiteit van Nieu-Mexiko, die Staatsuniversiteit van New York, die Stanford-Universiteit, die Kaliforniese Staatsuniversiteit en Sanford Health onderneem.?