肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Simposium ? aangrypende herverbeelding van sosiale impak
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 03/09/2025

Dit gebeur nie aldag dag dat ? hoofspreker lostrek en sing nie. Dit is presies wat prof Timothy Eatman van die Rutgers-Universiteit in New Yersey by die oggendsessie van die Universiteit Stellenbosch (US) se onlangse Sosiale Impak-simposium gedoen het toe hy “Lift Every Voice and Sing" begin sing het – die Swart Amerikaanse gesang wat ook as ? uitnodiging gedien het: verruim die Universiteit se verbeelding oor wat akademie kan wees, en wie dit dien.

Die byeenkoms is deur die US se Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) aangebied en het akademici, professionele personeel en gemeenskapsvennote byeengebring, verenig deur ? gedeelde toewyding tot sosiale impak.

? Beroep om akademieskap opnuut te verbeel

Eatman, ? Afro-Amerikaanse vakkundige en eerste dekaan van die Honours Living-Learning Community aan die Rutgers-Universiteit, het die gesprek met ? diepgaande persoonlike en globale perspektief ingelui. Sy toespraak, “Gemeenskapsbetrokke akademieskap in 21ste eeuse akademie: Pasop vir die kwynende verbeelding," is as ? uitdaging gestel. Hy het sy eie reis en die nalatenskap van sy voorouers betrag en ? beroep op die gehoor gedoen om weerstand te bied teen wat hy “kwynende verbeelding" in ho?r onderwys noem.

Eatman het aan die hand van konsepte uit die Amerikaanse skrywer en teoloog wyle Walter Brueggemann se The Prophetic Imagination gewaarsku dat “ons kultuur bevoeg is om byna enigiets te implementeer en byna niks te verbeel nie". Hy het aangevoer dat verbeelding dikwels weens die ontwrigtende potensiaal daarvan gevrees word en dat ho?r onderwys se dominante fokus op tradisionele kennisvorme bre?r definisies van kennisskepping beperk.

Hy het universiteite aangespoor om verby liefdadigheidsuitreiking te beweeg na mede-ontwerpte “tweerigting"-vennootskappe wat aan gemeenskapsgedefinieerde aanwysers gemeet word en in bevorderingsbane erken word. Eatman het beloningstelsels bepleit wat gelyke waarde aan betrokkenheid, onderrig en navorsing heg, en vir monitering en evaluering wat gemeenskapstemme insluit eerder as om bloot uitsette te meet.

Die krag van die kunste en geesteswetenskappe om die verbeelding te voed is ook in die hoofrede gevier. Eatman het die digter, sosiale aktivis en roman- en rubriekskrywer Langston Hughes aangehaal, wat ? wêreld gevisualiseer het “waar almal die oorvloed van die aarde sal deel en elke mens vry is", en hierdie visie gekoppel aan die kardinale rol van ho?r onderwys in die koestering van regverdige demokrasie?.

Eatman se blywende boodskap was ? beroep om moedig op te tree en “albei hande te bevry" om betekenisvolle sosiale impakwerk te skep.

Fakulteite stel betrokkenheid in werking

As die hoofrede verbeeldings vlug gegee het, het die tweede sessie dit aarde toe gebring. Die Fakulteite Natuurwetenskappe, Opvoeding en Regte het gewys hoe betrokkenheid op die grondvlak lyk en wat steeds in die pad daarvan staan.

Prof Bill Tucker (Natuurwetenskappe) het ? energieke maar swak gefinansierde ekosisteem beskryf: onderriguitreik van geologie tot lewenswetenskappe; ? fisika-“sloertoer" na afgele? streke; en navorsingsgekoppelde inisiatiewe soos watergehalte-werkssessies en mede-ontwerpte tegnologie met gemarginaliseerde gemeenskappe. Hy het ook aangedring op erkenning in prestasiebeoordelings van akademici en professionele, administratiewe en steunpersoneel (PASS), waarin sosiale impak as “deel van my werk" bestempel word, eerder as ? opsionele ekstra. Hy het sy aanbieding afgesluit met ? dwingende vraag: Is dit nie tyd dat die US ? Visedekaan vir Sosiale Impak aanstel nie?

Prof Melanie Moen (Opvoeding) het vertel hoe haar Fakulteit van “geen komitee, geen plan" na ? funksionele sosiale impakstruktuur met ? visie, ? webteenwoordigheid en praktiese inisiatiewe gevorder het. “Ons het gevorder van geen tot agt befondsingsaansoeke , waarvan ses deur Sosiale Impak gefinansier is," het sy verduidelik. Benewens ? sosiale impakweek en ? gesentraliseerde skryfbehoefte-insameling, is die span mede-leiers van Train to Read, wat ? treinwa in samewerking met die Fakulteit Ingenieurswese in ? mobiele biblioteek omskep het, asook van ? nuwe Duck Race-fondsinsameling. Haar les: voeg operasionele kapasiteit by – in hul geval ? bemarkingsbestuurder – en momentum volg.

Demi Johannisen, Hoof van die Departement Gesinsreg by die Regskliniek, het die Kliniek se tweeledige doelwit uiteengesit: die verbreding van toegang tot geregtigheid vir arm en gemarginaliseerde kli?nte en die opleiding van kandidaat-regspraktisyns. Benewens litigasie het Johannisen besonderhede verskaf oor projekte soos gemeenskapswerksessies oor grondwetlike regte, ? kinderregteprojek, asook die Ubuntu-leergemeenskap, wat studente en mense in aanhouding vir transformerende opvoedkundige ervarings byeenbring. “Ons visie is altyd om die kwesbares te bereik en te bemagtig, ongeag die projek of inisiatief," het Johannisen gesê.

Van paaie tot vuurpylstowe en musiek

In die laaste sessie is daar met drie afsonderlike projekte gespog wat met beleid, ingenieurswese en die kunste verband hou en waarvan innovasie met sosiale gevolge ? gemeenskaplike eienskap was.

Prof Stephan Krygsman van die Departement Logistiek het in die lig van krimpende brandstofheffingsinkomste en die opkoms van elektriese voertuie ? laai-loodsprojek op Wes-Kaapse paaie aangebied. Dié projek toets aan die hand van internasionale voorbeelde afstandgebaseerde laai met GPS-eenhede in voertuie met behulp van omvattende betrokkenheid van die publiek. Gehoorlede het hom gepeper met vrae oor die potensi?le impak van afstandgebaseerde laai op armer gemeenskappe en die integrasie van pad- en spoornetwerke.

Dr Clint Steed van die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese en ? student, Johan Cloete, het gewys hoe klein, iteratiewe ontwerpe lewens kan verander in nano-gemeenskappe – verspreide landelike kolle sonder konvensionele infrastruktuur. Eers was daar ? sonkragstel van R1 500 vir beligting en die laai van fone wat saam in huishoudings getoets is; en daarna ? veiliger vuurpylstoof wat met isolasie herontwerp is en wat as ? termiese battery vir kook en die verhitting van ruimtes dien.

Danell Herbst-Müller, ? lektor in die Departement Musiek, het musiekonderrig met geesdrif sigbaar gemaak. Haar jaarlikse skoolkonserte wat met behulp van herwinde materiaal en leerlingonderwysers opgevoer word, betrek nou agt skole en meer as 5 000 leerders per jaar en het onlangs ? skool gehelp om R70 000 in te samel om in programme te herbelê.

? Praktiese agenda vir die US

Die agenda is dwarsdeur die dag deur intervensies uit die gehoor opgeskerp: skoolleiers het vir omvattender steun vir onderwysers en gedragsbestuur gevra; beroepe is gedoen vir ? universiteitswye kalender om duplisering te voorkom; en praktisyns het voorspraak gemaak vir ? “beleefde be?indigingsprotokol" wanneer projekte gestaak word.

Waar Eatman teen ? kwynende verbeelding gemaan het, het die simposium met ? praktiese een geantwoord: toegewyde finansiering vir bewese vlagskipprojekte; vaartbelynde etiese prosesse wat mede-ontwerp moontlik maak; gemeenskaps-erkende metingskriteria; en erkenning vir die personeel wat dit laat gebeur.