肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US stel Afrika se mees gevorderde Mediese Morfologie-leersentrum bekend
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 20/08/2025

Die Universiteit Stellenbosch (US) het vandag die Mediese Morfologie-leersentrum (MMLS), die grootste en tegnologies mees gevorderde fasiliteit van sy soort op die vasteland van Afrika, amptelik geopen. Met hierdie hipermoderne sentrum word gesondheidswetenskappe-onderwys herverbeel en word die grense van tradisionele onderrigmetodes oorgesteek om ? meeslepende, interaktiewe leeromgewing te skep.

Die MMLS, gele? in die Biomediese Navorsingsinstituut van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) op die US se Tygerberg-kampus in Kaapstad, kombineer voorpunt-tegnologie met tradisionele anatomiese hulpbronne en bied studente deur middel van verskeie leermodaliteite toegang tot die menslike anatomie.

“Met die MMLS het ons gesondheidswetenskappe-onderwys herverbeel en leer van ? passiewe oefening in ? interaktiewe, meeslepende reis omskep," sê prof Karin Baatjes, Vise-dekaan: Leer en Onderrig van die FGGW. “Hierdie voorpunt-opleidingsfasiliteit gebruik die nuutste tegnologie om te transformeer hoe studente met die kompleksiteit van die menslike liggaam skakel."

Die sentrum is toegerus met virtuele en verrykte realiteitstelsels, interaktiewe raaktafels wat 3D- anatomiese verkenning moontlik maak, asook gevorderde 3D-drukfasiliteite om tasbare modelle te skep wat in chirurgiese beplanning en gesondheidswetenskappe-onderwys gebruik word. Die virtuele realiteitskopstuk stel studente in staat om virtuele disseksies uit te voer, anatomiese strukture intyds te manipuleer en interne stelsels vanuit verskeie perspektiewe te ondersoek.

Prof Simone Titus-Dawson, Hoof van Digitale Onderwys en Innovasie in die US se Departement Gesondheidsberoepe-onderwys, onderstreep die pedagogiese transformasie: “Deur die integrasie van die nuutste tegnologie het ons leer aktief en intu?tief gemaak. Studente kan anatomie in multidimensionele ruimtes verken, wat kliniese relevansie versterk en leerbehoud verbeter."

Benewens hierdie tegnologiese vermo?ns beskik die MMLS oor uitgebreide tradisionele hulpbronne en huisves dit meer as 1 300 eties verkrygde menslike monsters wat normale en patologiese morfologie dek, asook mikroskope van ? ho? gehalte en geordende histologie-skyfieversamelings vir gedetailleerde weefselondersoek.

Prof Gerhard Walzl, Hoof van die Afdeling Immunologie, vestig die aandag op die sentrum se bre?r impak: “Die MMLS dien as ? samewerkingshub waar gesondheidswetenskaplikes, navorsers, klinici en opvoeders byeenkom, wat interdissiplinêre samewerking stimuleer en mediese navorsing en kliniese praktyk bevorder."

Die fasiliteit pak met sy omvattende benadering ontwikkelende opvoedkundige behoeftes in ? toenemend digitale gesondheidsorglandskap aan. Baatjes merk op: “Hierdie sentrum posisioneer ons om gesondheidswerkers op te lei wat toekomsgereed is en wat doeltreffend met tradisionele mediese kennis én ontwikkelende tegnologie? kan omgaan. Dit sal verseker dat hulle vir die gesondheidsorguitdagings en -geleenthede van m?re toegerus is."