肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Soraya Bardien ondersoek genetiese oorsake van Parkinson se siekte
Outeur: Corporate Communication and Marketing
Gepubliseer: 01/09/2025

Prof Soraya Bardien van die Departement Biomediese Wetenskappe in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag 28 Augustus 2025 haar intreerede gelewer. Die titel van haar lesing was “My reis met gene, genetika en oorge?rfde versteurings".

Bardien, wat ook die hoof van die Navorsingsgroep vir Parkinson se siekte (PS) in die US se Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika is, het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gepraat oor haar werk rakende die genetiese oorsake van PS en hoe dit kan help om verbeterde geneesmiddelterapie? te ontwikkel.

Vertel ons meer oor jou navorsing en waarom jy in hierdie spesifieke veld belanggestel het.

My navorsing fokus op die neurodegeneratiewe versteuring Parkinson se siekte. Wêreldwyd word voorspel dat meer as 25 miljoen mense in 2050 met PS sal leef. Die hoofbydraers tot hierdie toenemende voorkoms is bevolkingsveroudering en bevolkingsgroei. Hierdie toename in die aantal gevalle sal na verwagting ook in Afrika voorkom.

Parkinson se siekte het 'n genetiese komponent en my navorsingsgroep ondersoek die genetiese oorsake daarvan in Suid-Afrikaners. Die ander navorsingsgebied is die bestudering van kurkumien ('n komponent van borrie), wat 'n kragtige antioksidant is, as 'n moontlike terapie om neuronale verlies in PS te voorkom of te stop.

Ek het in hierdie vakgebied begin belangstel omdat ek dit fassinerend vind om die menslike brein te bestudeer. Genetiese studies kan lig werp op die bane wat betrokke is by die handhawing van 'n gesonde brein en wanneer dit ontwrig word, tot siekte kan lei. PS is ook 'n verskriklike siekte wat baie verskillende aspekte van mense se lewens be?nvloed, insluitende hulle mobiliteit, gemoedstemming en gedrag. Die hoop is dat ons as 'n internasionale PS-genetikagemeenskap kan saamwerk om die oorsake van PS te identifiseer wat uiteindelik kan lei tot die ontwikkeling van verbeterde geneesmiddelterapie?.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

Ons is die enigste groep in Suid-Afrika wat die genetika van PS bestudeer. Trouens, ons is die enigste navorsingsgroep in Afrika suid van die Sahara wat hierdie tipe navorsing doen, wat genetika, funksionele en terapeutiese studies oor PS behels. Ons werk is belangrik, aangesien ons die Suid-Afrikaanse en Afrika-perspektief op die veld bied.

Waarom is dit belangrik om lig te werp op die genetiese oorsake van Parkinson se siekte in Suid-Afrikaners?

Uit 'n genetiese perspektief is ons bevolking uniek. Om die waarheid te sê, die internasionale konsortium waarvan ons deel is, moes sy data-analise-verskaffingslyne verander om die ongewone genetiese argitektuur en diversiteit wat in ons bevolking waargeneem word, te hanteer.

Genetiese bevindinge is belangrik en noodsaaklik vir die uiteindelike toepassing van presisie-medikasie in die veld. Presisie-medikasie is 'n benadering tot pasi?ntsorg wat 'n persoon se genetiese variasie, omgewing en lewenstyl in ag neem om 'n siekte doeltreffender te behandel. Byvoorbeeld, in plaas daarvan om iemand met die “algemene" medisyne te behandel, sal hulle behandel word op grond van die bane of prote?en wat jy weet by hulle defektief is. In beginsel behoort dit tot beter uitkomste en minder newe-effekte te lei. Hierdie benadering word reeds toegepas by die behandeling van sekere kankers, en hoewel ons nog nie daar is vir die behandeling van neurologiese versteurings nie, dink ek beslis dis waarheen die veld op pad is.

Wat was van die grootste hoogtepunte in jou werk oor Parkinson se siekte?

Uit ons genetiese studies het ons gevind dat ons nie tipies die variante wat PS veroorsaak identifiseer as wat in Europese en Asiatiese bevolkings voorkom nie. Of as ons daardie variante wel vind, is hulle redelik skaars. Gegewe die unieke genetiese diversiteit in Suid-Afrika, was dit nie onverwags nie. Maar dit dui wel op nog onontdekte variante in verskillende gene as die oorsake van PS in ons bevolking. Onlangs het ons werk 'n genetiese vatbaarheidsfaktor vir PS in ons bevolking uitgelig wat meer algemeen in Afrika-bevolkings voorkom.

Ons werk oor kurkumien het ook 'n paar interessante bevindinge opgelewer. Kurkumien is 'n kragtige antioksidant, maar dit het swak biobeskikbaarheid (hoeveel van 'n middel — soos 'n voedingstof of medisyne — die liggaam eintlik kan gebruik), wat die kliniese gebruik daarvan beperk. Ons het gevind dat as ons kurkumien in nanopartikels verpak (as 'n geneesmiddeldraer), dit selle teen neurotoksien-ge?nduseerde seldood kan beskerm. Ons is nog ver weg daarvan om kurkumien as 'n behandeling te bevorder, maar hierdie belowende resultate dui daarop dat ons in die regte rigting op pad is.

As jy in jou kristalbal kyk, watter ontwikkelings sien jy in die navorsing oor Parkinson se siekte?

Ons navorsingsgroep is lid van 'n wêreldwye konsortium bekend as die Global Parkinson's Genetics Program (GP2). Na my wete is GP2 een van die min grootskaalse wêreldwye konsortiums wat die genetiese oorsake van 'n versteuring aanpak. Ek glo dat GP2 binne afsienbare tyd belangrike genetiese ontdekkings sal maak. Hierdie bevindinge kan lig werp op die bane wat lei tot die dood van neurone in PS — dit is nodig vir die ontwerp van beter neurobeskermende terapie?. Ons moet mense identifiseer wat die grootste risiko loop om PS te ontwikkel en hulle neuronale afsterwing stop of voorkom voordat dit begin. Dit is kommerwekkend dat 50–80% van dopamienproduserende neurone verlore gaan voordat die motoriese simptome ontwikkel en die versteuring gediagnoseer word. Dan is dit te laat, want sodra neurone sterf, groei hulle nooit weer terug nie.

Jy het baie jare in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

My katte! Ek probeer ook om in die berge en veral in die Wildernis-omgewing te gaan stap. Een van my gunstelinge is die Cederberge, aangesien ek baie goeie herinneringe het aan uitdagende staptogte wat ons daar gedoen het. Ongelukkig gebeur hierdie meerdaagse staptogte minder gereeld namate my werklas en verantwoordelikhede toegeneem het. Die natuur het 'n merkwaardige manier om stres te verlig en 'n vars perspektief op ons probleme te bied. Ek moet ook my man, Mark, noem, wat 'n uitstekende klankbord is, veral wanneer ek uiting aan my gevoelens moet gee!

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.

Ek is mal daaroor om gruwelflieks te kyk — nie die bloederige en grusame soort nie, maar eerder die psigologiese tipe wat lank ná die rolprent in jou gedagtes bly draai.

Hoe bestee jy jou vrye tyd?

Deur te gaan stap, TV te kyk of op lang ritte te gaan. Ek is ook lief vir tuinmaak en om tyd saam met familie en vriende deur te bring, veral in die natuur.?