肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die beplanning van EV-vlote in die regte wêreld: Binne die nuwe uitwentelmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch
Outeur: SU LaunchLab
Gepubliseer: 27/08/2025

?

Toe die megatroniese ingenieur, Chris Abraham, begin het met navorsing oor elektriese minibustaxi's gedurende sy nagraadse studies aan die Universiteit Stellenbosch (US), was sy doel nie om ? maatskappy te stig nie. Maar wat as 'n navorsingsprojek begin het, het gou ontwikkel tot 'n kragtige besluitnemingsondersteuningshulpmiddel vir stede en vlootbestuurders wat die toekoms van elektriese voertuie (EV's) in Afrika navigeer.

Vandag is daardie hulpmiddel EV-Fleet-Sim, die tegnologie agter EV-Fleet, een van die US se nuwe uitwentelmaatskappye. Dit is die geesteskind van Chris Abraham, wat tydens sy magister- en PhD-studies, wat oorspronklik gerig was op Suid-Afrika se berugte komplekse en ondernagevorste minibustaxi-bedryf, met die projek begin het. “Ek wou nie dat my navorsing net op 'n rak sit nie. Ek wou hê dat dit tersaaklik moes wees en iets wat in werklikheid in Suid-Afrika gebruik kon word," verduidelik hy.

Aan die kern daarvan is EV-Fleet-SIM, 'n dataontledingsenjin wat spesifiek gebou is vir vlootbeplanning met elektriese voertuie. Dit verwerk re?le data oor voertuigbewegings – soos waarheen dit reis, waar dit stop, laai en luier – om organisasies te help om deurslaggewende vrae soos die volgende te beantwoord: Hoeveel EV's het ons nodig? Waar moet die laaistasies gele? wees? Hoeveel energie sal nodig wees? Hoe lank sal dit neem om te laai?

“EV-Fleet-Sim staan letterlik vir 'Electric Vehicle Fleet Simulator' (elektriesevoertuig-vlootsimulator)," sê Chris. “Ons het die hulpmiddel gebou om elektriese mobiliteit in die Afrika-kontekste, waar data min of inkonsekwent is en waar elektrifisering nog nie algemeen is nie, te optimaliseer."

Maar selfs nadat die programmatuur aanlyn as 'n oop bron gepubliseer is, was hy verbaas dat daar min belangstelling was. Dis toe hy besef het dat die probleem toeganklikheid was.

“Die hulpmiddel was funksioneel, maar dit was baie tegnies – iets wat slegs deur rekenaarslimkoppe of akademici gebruik kon word. Ek het dus begin om 'n meer gebruikersvriendelike webtoepassing te bou en dis toe dat die kommersi?le geleentheid duidelik geraak het."

Ten spyte daarvan dat Chris homself nie as 'n natuurlike entrepreneur beskou nie, het hy vinniger vastrapplek gevind as wat hy verwag het. Teen die middel van 2023, voordat die maatskappy nog amptelik gevestig was, het hy reeds sy eerste betalende kli?nt gekry: Kaapstad se 'City Sightseeing'-busdiens. Kort daarna het die hernubare energiefirma, SCATEC, aan boord gekom.

Daardie eerste vastrapplek het die aandag van die US se Tegnologie-oordragkantoor (TOO), Innovus, getrek, wat vir Chris gehelp het om die tegnologie te patenteer en die maatskappy op te rig. Daarna is daar namens hom om vóórsaaikapitaal aansoek gedoen om die hulpmiddel verder te ontwikkel.

“Dit het regtig baie verder gegaan as wat ek my voorgestel het," sê Chris. “Dit sou nie sonder die steun van Innovus en die LaunchLab gebeur het nie. Van finansiering tot mentorskap tot hulp met kontrakte en oprigting – hulle het die oorgang van navorsing na besigheid moontlik gemaak."

'n Tweeledige Lewe: Akademikus en Entrepreneur

Dit was nie vir Chris, wat nog steeds met navorsing en ontwikkeling van die EV-Fleet-SIM besig is, terwyl hy ook EV-Fleet bestuur, maklik om die eise van die akademie en entrepreneurskap te balanseer nie. “Dit verg baie administrasie om 'n maatskappy te bedryf, veral e-posse, maar ek leer. Om alles te behartig, hou ek tyd met behulp van fokusblokke van 25 minute lank en maak staat op die ondersteuning van my verloofde en die TOO-span."

Chris se raad aan ander navorsers wat entrepreneurskap oorweeg, is om dit net te doen. “Selfs al misluk dit, sal jy soveel leer en die Universiteit ondersteun jou regtig; nie net finansieel nie, maar ook in die praktyk. Ek het niks van maatskappystrukture of kontrakte geweet nie en ek sou jare daaraan bestee het om dit uit te pluis, maar hulle begelei jou deur alles."

Die Pad Vorentoe

EV-Fleet is dalk nog in sy kinderskoene, maar die trajek daarvan is duidelik. Met twee kli?nte, die rugsteun van die Universiteit en groeiende belangstelling uit die groter mobiliteitsektor, staan die maatskappy gereed om Afrikastede te help om hulle oorgang na elektriese vervoer doeltreffend, bekostigbaar en op hulle eie voorwaardes te navigeer.