Die Universiteit Stellenbosch (US) bied ? nuwe interdissiplinêre meestersgraadprogram aan wat ten doel het om studente toe te rus met dekoloniale vaardighede wat van kardinale belang is om die transgenerasionele impak van gewelddadige geskiedenisse te bestudeer en aan te pak.
Die program, die eerste van sy soort in Suid-Afrika, word van stapel gestuur in ? era van volgehoue geweld teen gemeenskappe, asook die regverdiging en normalisering van dié geweld. Studente sal toegerus en ge?nspireer word om die transgenerasionele impak van gewelddadige geskiedenisse te ondersoek, asook wat dit beteken om die verlede te herstel of te “genees".
Die MPhil in Gewelddadige Geskiedenisse en Herstelling sal van 2026 af deur die US se Sentrum vir die Bestudering van die Navolge van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ) aangebied word.
“Die program het ten doel om opkomende akademici en jong navorsers te onderrig, op te lei en te mentor deur hulle te bemagtig om nuwe velde van ondersoek na die komplekse en blywende nalatenskap van gewelddadige geskiedenisse te verken," verduidelik prof Pumla Gobodo-Madikizela, bekle?r van die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingsleerstoel in Gewelddadige Geskiedenisse en Transgenerasionele Trauma en Direkteur van AVReQ. “Die program sluit ook ? kritiese ondersoek na psigososiale herstelprosesse in om nuwe verbeeldingryke idees te verken oor wat dit beteken om gewelddadige verledes te herstel of te genees."
Sy voeg by dat die program op die omvang van navorsing oor die hedendaagse en voortgesette transgenerasionele erfenis van gewelddadige geskiedenisse fokus, soos volksmoord, slawerny, geweld in die koloniale era en apartheid. Herstellende praktyke en benaderings wat in uitgesoekte post-koloniale en post-konflikkontekste aanvaar is, sal ook ondersoek word.
Die program word ingestel na aanleiding van die toenemende fokus in ho?r onderwys op geheuestudies, vredesboupraktyke en dekoloniale studies oor die blywende impak van gewelddadige geskiedenisse. Dit bestaan uit vyf verpligte modules: Nadraai van Gewelddadige Geskiedenisse; Navorsingsmetodologie en Etiek vir Gewelddadige Geskiedenisse; Kontekstuele Perspektiewe op Trauma-getuienisse; Historiese Trauma en Herstel; asook ? navorsingstesis.
Daar sal van studente verwag word om lesings en seminare persoonlik by te woon. Studieleiers en studente kan saam oor die studieleidingstruktuur vir die voltooiing van die tesis in die tweede jaar van die program besluit.