Hierdie Vrouemaand vier ons akademiese personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat denke vorm en uitnemendheid deur hulle onderrig inspireer. Hierdie merkwaardige opvoeders bring passie, vernuwing en toewyding na die lesinglokaal en help studente om te floreer en sukses te behaal. Hulle stories weerspie?l die impak van vroue in die hart van die US se akademiese gemeenskap.
Prof Bronwynè Coetzee, ? medeprofessor in die Departement Sielkunde, beklee ? gesogte genootskap van die Onderrigbevordering aan Universiteite-program en het ? Y1-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Sy het ? agtergrond in gesondheidsielkunde en haar onderrig en navorsing fokus op die geestesgesondheid van die jeug, kritiese pedagogie en inklusiewe onderwys. Coetzee is passievol oor die groei en etiese betrokkenheid van studente en kombineer intellektuele nougesetheid met sorg deur tegnologie en dialoog te gebruik om transformerende leeromgewings te skep wat die volgende generasie sielkundiges en opvoeders bemagtig.
Kan jy ons ? bietjie meer oor jou agtergrond vertel?
My akademiese reis het by die US begin, waar ek voorgraads menslike lewenswetenskappe bestudeer en later my PhD in sielkunde voltooi het. Die kruispunt van gesondheid en menslike gedrag het my reeds vroeg gefassineer, veral hoe psigososiale faktore behandelingsnakoming en geestesgesondheid in kwesbare populasies be?nvloed. Onderwys het natuurlikerwys uit my navorsingsbelangstellings voortgevloei, maar my ware passie daarvoor het tydens my vroe? rolle as ? tutor en junior dosent in sielkunde vlamgevat. Ek het toe besef dat onderwys transformerend kan wees en nie net oor die lewering van inhoud gaan nie, maar ook om ruimte vir kritiese denke, debat en konneksie te skep. Daardie gevoel van gedeelde leer vuur my passie vandag nog aan.
Het enige onderwysers, mentors of rolmodelle ? blywende indruk op jou gemaak?
Ek het oor die jare verskeie mentors en rolmodelle gehad. My gidse gedurende my studentejare was dosente wat kritiese denke aangemoedig en hulle onderrig op die Suid-Afrikaanse konteks gegrond het, wat my gehelp het om die toepaslikheid en verantwoordelikheid van sielkunde in ons samelewing in te sien. Later, toe ek my eie voete in die akademie begin vind het, is ek veral deur kollegas be?nvloed wat ? verhoudings- en studentgesentreerde benadering tot hulle onderrig uitgeleef het. Hulle was ook bedagsame mentors wat nadenke, samewerking en sorg in die akademie aangemoedig het. Hulle voorbeeld het my oortuiging gevorm dat goeie onderwys nie bloot oor kundigheid of prestasie gaan nie, maar oor die bou van vertroue, die skep van ruimte vir verskille, en om die menslike dimensies van onderwys te koester.
Is daar ? spesifieke aspek van jou kursus of vakgebied wat jy veral graag onderrig?
Ek onderrig op voor- én nagraadse vlak en beskou elk van hierdie onderwysruimtes as geleenthede om die groei, weetgierigheid en selfvertroue van studente te ondersteun. Onderrig op hierdie vlakke het my uitgedaag om deeglik oor toeganklikheid en betrokkenheid na te dink om te verseker dat elke student, ongeag hulle agtergrond, voel dat hulle ondersteun word en behoort. In ? konteks soos ons s'n, waar ho?r onderwys dikwels as vervreemdend of uitsluitend ervaar is, is dit noodsaaklik dat onderrig ? gevoel van behoort en ? gedeelde doelwit bevorder. Ek waardeer alle aspekte van my onderwysportefeulje, maar het ? besondere passie vir nagraadse onderrig. In my seminare word studente aangemoedig om diep met komplekse en dikwels emosioneel gelaaide onderwerpe om te gaan. Baie studente put uit hul eie ervarings en insigte, wat die leeromgewing verryk en teorie in geleefde werklikheid veranker. Ek is mal daaroor om toe te kyk hoe hulle die skuif van passiewe leerders tot aktiewe gesprekvormers maak en visualiseer hoe hulle dít wat hulle leer in die praktyk en in hulle eie lewe kan gebruik.
Wat beteken dit vir jou om vandag ? vrou in die akademie te wees?
Dit is lonend, maar ook uitdagend. Die akademie is ? ruimte wat baie geleenthede bied, maar dit gaan ook met wesentlike druk gepaard. Vir baie van ons gaan dit hand aan hand met ander verantwoordelikhede, of dit nou is om kinders groot te maak, vir familie te sorg of bloot te probeer om ? gebalanseerde en vol lewe te lei. Ek het met verloop van tyd geleer om meer doelbewus te wees oor hoe ek werk en wat ek prioritiseer. Ek het besef dat dit moontlik is om met empatie en vriendelikheid te lei en te onderrig, en dat konsekwentheid en sorg dikwels net soveel soos kwalifikasies saak maak. Ek het ook die waarde daarvan begin insien om eerlik met studente en kollegas te wees oor die uitdagings wat met die akademiese lewe gepaardgaan – nie om hulle te ontmoedig nie, maar om ruimte te skep vir re?le gesprekke oor hoe ons mekaar ondersteun en groei.
Hoe inkorporeer jy tegnologie in jou onderrig en watter rol dink jy sal kunsmatige intelligensie (KI) in die toekoms van ho?r onderwys speel?
Tegnologie speel ? integrale rol in my onderwyspraktyk, veral in die bevordering van toeganklikheid en betrokkenheid van groot en diverse studentegroepe. Ek probeer daarmee eksperimenteer en kyk wat die beste vir my én die studente werk. KI is reeds ingebed in die manier waarop ons werk, en ek glo dit sal al hoe meer ? kernrol in die toekoms van ho?r onderwys speel. Ek gebruik KI-instrumente in my eie akademiese werk en moedig my studente aan om dieselfde te doen. Maar die teenwoordigheid van KI in onderrig en leer maak dit belangriker as ooit om die ontwikkeling van kritiese denke, akademiese geletterdheid en etiese redevoering te prioritiseer. As opvoeders is ons rol nie om hierdie tegnologiese verskuiwings te weerstaan nie, maar om studente te help om dit te navigeer op maniere wat leer versterk, akademiese integriteit handhaaf en hulle vir ? toenemend digitale akademiese en professionele wêreld voorberei.
FOTO: Stefan Els