Polisi?ring in Suid-Afrika is in die kollig. In Julie het Nhlanhla Mkhwanazi, die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, vir Senzo Mchunu, die nasionale minister van polisie, daarvan beskuldig dat hy kriminele netwerke beskerm en sensitiewe ondersoeke belemmer. In reaksie hierop het pres Cyril Ramaphosa vir Mchunu op verlof geplaas, prof Firoz Cachalia van Wits as waarnemende minister aangestel en 'n kommissie van ondersoek onder leiding van afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga ingestel.
Vir twee nagraadse navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) is hierdie nasionale drama meer as politieke teater. Dit weerspie?l die einste vrae wat hul werk dryf: hoe ervaar, interpreteer en praat mense oor misdaad, veiligheid en polisi?ring – en hoe vorm sulke narratiewe weer die werklikheid?
Unieke intellektuele tuiste
Modiegi Mafalo en Ella Ho?dge, albei 23, is meestersgenote aan die Sentrum vir die Bestudering van die Nagevolge van Geweld en die Strewe na Herstel (A?VReQ). Vir hul MA-graad het elk het ook 'n studieleier in die Departem?ent Sosiologie en Sosiale Antropologie.
AVReQ is interdissiplinêre navorsingsentrum onder leiding van Prof Pumla Gobodo-Madikizela, 'n kliniese sielkundige wat in die laat 1990's in die Menseregteskendingskomitee van die Waarheid-en-Versoeningskommissie gedien het. Sy beklee deesdae die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChI) in Gewelddadige Geskiedenisse en Transgenerasionele Trauma aan die US.
By AVReQ het sy 'n ruimte vir samewerking geskep waar akademici uit verskillende agtergronde (historici, sosiolo?, sielkundiges, letterkundiges en so meer) die nadraai van geweld bestudeer – die maniere waarop dit oor generasies heen voortleef – en die strewe na herstel uitpluis. Dít is waar Mafalo en Hodge oor hul navorsing gesels en lang debatte voer.
Persepsies van polisi?ring in Alex
Mafalo se navorsing fokus op die verhouding tussen die gemeenskap en die staat in Suid-Afrika ná apartheid – spesifiek in Alexandra-township in die ooste van Johannesburg. Sy kom van die naburige woonbuurt Marlboro, waar sy en haar jonger suster deur hul ma grootgemaak is.
Haar studie begin met 'n gewelddadige voorval by die Alexandra-polisiestasie in 2024: 'n man wat hulp soek, gryp na bewering ná 'n lang wag 'n vuurwapen en begin skiet. Twee polisielede word gewond voor hy self doodgeskiet word. Talle inwoners het simpatie met hom uitgespreek, aangesien hulle hom eerder as 'n slagoffer van institusionele mislukking as 'n oortreder beskou het.
“Johnny Steinberg skryf dat polisi?ring slegs effektief kan wees as daar openbare instemming is," sê Mafalo. “Ek wil weet of sodanige instemming werklik in Alex bestaan – en indien nie, hoekom nie?"
Deur gebruik te maak van traumateorie en Frantz Fanon se teorie van revolusionêre geweld, stel sy ondersoek in na hoe houdings teenoor wetstoepassing gevorm word deur herinneringe aan apartheid-era polisi?ring en hedendaagse ervarings van polisie-geweld.
Haar metodes kombineer diepgaande onderhoude, mondelinge geskiedenis, deelnemende waarneming en kritiese diskoersanalise. Die doel, sê sy, is nie net om wantroue te beskryf nie, maar om te bepaal wat dit sou verg om dit in vertroue te omskep.
Misdaadnarratiewe in Stellenbosch
Hodge kom ook van Johannesburg af, waar sy in Parkview saam met haar ouers en drie susters grootgeword het.
Haar studie kyk na Stellenbosch, wat – met sy eikelanings en wynlandgoedere – dikwels as 'n “veilige" ruimte uitgebeeld word. Maar periodieke golwe van misdaad teen studente – insluitend 'n mesmoord en berigte van ontvoerings verlede jaar – skend daardie persepsie.
Hodge is getref deur die mediadekking van ho?profielvoorvalle in 2024, insluitend daaropvolgende rassistiese en xenofobiese uitsprake op sosiale media. Sommige mense het die voorvalle as bewys van agteruitgang onder 'n swart regering beskou; ander het immigrante uit ander Afrikalande blameer. Talle het skok uitgespreek dat sulke geweld “hier" kon gebeur.
“Dit is deel van wat ek probeer uitpak," sê Hodge. “Waarom skok geweldsmisdaad in Stellenbosch meer as elders? Wat sê dit oor die dorp se geskiedenis en sy huidige rasse- en ruimtelike dinamika?"
Vir haar tesis gaan sy onderhoude, deelnemende waarneming van veiligheidsvergaderings en diskursiewe analise van dokumente en aanlyn kommentaar gebruik. Sy gaan kyk hoe huidige narratiewe historiese konstruksies van kriminaliteit reproduseer of daarvan afwyk – veral dié wat gevorm is deur apartheid se nalatenskap.
Hodge se belangstelling is verskerp deur haar vroe?re deelname aan Ubuntu-leer, 'n ko?rtkursus deur die US se Fakulteit Regsgeleerdheid wat studente in aanraking bring met gevangenes by die Brandvlei Korrektiewe Sentrum naby Worcester.
“Dit was 'n transformerende ervaring. Dit dwing jou om te heroorweeg wat jy gedink het jy weet oor misdaad, straf en menslikheid," sê sy.
Gemeenskaplikhede
Mafalo se Alexandra en Hodge se Stellenbosch kan nouliks meer verskillend wees ten opsigte van demografie en geskiedenis. Tog is beide studies geanker in die begrip dat misdaad en polisi?ring nooit net oor individuele dade gaan nie, maar ingebed is in narratiewe wat gevorm word deur die geskiedenis, ongelykheid en identiteit.
Vir Mafalo kan die verhouding tussen die polisie en die gemeenskap in Alex nie losgemaak word van die nalatenskap van die gewelddadige polisi?ring van stedelike swartmense in die apartheidsjare nie; maar ook nie van die huidige onreg van gebrekkige dienslewering in townships nie.
Vir Hodge ontbloot die “skok" van misdaad in Stellenbosch voortdurende aannames oor wie waar hoort, wie se lewens waardevol is, en watter ruimtes as beskermingswaardig beskou word.
Voor- en nadele van Stellenbosch
Albei sê hulle het nog nooit heeltemal tuis gevoel in Stellenbosch nie. Mafalo beskryf die dorp as 'n “borrel", terwyl Hodge dit as “konserwatief" beskou.
Vir ontvlugting kyk Mafalo gruwelfilms – hoe vreesaanjaender, hoe beter – verkieslik alleen, in die donker. Hodge, daarenteen, speel graag rekenaarspeletjies, en voel tuis in die virtuele wêrelde van The Sims en Stardew Valley.
Tog beklemtoon albei die waarde van hul tyd by die US. In hul tuisdepartement en by AVReQ het hulle ruimtes gevind waar hulle kan groei, met mentors kan skakel en hul insigte kan verskerp.
Gobodo-Madikizela sien hul projekte as deel van AVReQ se kernmissie: om die akademie te koppel aan die herstelwerk wat samelewings ná geweld moet doen. “Hoe om oor die huidige tydvak te dink, hoe om ongeregtighede reg te stel en 'n getransformeerde toekoms te herverbeel, is 'n uitdaging wat dalk 'n funksie van ons moed is om hierdie taak aan te pak," het sy verlede jaar gesê nadat sy die Templeton-prys ontvang het.
Lief vir navorsing
Beide nagraadse studente praat met passie oor navorsing.
“Om te lees en dinge uit te vind, is baie stimulerend," sê Mafalo. “My ma vra: 'Wanneer gaan jy ophou studeer?' maar ek sê vir haar: 'Nie binnekort nie. Ek hou daarvan om te verstaan wat rondom my gebeur.'"
Hodge sê sy sal dalk vir 'n ruk oorsee wil gaan om verder te studeer, maar sy wil terugkeer na Suid-Afrika om, in haar woorde, “saam met ons land te ontwikkel" (haar klem). “Ek wil hê my werk moet nie net teoreties betekenisvol wees nie," sê sy.
Waarom hul sienings saak maak
Terwyl polisi?ring in Suid-Afrika onder die loep geneem word, is dit aanloklik om te dink verandering moet van bo af kom. Mafalo en Hodge se navorsing herinner mens egter daaraan dat vertroue, legitimiteit en geregtigheid opgebou of afgebreek word in alledaagse gesprekke oor die hede, die verlede en die toekoms.
Hul studies sluit aan by AVReQ se missie en die temas van 'n nuwe interdissiplinêre MPhil in Gewelddadige Geskiedenisse en Herstel, waarmee die Sentrum volgende jaar begin. Dié graad, die eerste van sy soort in Suid-Afrika, “het ten doel om opkomende akademici en jong navorsers te onderrig, op te lei en te mentor deur hulle te bemagtig om nuwe velde van ondersoek na die komplekse en blywende nalatenskap van gewelddadige geskiedenisse te verken," het Gobodo-Madikizela gesê.
“Die program sluit ook ? kritiese ondersoek na psigososiale herstelprosesse in, wat nuwe verbeeldingryke idees verken oor wat dit beteken om gewelddadige verledes te herstel of te genees," het sy bygevoeg.
Die sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse studente is 31 Oktober. ?
* Desmond Thompson is 'n vryskutjoernalis.
ONDERSKRIF: Modiegi Mafalo en Ella Hodge. FOTO'S: Ignus Dreyer/SCPS