肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sybil Smit gebruik haar eie akademiese reis om studente te bemagtig
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 27/08/2025

Hierdie Vrouemaand vier ons akademiese personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat denke vorm en uitnemendheid deur hulle onderrig inspireer. Hierdie merkwaardige opvoeders bring passie, vernuwing en toewyding na die lesinglokaal en help studente om te floreer en sukses te behaal. Hulle stories weerspie?l die impak van vroue in die hart van die US se akademiese gemeenskap.
 
Sybil Smit, ? geoktrooieerde rekenmeester en dosent in finansi?le rekeningkunde, bring hart, nederigheid en omvattende kundigheid na die lesinglokaal. Sedert sy in 2005 by die US aangesluit het, het sy talle eerstejaars deur middel van transformerende onderwys en mentorskap ondersteun. As ? ontvanger van ? Onderwysgenootskap van die US glo sy in mede-gereguleerde leer, waar studente en dosente die verantwoordelikheid vir groei deel. Haar werk weerspie?l haar toewyding om inklusiewe uitnemendheid te kweek en toekomstige beroepslui te lei om te floreer.

Kan jy ons ? bietjie meer oor jou agtergrond vertel?
Ek het in 2005 'per ongeluk' by die Universiteit Stellenbosch begin werk, in die sin dat ek nooit ? akademiese loopbaan in gedagte gehad het nie (ek was nie so goeie student nie). Ek was egter nog nie een dag spyt daaroor nie. Ek het besef ek kan ? bydrae maak tot jongmense se lewe en wil hulle lei om die beste weergawe van hulleself te word. Die feit dat ek self hard moes werk om die studiemateriaal te verstaan, help my om ? beter dosent te wees, want ek het begrip daarvoor dat studente dit nie altyd die eerste keer 'snap' nie.

Het enige onderwysers, mentors of rolmodelle ? blywende indruk op jou gemaak?
My rekeningkunde-onderwyser in graad 8 was wonderlik. Ons het in haar klas ? denkbeeldige onderneming begin en elke dag ons 'besigheid' – en ons begrip van rekeningkunde – laat groei. Sy het iets gebruik waarmee ons kon identifiseer om moeilike konsepte te verduidelik en ek onthou (en verstaan) dit tot vandag toe.

Is daar ? spesifieke aspek van jou kursus of vakgebied wat jy veral graag onderrig?
Ek onderrig hoofsaaklik eerstejaarstudente. Ek geniet die meeste van die inhoud en al lyk van die konsepte eenvoudig, moet ek myself voor elke klas daaraan herinner dat dit nie maklik of voor die hand liggend was toe ek ? eerstejaar was nie, en my destyds ook nie noodwendig ge?nteresseer het nie. Ons moet altyd onthou dat studente iets waarskynlik vir die eerste keer hoor, al het ons dit reeds ? duisend keer onderrig. Ek probeer dit toepaslik maak deur vir hulle te wys hoe dit in die praktyk sal lyk en waar hulle die kennis sal moet toepas.

Wat beteken dit vir jou om vandag ? vrou in die akademie te wees?
Toe ek 27 jaar gelede met my klerkskap begin het, was ek verbaas dat die senior mans by sommige van ons kli?nte nie gedink het vroue kan enigiets van besigheid verstaan nie. Ek is bly om te kan sê waar ek nou is, word alle mense as gelykes gesien en behandel. Ek weet dit was nie maklik vir vroue om vir hulle waarde erken te word nie, en dis vir my ? voorreg om deel te wees van ? generasie waar vroue ernstig opgeneem word en gelyke geleenthede kry. Dit is wonderlik om ? loopbaan te kan balanseer met ma- en vrouwees sonder die behoefte om enige van my rolle op te offer.

Hoe inkorporeer jy tegnologie in jou onderrig, en watter rol dink jy sal kunsmatige intelligensie (KI) in die toekoms van ho?r onderwys speel?
Alles wat ons in die klas doen en gebruik, moet deeglik getoets en beplan word, en dan moet daar besin word of dit gewerk het soos dit veronderstel was. Tegnologie is ? wonderlike hulpmiddel om ons te help. KI is iets wat ons moet omarm; ons kan dit nie ignoreer nie en ons moet studente leer hoe om dit eties te gebruik.

Wat is die grootste beloning vir ? dosent aan die US?
Om te sien hoe studente ontwikkel. Ek leer hulle van hulle eerste jaar af ken en kan die ongelooflike verandering sien plaasvind. Ek het steeds kontak met baie van my studente (? paar is nou my kollegas) en dit is ? voorreg om ? getuie van hulle sukses te wees. Dit geld veral vir my Thuthuka-beursstudente, wat almal uit benadeelde agtergronde kom en as gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeesters nie net ? verskil vir hulle nabye familielede maak nie, maar ook tot die ekonomie en hulle gemeenskappe bydra. Hulle is positiewe rolmodelle vir kinders wat moet sien dat harde werk hoop en verandering kan bring.
Dit is baie lonend wanneer ? student jou kantoor in trane en sonder hoop binnekom en met ? glimlag en ? plan uitstap. Nog ? beloning is om te sien hoe 'die ligte aangaan' – wanneer jy iets verduidelik en die fronse in glimlagte verander!

Watter raad het jy vir jonger vroue wat vandag die onderwysberoep betree?
My raad is om 'n mentor te vind. Jy het mense nodig met wie jy ? verhouding het en wat jy kan vertrou wanneer jy leiding kort. Moenie probeer om alles op jou eie te doen nie. Ons het almal ? goeie ondersteuningstruktuur nodig, veral as jy ? gesin het om voor te sorg. Om deel te wees van ? span en gedeelde doelwitte na te streef laat jou voel dat jy behoort en waardevol is, asook dat jy iets het om na te streef sonder om wie jy is in te boet.
 
FOTO: Stefan Els