肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sjanghai-ranglys plaas US onder wêreld se voorste universiteite
Outeur: Corporate Communication and Marketing
Gepubliseer: 21/08/2025

Wat wêreldwye universiteitsranglyste betref, blyk 2025 'n goeie jaar vir die Universiteit Stellenbosch (US) te wees. Die US was vroe?r vanjaar onder die beste universiteite wêreldwyd op die Times Higher Education-wêreldranglys vir universiteite volgens vak, die QS (Quacquarelli Symonds)-wêreldranglys vir universiteite volgens vak en die QS se wêreldranglys vir universiteite.

In sy jongste prestasie tel die instelling onder die wêreld se top 500 universiteite volgens die Shanghai Ranking Consultancy se Akademiese wêreldranglys vir universiteite (ARWU) — ook bekend as die Sjanghai-ranglys — wat onlangs vrygestel is. Dit het die afgelope 11 jaar daarin geslaag om dit te doen, wat US se bestendigheid beklemtoon.

Volgens die 2025-weergawe is die US ook derde in Suid-Afrika — dieselfde as verlede jaar.

Die ARWU, wat as die voorloper in wêreldwye universiteitsranglyste en die betroubaarste een erken word, gebruik die volgende ses objektiewe aanwysers om jaarliks meer as 2 500 universiteite te rangskik, waarvan die beste 1 000 gepubliseer word:

  • Die aantal alumni wat Nobelpryse en Fieldsmedaljes verower het

  • Die aantal hoogs aangehaalde navorsers in 21 bre? vakkategorie?

  • Die aantal referate wat in Nature and Science verskyn het

  • Die aantal referate wat in die Science Citation Index Expanded en Social Sciences Citation Index ge?ndekseer is

  • Die akademiese prestasie per capita van 'n instelling

Prof Sibusisu Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, het in reaksie op die US se deurlopende goeie vertoning gesê die Universiteit is tevrede met sy bestendige vertoning onder die beste ho?ronderwysinstellings ter wêreld.

“Die bydrae van al ons personeel, studente, alumni, medewerkers en belanghebbendes speel 'n groot rol om te verseker dat ons steeds impakvol bly in ons kernfokusareas.

“Alhoewel die Universiteit erken dat ranglyste ingewikkeld is en deur verskeie faktore en kontekste be?nvloed word, herbevestig hulle die gehalte van ons akademiese programme. Die ranglyste is een van die aanduidings vir voornemende studente en navorsers om 'n idee te kry van wat ons doen en ons sterkpunte as een van die toonaangewende navorsingsintensiewe universiteite in Afrika uit te lig. Ons lok en behou steeds uitstekende talent in terme van ons mense op alle vlakke wat steeds tot ranglysaanwysers en -uitkomste bydra."

Die US het die afgelope paar jaar gereeld onder die beste tersiêre instellings wêreldwyd op vakranglyste en wêreldranglyste vir universiteite verskyn.

  • Foto: Stefan Els