?In ? belangrike stap vir Suid-Afrika se hernubare energie-doelwitte, is Prof Craig McGregor, professor in die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US), aangestel as die eerste ACWA-leerstoel in Gekonsentreerde Sonkrag (Concentrated Solar Power (CSP))aan die US. Prof McGregor is ook die leier van die Sontermiese Energie Navorsingsgroep (Solar Thermal Energy Research Group (STERG)).?
Dié gesogte Leerstoel, wat jaarliks R2,5 miljoen oor vyf jaar ontvang, is tot stand gebring in vennootskap met ACWA Power (? toonaangewende Saoedi-Arabiese ontwikkelaar, belegger en operateur van kragopwekkings- en ontsoutingsaanlegte) met noemenswaardige CSP bedrywighede in Suid-Afrika, insluitend die werkende Bokpoort-aanleg en die Redstone-aanleg wat onlangs in gebruik geneem is.
Die amptelike bekendstelling van die ACWA-leerstoel het op Donderdag 21 Augustus 2025 by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS) plaasgevind. Die program wat 'n verwelkomingstoespraak deur prof Sam Tshehla, waarnemende adjunk-visekanselier: strategie, globale en korporatiewe sake en verteenwoordiger van die US-rektor en -visekanselier by die geleentheid, ingesluit het, ? oorsig van die leerstoel deur Prof Wikus van Niekerk, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, en ? aanvaardingsrede deur Prof McGregor ingesluit. Nandu Bhula, ACWA Power se Algemene Bestuurder: Suid-Afrika, het namens ACWA Power bygewoon.
Sy aanstelling erken Prof McGregor se leierskap in navorsing oor son-termiese energie en sy indrukwekkende rekord om akademiese uitnemendheid met industrie-relevante innovasie te oorbrug. Oor sy aanstelling sê Prof McGregor dat hy daarna uitsien om saam met die ACWA-span te werk en voort te bou op die praktiese ervaring van Suid-Afrika se Bokpoort- en Redstone-CSP-aanlegte, te ten einde navorsing oor betroubare, 24/7 hernubare sonenergie verder te bevorder.
Hierdie aanstelling is ? belangrike mylpaal in die versterking van Suid-Afrika se kapasiteit in hernubare energie, veral op die gebied van Gekonsentreerde Sonkrag (CSP) – ? tegnologie wat van kardinale belang is vir die land se energiebehoeftes vanwe? die vermo? om termiese energie te stoor en elektrisiteit te voorsien selfs ná sononder.
Prof McGregor is reeds sedert 2019 aan die hoof van STERG en bou voort op die Universiteit se gevestigde nalatenskap van uitnemendheid in son-navorsing en industrie-vennootskappe. Sy werk het gehelp om die US internasionaal te posisioneer as ? rolspeler in son-termiese innovasie, met vennootskappe wat instansies soos die DLR (Duitsland), Fraunhofer ISE, Sandia National Laboratories (VSA), CNRS (Frankryk) en ander insluit. Onder sy leiding het STERG verskeie belangrike prestasies behaal:?
- Meer as 70 nagraadse studente in son-termiese ingenieurswese gegradueer;
- Meer as 80 eweknie-ge?valueerde joernaalartikels en konferensiepublikasies gepubliseer;
- Helio100, ? innoverende heliostaat-tegnologie, ontwikkel en gelisensieer nadat suksesvolle veldtoetse voltooi is; later gelisensieer aan die Britse maatskappy Odqa;
- Aan verskeie internasionale navorsingsamewerkings deelgeneem.
In sy kommentaar oor die aanstelling het Prof Wikus van Niekerk, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, gesê dat Prof McGregor ? sleutelrol gespeel het in die belyning van die Universiteit se navorsing met die behoeftes van Suid-Afrika se energiesektor. Hy het genoem dat hulle deur die Leerstoel hoop om hul bydrae tot die sukses van plaaslike CSP-projekte, insluitend ACWA se Bokpoort- en Redstone-aanlegte, te handhaaf en ook verder uit te brei, asook om in die toekoms van die Noord-Kaap te belê. Volgens hom is dit daarom noodsaaklik dat die Universiteit die huidige momentum behou en die kundigheid wat reeds bevestig is, te bewaar.
Die ACWA-leerstoel sal jaarliks befondsing ontvang om navorsing met ? ho? impak, nagraadse studente-ondersteuning en kapasiteitsbou in die streek te bevorder. Spesifieke fokusareas sluit in modellering en optimalisering van CSP-aanlegte, ho?temperatuur-termiese berging, dro?lugverkoeling en medium-skaalse stelsels vir industri?le gebruik.
Om ? sterk impak in die streek te verseker, sal nagraadse beurse voorkeur gee aan studente uit die Noord-Kaap, ? volle voorgraadse beurs sal jaarliks aan ? student uit die provinsie toegeken word, en die leerstoel sal advies en ondersteuning aan die Noord-Kaapse Regering bied rakende die energiebeleid en ekonomiese ontwikkeling.
Prof van Niekerk het die bre?r voordele vir die streek beklemtoon deur te sê dat die ontwikkeling van ? vaardige werksmag en die bevordering van innovasie die ACWA-leerstoel in staat sal stel om ? sleutelrol te speel in die Noord-Kaap-provinsie se ekonomiese groei, werkskepping en tegnologiese leierskap.
Hy sê verder dat CSP uiters geskik bly vir Suid-Afrika se sonenergieprofiel en energie-uitdagings, en dat die Leerstoel verseker dat die regte navorsing, mense en vennootskappe in plek is om die volle potensiaal van die tegnologie te verwesenlik en die land se oorgang na ? meer volhoubare energietoekoms te ondersteun.
MEDIA NAVRAE:
Prof Craig McGregor
Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese
Universiteit Stellenbosch
Kontaknommer: 076 276 9641
Foto: Prof Wikus van Niekerk, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese; Prof Sam Tshehla, waarnemende adjunk-Visekanselier: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake en verteenwoordiger van die US Rektor en Visekanselier by die geleentheid; Prof Craig McGregor, Mnr Nandu Bhula, ACWA Power se Landelike Hoofbestuurder; en Prof Sibusiso Moyo, Adjunk-Visekanselier: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies.